May 16, 2023

Sege na sege vir die Bossies / Victory after victory for the Bossies

Laerskool Bosveld Primary het op die 16de Mei gasheer gespeel vir die rugby -en netbalspane van Laerskool Ellisras.

Op `n dag wanneer strawwe kompetisie die norm is het die Bossies die fort gehou en geen nederlae op die rugbyveld afgestaan nie. Veral die eerste-span het karakter gewys na `n naelbyter wedstryd wat op 0 – 0 gelykop geëindeig het.

Die tellings vir die rugby was as volg:

O/9 wen 10 – 0

O/10 wen 19 – 17

O/11 wen  20 – 7

3des wen 44 – 5

2des wen 24 – 15

1stes gelykop 0 – 0  

Ook die Bossiemeisies het tande gewys en net een enkele wedstryd afgestaan aan hul opponente. `n Nederlaag wat op `n gepaste wyse gewreek is met hoë tellings elders.

Die Bossies sien reeds uit na volgende jaar se wedstryde wat vir die Rassies op tuisbodem sal plaasvind.

Laerskool Bosveld Primary played host to the rugby and netball teams from Laerskool Bosveld Primary on the 16th of May.

On a day when stiff competition is the norm, the Bossies held the fort and conceded no defeats on the rugby field. The first team in particular showed character after a nail-biting match that ended in a 0-0 draw.

The scores for the rugby were as follows:

U/9 win 10 – 0

U/10 win 19 – 17

U/11 win 20 – 7

3rds win 44 – 5

2nd win 24 – 15

1st draw 0 – 0

The Bossie girls also showed their teeth and conceded only one single game to their opponents. A defeat that was suitably avenged with high scores elsewhere.

The Bossies are already looking forward to next year's matches which will take place on Rassie home soil.

Sege na sege vir die Bossies / Victory after victory for the Bossies
No items found.
ander nuus