Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Swem / Swimming

Waterberg Interskole Gala te Laerskool Bosveld Primary

A Neethling

 

Boogskiet

v.l.n.r. Barend van der Westhuizen, Ryan Buys, Friedrich Neethling en Janco Sparks. Hulle het die aflos in hul ouderdomsgroep gewen.

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 20 Oktober 2018 die Waterberg Interskole Gala aangebied by die skool.  Laerskool Krugerpark, Laerskool Bosveld Primary, Laerskool Jullian Muller, Laerskool Marble Hall, Laerskool Warmbad en Laerskool Ellisras het deelgeneem aan die spog geleentheid. 

 

Die swemmers was slaggereed om hul beste tye te swem en Laerskool Krugerpark is as algehele wenner aangewys, met Laerskool Bosveld Primary kort op hulle hakke.

 

Laerskool Bosveld se swemmers het nie op hulle laat wag nie en het agtien goue medaljes, agt silwer en 14 brons medaljes ingepalm.


Baie dankie aan elkeen wat net sy beste gegee het, die skool is trots op elke Bossie-swemmer.

Laerskool Bosveld presteer by Limpopo Swem Skole kampioenskappe

 

Die kampioenskappe het op 27-28 Januarie in Polokwane plaasgevind. Die volgende plekke is in die verskeie ouderdomsgroepe behaal:

 

Friedrich Neethling (o/9)- 7 Goud en 1 Silwer

Janco Sparks (o/9) - 1 Goud, 1 Silwer en 1 Brons

Tiaan Roets (o/10) - 1 Goud en 2 Brons

Raylen Espag (o/10) - 1 Silwer

Eduan Mostert (o/10) - 1 Brons

Veneske Steenkamp (o/10) - 3 Goud, 3 Silwer en 2 Brons (nuwe rekord vir 50m Vlinderslag)

CW Sparks (o/11) - 1 Goud

Wikus van Schalkwyk - 2 Brons

Ruan Taljaard - 1 Brons

Zoey Elenis - 1 Silwer en 1 Brons

Roelof Taljaard - 5 Goud en 3 Silwer

Kayla Human - 1 Silwer en Brons

 

Twee seuns, Ulrich Pepler en Robbie de Klerk, het uiteindelik gekwalifiseer om hul provinsie te verteenwoordig op die 4de en 5de Desember te Ekhuruleni.

 

Baie geluk aan Roelof Taljaard en Kayla Human wat in die voorlopige Limpopo-span opgeneem is!

Bossies maak skoonskip

Annalize Neethling

 

Laerskool Bosveld Primary se swem span het Saterdag, 21 Oktober 2017, aan die Swem Interlaer te Groblersdal deelgeneem. Die swemmers was goed voorbereid en het mooi prestasies behaal.

 

Die volgende eerste plekke is behaal:

Janco Sparks (50m rugslag, seuns o/8)

Friedrich Neethling met `n nuwe rekord (50m vryslag, seuns o/8)

Veneske Steenkamp met nuwe rekords vir 50m vryslag en 50m rugslag vir dogters o/9 en sy is ook die Junior Victrix Ludorum wenner.

Ashley Jansen van Vuuren het die 50m en 100m rugslag, dogters 0/11 gewen.

Roelof Taljaard het die 50m vlinder asook die 100m vlinder- en rugslag gewen vir seuns 0/12.

 

Die o/8 en o/9 dogters het ook eerste plekke in die vryslag aflosse behaal en hulle het ook `n nuwe rekord aangeteken.

 

Laerskool Bosveld Primary behaal `n algehele derde plek en dring sodoende deur om aan die Top 10 skole swemgala deel te neem wat op 4 November in Polokwane plaasvind.

Bossie-swem

Annalize Neethling

 

Hier is die rekord brekers v.l.n.r. :

Agter: Tiaan Roets, Anke Pretorius, Nicolas Louw, Eduan Mostert, Zoey Elenis

Voor: Venekse Steenkamp, Friedrich Neethling, Nika Snyman, Kayla Human

Laerskool Bosveld Primary het op Donderdag, 14 September, `n baie suksesvolle Interhuis swemgala gehou. `n Totaal van 17 rekords is gebreek. Die volgende prestasies is behaal:

• Snr Victor Ludorum: Roelof Taljaard

• Snr Victrix Ludorum: Kayla Human

• Jnr Victor Ludorum: Friedrich Neethling

• Jnr Victrix Ludorum: Veneske Steenkamp

Bossies swem graag!

Gerlien Pavier
SewmSwem
SwemSwem

Laerskool Bosveld Primary het Vrydag, 21 Oktober te Warmbad aan die Interskole gala deelgeneem.
Elke Bossie swemmer het sy beste gedoen. Dankie vir julle harde werk.

Ons is trots op elkeen van julle!
Persevera!

Swem Bossies swem!

Gerlien Pavier
Swem

Laerskool Bosveld Primary het Donderdag, 15 September die jaarlikse Interhuis gala gehad.

 

Die water het behoorlik gespat met al die leerders wat die koue water aangedurf het.

 

Die Junior Victor Ludorum is Roelof Taljaard en Victrix ludorum is Nika Snyman. Die Senior Victor Ludorum is Nicolas Louw en Victrix ludorum is Ané Besseling.

 

Ons sien baie uit na die swemseisoen met al die rekords wat verbeter is!

Swem Bossies swem!

Gerlien Pavier
Cricket

 

Laerskool Bosveld Primary het 'n baie suksesvolle swemgala op Dinsdag, 22 September aangebied. Soos gewoonlik het die rekords gespat. Elke Loerie en Valk het sy heel beste gelewer in 'n poging om sy span te laat wen. Aan die einde van die dag was dit egter die Valke wat as oorwinnaars uit die stryd getree het. Baie geluk ook aan ons Senior en Junior Victor en Victrix Ludorum wenners: Ané Besseling, Roelof Taljaard, Marushka Geyser en GJ Roets.