April 17, 2026

BOSSIE-REDENAARS SKITTER!

Ons is ongelooflik trots op ons leerders van Laerskool Bosveld wat Vrydag 17 April 2026 aan die eerste ronde van die ATKV Redenaarskompetisie by Hoërskool Nylstroom deelgeneem het!

Ons leerders het met trots, selfvertroue en ongelooflike kreatiwiteit hul stemme laat hoor oor temas wat regtig tot die hart spreek – van “huis en hart” tot “koers in die lewe”, “kriewel-gedagtes”, “sout van die lewe” en selfs die krag van kinders se stemme in vandag se wêreld.

Elke spreker het gewys dat Bosveld-leerders nie bang is om hul sê hardop te sê nie – julle het die verhoog laat leef!

Baie geluk aan elke deelnemer – julle het nie net gepraat nie, julle het beïndruk!

No items found.
ander nuus / other news