wie ons is

geskiedenis

Die skool is gebou deur mnr. J. Odendaal en die argitek was mnr. A. de Villiers. Laerskool Bosveld is 35 jaar gelede in 1986 gestig met slegs `n paar klasse in die Grondslagfase. Die opening van die skool het plaasgevind op 15 April 1986 met 22 personeellede, 2 administratiewe dames nl. mee. Daisy Esterhuizen en Rina Olivier en 564 leerders. Die eerste Beheerliggaam is verkies op 24 April 1986, 24 persone was genomineer en die volgende persone is verkies: ds. J.G.C. Scheepers, ds. J.P. Robb, mnre. D. du Plessis, J.P. Richter, D.J. de Bruin, M.W. von Wielligh, M.S. Mulder en me. H.J. Esterhuizen.

Op 30 April word besluit dat die naam van die skool voortaan Laerskool Bosveld sal wees en op 8 Julie 1986 word die skooldrag vasgestel. Met die bou van die Matimba-kragstasie en die uitbreiding van die Grootgelukmyn, het die klasse al meer geword. Op 7 Januarie 1987 styg die leerdertal tot 1029. Teen Januarie 1987 het die Engelse Departement oorgeskuif vanaf Laerskool Ellisras. Die Grondslagfase het 6 klasse vir elke graadgroep gehad. Al was dit harde werk om `n nuwe skool op die been te bring, is daar met die hulp van toegewyde personeel en betrokke ouers gou sukses behaal.

Die eerste Massasport-byeenkoms vind plaas op 23 Januarie 1987. Op 25 Januarie 1987 word die skoolwapen in gebruik geneem. Die amptelike opening word op 6 Maart 1987 deur P.H. Bredenkamp, Direkteur van Onderwys, waargeneem. Werk aan die tennisbane begin op 25 Junie 1987.Die skoollied word geskryf deur me. Gizella de Villiers in Desember 1987. Op 21 Maart 1988 word die skoollied vir die eerste keer gesing. Op 25 Augustus 1989 neem die koor en slagorkes vir die eerste keer deel aan die jaarlikse kunstefees. Die Revue-groep word uitgenooi na die Stadskouburg op 28 Mei 1990. Die eerste swemgala vind plaas op 27 Augustus 1990.

Op 10 Mei 1991 vier die skool sy vyfde verjaarsdag met `n Kermis by Mogolklub. Die skool begin amptelik as `n Model-C skool op 3 Augustus 1992. Skoolgelde beloop R33,33 per kind per maand. Die 0/11 en 2de span wen die krieket liga op 22 Augustus 1993. Ellaine Rogers, `n Bossie-leerder wen die slagspreukkompetisie van die dorp op 6 Mei 1994 nl. "Ellisras - Hartklop van die Bosveld", wat gebruik word as deel van die dorp se bemarking.

Die skool se hoofde was as volg:
Mnr. T.L. Marais: 1986-1992
Mnr. J.S.F. Botha: 1993-1999
Mnr. C.A. Campbell: 2005-2009
Mnr. J.L. Pretorius: 2009 - huidiglik

missie

Om opgeleide en gekwalifiseerde onderwysers aan te stel wat leerders sal aanmoedig, sodat hulle kan ontwikkel in selfdenkende en afgeronde individue.

Om vir leerders ‘n platform te skep wat hoë gehalte akademie bied en wat leerders toegang gee tot buitemuurse-aktiwiteite waarbinne elke leerder kan groei tot sy/haar volle potensiaal.

Om ‘n toegewyde beheerliggaam en bestuurspan aan te stel wat daarna sal streef om besluite te neem tot voordeel van die skool en die skool se leerders, ouers en onderwysers.

Visie

Om elke leerder tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

waardes

Om die diversiteit in ons skool te aanvaar, want Bossies gee om.

Om die skoolreëls na te kom en uit te leef, want Bossies toon respek teenooronderwysers, mede-Bossies, ouers en besoekers.

Om ons deel te doen in die klaskamer, asook by ander aktiwiteite wat aangebiedword, want Bossies is verantwoordelik.

Om voorbeeldig te lewe en mekaar te konsidereer, want Bossies is eerlik.

Om met ons talente te woeker, want Bossies kan volhard.