Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Sport Uitblinkers / Outstanding Sport Achievements

Boogskuts behaal sukses!

Meraai Grové
Boogskiet

 

Baie geluk aan die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary wat die afgelope naweek deelgeneem het aan die boogskiet byeenkoms te Waterberg Academy en medaljes verower het.

`n Algehele eerste plek is behaal deur Ilis-Mari Venter – voorwaar iets om oor te spog!

Bossies blink uit by Waterberg Proewe

Jimmy du Plessis
Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary het vyf Rugbyspelers na die Waterberg Streekproewe gestuur op Maandag, 18 April. Die proewe het by Laerskool Thabazimbi plaasgevind en vier seuns het deurgedring na die finale Limpopo Proewe wat eersdaags in Pietersburg gehou word. Die seuns is Reinhardt Pretorius (O/12), Tebogo M’khomazi (O/12), Wessel Pelser (O/13) en Bryson Webb (O/13).

Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hierdie seuns en wens hulle alle sterkte toe vir die finale proewe wat op 13 en 14 Mei by Laerskool Pietersburg-Oos sal plaasvind.

Laerskool Bosveld Primary netbal dogters deur na proewe.

Duné Gouws
Netbal

 

Laerskool Bosveld is baie trots op die o/12 en o/13 dogters wat deur is na die volgende rondte van die Limpopo netbalproewe en ons wens hulle alle sterkte toe!

O/12:
Kitso Mocheko
Charlize du Plessis
Mokgadi Tlhako

O/13:
Anika van Rooyen
Kahlodi Moremi
Renette Alberts