Tema en gebed van die jaar

gebed 2026

Here, Dankie dat U my presies geplaas het waar ek bestem is om te wees. Help my om met geduld te dien, met wysheid te leer en met 'n volle hart lief te hê. Gee my krag op moeilike dae, vreugde in klein oorwinnings en genade vir elke leerder wat U my pad stuur. Mag ek groei waar U my geplant het, en mag my lewe U lig weerspieël by Laerskool Bosveld Primary. Amen

tema 2026

God plaas elke onderwyser presies waar Hy hulle nodig het. God plant elkeen van ons met ‘n doel, met sorg en met wysheid. Jou klas, jou skool en jou leerders is deel van die tuin waarin God jou geplant het. Soms voel die grond hard, soms droog, soms oorvol …maar dis juis in hierdie plek waar jy God se lig en liefde kan reflekteer. Jy is nie gemaak om net te oorleef nie maar om te blom wat beteken: Om geduldig te wees wanneer kinders sukkel en om lig te bring waar chaos is. Om aan te moedig waar daar moed opgegee is en om hoop te saai waar geoes moet word. Om liefde uit te deel, selfs al voel jou eie beker leeg. God het jou hier geplant omdat jou woorde sade word. Jou optrede word water en jou hart word sonskyn vir kinders wat dit bitter nodig het. Mag 2026 'n jaar wees waarin jy nuut ontdek dat God jou gekies het vir hierdie beroep. En wanneer jy moeg raak ONTHOU God is die Tuinier. Hy snoei, Hy voed, Hy versterk en Hy laat blom op die regte tyd.