February 16, 2022

Skeidsregters Werkswinkel

Met groot opgewondenheid het Laerskool Bosveld Primary se netbaldames na 2 tjoepstil netbaljare weer `n skeidsregters werkswinkel bygewoon op Woensdag, 16 Februarie 2022 te Hoërskool Nylstroom.

SANAA skeidsregter, Koketso Kgabo, het die doel van netbal enal die reëls sorgvuldig en met groot entoesiasme aan ons verduidelik.

Die dames het die uitstappie vreeslik geniet en sien uit nadie seisoen wat voorlê. Mag daar baie wedstryde en vriendskapsbande tussen skole gebou word gedurende 2022 se netbal-seisoen.

Die skeidsregtersdag wat op 5 Maart 2022 plaasvind teLaerskool Ellisras sal beslis `n groot hoogtepunt wees. 

No items found.
ander nuus