October 24, 2025
’n Onvergeetlike dag vir ons leerlingraad!
Op Vrydag, 24 Oktober, is Laerskool Bosveld Primary se leerlingraadslede bederf met ’n uitstappie na Naboomspruit, waar hulle die ongelooflike voorreg gehad het om na ds. Ivor Swartz te luister — ’n man met ’n unieke en diep inspirerende boodskap.
Rev. Swartz het sy lewensverhaal en waardevolle lewenslesse met die groep gedeel en hulle daaraan herinner dat ware waardigheid nie in titels lê nie, maar in wie jy as mens is.
Ons leerlingraadslede het met oop ore en harte geluister en elk iets besonders uit sy verhaal geput.
’n Groot dankie aan ons toegewyde leerlingraad-begeleiers en Laerskool Eugene N. Marais wat hierdie spesiale dag moontlik gemaak het — ’n dag vol inspirasie, waardes en herinneringe wat vir altyd sal bly.

.jpg)









