March 8, 2022

Bossies ondersteun Afrikaans!

"Daar waar die son gaan sak onder die Kremetart sal jy vir my kry.  Waar die hardekool in die vlamme praat daar sal jy my kry en as my tyd moet kom, kom lê my neer want ek wil net hier bly.

Hierdie Bosveld Afrika gebrandmerk in my are" Bok van Blerk

Woorde gee betekenis aan ons lewens. Dit dra sentiment, gee ons hoop en help ons droom.  Dit help om afstande korter te maak wanneer al manier waarop jy met 'n geliefde kan praat, deur middel van 'n Whatsapp boodskap is.  Daarom dat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) die publiek die geleentheid gee om woorde wat vir hulle van spesiale belang is te koop.

Die Bossies het daarom die woord "𝐁𝐨𝐬𝐯𝐞𝐥𝐝" gekoop.  Nie net is die woord deel van ons pragskool se naam nie, maar beskryf dit ook die mooi omgewing waarin ons bly.

Met hierdie kopie dra ons boonop by tot die behoud van ons pragtige taal!

#trotsafrikaans

#bosveld

#bossies

No items found.
ander nuus / other news