Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Tennis

Bossies leer by kundiges

Wannie Viviers

 

Jo Marie Human tennis kliniek 7 Junie 2019

 

Laerskool Bosveld Primary streef daarna om elke leerder se potensiaal te ontwikkel, veral op sportgebied. Die skool het vir Roland Blumegger, professionele afrigter van Potgietersrus uitgenooi om `n Tennis kliniek te kom aanbied vir ontluikende Tennis spelers. Die Bossies het op 7 en 8 Junie 2019, 'n suksesvolle Tennis-kliniek gehad by Laerskool Bosveld Primary. Die Junior en Senior spelers het uitstekende nuwe tegnieke aangeleer vir die liga wat reeds op 24 Julie afskop. Ons sien uit na 'n goeie tennisseisoen by die skool.

Tennis by Laerskool Bosveld van top gehalte

Wannie Viviers

 

Tennis

Die tennis het op `n hoë noot afgeskop op Maandag, 23 Julie 2018. Die spelers het teen Nylstroom gekompeteer en die spelers het elkeen drie wedstryde gespeel. Die A- en B-span seuns het geseëvier en wen al hulle wedstryde vir die dag teen Laerskool Marble Hall, Jullian Muller en Vaalwater. Die dogter A-span was minder gelukkig, maar het nog steeds goed vertoon.

 

Op Woensdag, 25 Julie 2018, vertrek die Bossie-spelers na Laerskool Warmbad. Hier lewer die seuns skouspelagtige tennis. Die A-span wen die enkels vir die dag. Die B-span kan spog met die titel van wenners van die dag! Die A-span dogters het uitmuntend gespeel en word as wenners van die dag aangedui. Hulle het `n pragtige vertoning in die enkels en dubbels gehad.

 

Laerskool Bosveld Primary wens elke speler voorspoed toe vir die nuwe seisoen. Julle is tops!

Tennis

Wannie Viviers

 

Die A en B – tennis-span het onderskeidelik wedstryde teen Laerskool Krugerpark en Laerskool Eugene Marais gespeel op 28 en 30 Augustus 2017.

 

Dit was `n besige en opwindende week vir die tennis sterre van Laerskool Bosveld Primary. Alhoewel daar gemengde welslae behaal is, het die spelers vir onverbeterlike tennis gesorg. Daar word uitgesien na die volgende liga-wedstryd teen Laerskool Nylstroom.

Tennis

W Viviers

 

Vroegdag het die A en B –span na Modimolle vertrek vir liga-wedstryde. Laerskool Bosveld Primary het teen Laerskool Julian Miller, Laerskool Marble Hall en Laerskool Vaalwater gespeel. Dit was `n opwindende dag met aanskoulike tennis.

 

Beide seuns-spanne het vir onverbeterlike tennis gesorg en tree as wenners uit die stryd. Hulle het Laerskool Marble Hall en Laerskool Vaalwater gewen. Die dogter-spanne het net sulke mooi tennis gespeel.

Daar word uitgesien na ons volgende liga-wedstryd teen Laerskool Krugerpark.

Tennis liga begin

W Viviers

 

Die eerste ligawedstryde het Woensdag, 2 Augustus 2017, afgeskop teen Laerskool Warmbad op Laerskool Bosveld se tuisveld. Die span is met groot opgewondenheid is die span aangekondig wat moes meeding teen Laerskool Warmbad.

 

Die A-span het sommer van die begin af hulle staal gewys. Manu van Seventer en Sameul Leahy het skoonskip gemaak met hulle enkel- en dubbel-spel. Tamia Oakes en Leané Snyman wen ook hul enkel-spel onderskeidelik. Tia Oakes en Leané het hulle dubbel-spel gewen.

 

Die B-span het as wenners van die dag uitgetree. Skouspelagtige tennis was by hierdie spelers te sien. Wihann Smith speel gelykop. Daniel Leahy en Edward Johnson tree as kampioene uit die stryd. Altwee dubbel-spel pare het gewen. Wilmi van Rooyen wen haar wedstryd met mening. Wilmi van Rooyen en Precious Mamabolo maak hul merk as dubbel-spel koninginne van die dag.

 

Baie geluk aan die spelers wat die seisoen op so `n positiewe noot afskop.

Tennis skop af by Laerskool Bosveld Primary

Wannie Viviers

 

Die Bossie-tennisspelers het op 29 Julie 2017, `n baie suksesvolle tennis-kliniek by Laerskool Bosveld Primary bygewoon. Die spelers het al vroegoggend gestewel (getekkie) en gespoor by die skool se tennisbane aangemeld. Roland en Patricia (professionele spelers en afrigters) van Mokopane het die spelers opgelei in die fyner tegnieke van tennis. Die Bossie-spelers het baie nuwe tegnieke en vaardighede aangeleer en sommer hope pret gehad met die inoefening.

 

Die spelers sien uit na `n opwindende tennisseisoen en gaan die liga met ywer aandurf.

Tennis teen Vaalwater

Wannie Viviers
Tennis

Die tennisspelers van Laerskool Bosveld Primary het hul weer goed van hul taak gekwyt verlede Donderdag met hul wedstryde teen Laerskool Vaalwater.

 

Die spelers het hul bes gedoen en die A-span dogters en B-Span seuns was algehele wenners van die dag.

 

Die volgende spelers het hul enkels-wedstryde gewen:

Anika van Rooyen, Anika Lampbrecht, Sariëtte Pretorius, Tamia Oakes, Ruan Prinsloo, Wiaan van der Westhuizen en Albert von Rönge.

 

Die volgende dubbelpare het ook hul wedstryde gewen:

Ruan en Manu; Wiaan en Albert; Janco en Erhard.

 

Julle is Bossies om op trots te wees, hou so aan!

Laerskool Bosveld Primary Tennis

Wannie Viviers
Tennis

Die A en B – span tennisspelers van Laerskool Bosveld Primary het op Woensdag, 10 Augustus 2016, hulle goed van hulle taak gekwyt teen Laerskool Krugerpark. Die tennisspelers het alles ingesit en die A-span spog met ‘n wedstryd wat gewen is en ‘n wedstryd wat gelykop geëindig het. Vir die eerste keer in die liga wat die afgelope drie jaar gespeel word, is meer wedstryde gewen as in die verlede.

 

Bossie-spelers spog met ‘n algehele oorwinning teenoor Warmbad en Marble Hall. Die A-span dogters het Julian Miller ook gewen. Daar word met groot afwagting uitgesien na die oorblywende twee liga-wedstryde vir die seisoen.

Bosveld begin die nuwe seisoen positief

Mnr. Jimmy du Plessis
Tennis

Laerskool Bosveld Primary het in alle erns begin met krieket – en tenniswedstryde vir die derde kwartaal. Die senior tennisspelers het reeds ‘n ligawedstryd teen Laerskool Warmbad gespeel en hoewel die A-span slegs die helfte van hulle wedstryde gewen het, het die B-span skoonskip gemaak en alles gewen.

 

Op die krieketveld het Bosveld se tweede span hul vriendskaplike wedstryd teen Platina gewen met 73 lopies. Die O/10-spannetjie het ongelukkig vasgeval teen Platina in ‘n baie spannende wedstryd.

 

Laerskool Bosveld hoop om goed te presteer op die krieketveld sowel as op die tennisbane vanjaar en die wyse waarop daar verlede week begin is, dui aan dat dit ‘n baie goeie seisoen kan wees.

Tennis – kliniek 2016

Wannie Viviers
Tennistennis

 

Ses en dertig spelers van Laerskool Bosveld Primary het ‘n suksesvolle tennis-kliniek bygewoon by Mogol klub op Saterdag, 28 Mei 2018.

 

Oom Blumi en tannie Patricia van Potgietersrus, wat steeds professioneel tennis speel, het die ywerige spelers baie tegnieke kom leer. Die spelers sien uit na die komende tennisseisoen wat volgende kwartaal afskop.

Tennis kampioenskappe: 28 September 2015

W Viviers
Tennis

 

Die tennisseisoen is voorwaar op ‘n hoë, skouspelagtige noot afgesluit. Die finaal tussen die spelers het die toeskouers vasgenael op hul stoele gehou. Anzelle Vermaak en Suané van Niekerk het voorwaar hul vaardighede ten toon gestel. Anzelle het die enkelsspel vir die dogters gewen met ‘n telling van 7-4.

Die stryd tussen Derik van Niekerk en Janco Lötter was ook aanskoulik. Na ‘n taai stryd het Derik met ‘n naelskraap telling van 6-5 uit die stryd getree.

Baie geluk ook aan die dubbelskampioene. Simoné Viljoen en Anika van Rooyen was ‘n gedugte span en tree as wenners uit die stryd teen Anzelle en Suané. Derik en Armand de Beer het hul goed van hul taak gekwyt en die dubbels teen Janco Lötter Janco von Ronge gewen.

Baie geluk aan al die Bossie tennisspelers.

Tennis 9 September 2019 teen Julian Muller

Wannie Viviers
Tennis

 

Die A- en B seuns en dogters tennisspanne, het die afgelope seisoen op `n hoë noot afgesluit teen Julian Muller. Die A-span dogters was algehele wenners vir die dag.


Die volgende dogters en seuns wen hul enkelspel:
Simoné Viljoen
Anzelle Vermaak
Anika van Rooyen
Sariëtte Pretorius
Manu van Seventer
Simoné Viljoen en Anika van Rooyen wen ook hul dubbels.
Manu van Seventer en Rohan vd Westhuizen wen hul dubbels.


Baie geluk aan elke speler wat hul beste gegee het vir die seisoen.


Mini - tennis

Die Mini-tennis is Dinsdag , 8 September, ook op `n hoë noot met hul kampioenskappe afgesluit.


Daniel Leahy was die seuns-kampioen en Tia Oakes was die dogters-kampioen.


Daar word met groot verwagting uitgesien na die volgende tennis-seisoen.

Min-tennis teen Laerskool Nylstroom

Wannie Viviers
Tennis

 

Laerskool Bosveld Primary se mini-tennisspan het Dinsdag, 1 Augustus, teen Laerskool Nylstroom meegeding. Ons spelers was slaggereed en die span se uitblinkers was Tamia Oakes, Wihan Smit en Daniel Leahy. Daar is ook spesiale vermelding gemaak van ons skool se mooi maniere en goeie gedrag. Dis lekker om `n Bossie te wees!

BOSSIES SKITTER OP DIE TENNISBAAN

Tennis

 

Laerskool Bosveld Primary se mini-tennisspan en senior tennisspan het die afgelope week geskitter op die tennisbaan. Die mini-tennisspan het op 28 Julie 2015 teen Laerskool Krugerpark gespeel. Baie geluk aan al die Bossies wat hul wedstryde gewen het.


Op 29 Julie het die senior tennisspan teen Laerskool Warmbad gespeel. Baie geluk aan Armand de Beer, Janco Lotter, Simone Viljoen, Anika van Rooyen, Ivanka Viviers en Sariëtte Pretorius wat hul wedstryde gewen het. Hou so aan Bossies, ons is trots op julle.

Sokkertoernooi te Laerskool Bosveld Primary

Tennis Tennis

 

Vir die eerste keer in ‘n lang tyd ( ongeveer 20 jaar) het Laerskool Bosveld Primary deelgeneem aan die Waterberg-Tennisliga. Agt dapper seuns en vier dapper dogters het skole soos Laerskool Vaalwater, Laerskool Nylstroom en Laerskool Warmbad aangedurf.

 

Hierdie kranige tennisspelers het hul goed van hul taak gekwyt. Die spelers het verskeie taai wedstryde tydens die liga gehad. Sommige wedstryde is deur Bosveld verloor ons sommiges gewen. Alhoewel Bosveld nie na die tweede rondte deurgedring het nie, is almal by Laerskool Bosveld Primary baie trots op hul liga-spelers. Me. Ivanna Viviers is baie tevrede met die vordering wat hulle in 2014 gemaak het en wens die Bossie tennisspelers sterkte toe vir die kampioenskappe wat nog voorlê.

Tennis Kliniek

Tennis Kliniek Tennis Kliniek

 

Die Bossie tennisspelers het die afgelope naweek ‘n baie suksesvolle tennis- kliniek, wat by die skool aangebied is, bygewoon. Almal het vroeg – oggend al letterlik gestewel (getekkie) en gespoor by Laerskool Bosveld Primary se tennisbane opgedaag. Danny van Rooyen (professionele speler en afrigter) van Mokopane het die spelers se aandag vir 4 ure gevestig gehou op tennis. Danny is tans Limpopo se nommer 1 speler van sy ouderdomsgroep ( 35 – 40 jaar). Die Bossies het baie nuwe vaardighede en tegnieke aangeleer. Een van die vrae wat aan die einde van die dag gevra is, was: “Wanneer kom Oom weer?”

 

Die Bossies sien uit na ‘n opwindende tennisseisoen, veral omdat hulle vir die eerste keer die Waterberg – liga gaan aandurf.

TSA Tournament

Ivanna Viviers
Maud Tsaura

 

Laerskool Bosveld Primary is proud to announce that one of our leading tennis players, Maud Tsaura, competed in the TSA tournament in Middelburg on 21 – 23 March 2014. Although Maud is an u/12 player, she ended third in the u/14 section of the girls’ singles. Well done, Maud! We are looking forward to excellent tennis results from you in future.