Klerebank

baie dankie :)

Laerskool Bosveld het 'n klerebank waar ouers ou skoolklere kan skenk. Die klerebank is daar vir ouers wat nie skoolklere kan bekostig nie. Skoolklere wat te klein is kan ook omgeruil word vir groter klere. Ouers kan die klerebank op die gegewe tyd besoek, indien 'n kledingstuk benodig word.

Die skool vra nie 'n spesifieke tarief nie, maar 'n donasie kan gemaak word. Indien u moontlik verhuis, of u kind Hoërskool toe gaan, skenk asseblief die skoolklere aan die klerebank, sodat dit weer vir ander Bossies tot nut kan wees.

Kontak Besonderhede:
Joan Holton 082 275-0492
Ure:
Dinsdae & Donderdae 09:00 - 11:00