Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Sokker / Soccer

Bossie-sokker meet kragte met Marken

C Majadibodu

 

Op 15 Augustus 2017, het Laerskool Bosveld Primary se vier sokker spanne teen Marken gaan meeding. Marken se 0/10-span het 2-0 gewen. Dieselfde o/11-span het teen die Bossies meegeding. Die Bossies het hulle staal gewys en 2-0 gewen.

 

Die tweede span het 2-0 verloor. Die skool se vlag draer-span het teen Marken voorgeloop, maar toe die eindfluitjie blaas was hulle gelykop. Dit was `n heerlike spanningsvolle dag en die Bossies beplan om amok te maak hierdie sokker seisoen.

Bosveld bied suksesvolle Sokker dag aan

Jimmy du Plessis
Sokker

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 19 September ‘n baie suksesvolle Sokker dag aangebied. Bosveld en drie besoekende skole het mekaar om die beurt aangedurf en vir baie opwinding gesorg. Die besoekende skole was Laerskool Ellisras, Ditheku Primary en Nelsonskop Primary.


Laerskool Bosveld se O/13-span het sy wedstryd teem Ellisras naelskraap verloor, maar het dinge mooi reggestel met ‘n goeie oorwinning oor Ditheku. Die O/11-spannetjie het ook baie verbeter en hoewel hulle albei hul wedstryde verloor het, was hulle baie kompeterend en het amper vir Nelsonskop verras.


Die O/13 uitslae was: Ellisras 2, Bosveld 1 ; Nelsonskop 2, Ditheku 1 ; Bosveld 4, Ditheku 2 ; Ellisras 1, Nelsonskop 1 Die O/11 uitslae was: Ditheku 2, Nelsonskop 1 ; Nelsonskop 1, Bosveld 0 ; Ditheku 2, Bosveld 0.


Bosveld se Krieket en Sokker blink uit

Sokker

 

Laerskool Bosveld Primary se Krieketspanne het verlede week puik presteer in die ligawedstryde teen Laerskool Thabazimbi. Die O/10, O/11 en 1 ste span het almal hul wedstryde gewen. Dit was veral die 1 ste span se oorwinning wat die deurslag gegee het om hulle as Waterberg Streekwenners te kroon. Die O/10 – spannetjie is gesamentlik voor met Krugerpark en Thabazimbi.


Tydens die “ses aan ‘n kant toernooi op Koedoeskop het die seuns ook puik vertoon. Beide die O/11- en O/13-spanne het vyf wedstryde uit ses gewen, en was baie ongelukkig om naelskraap te verloor in die finale.


Ook op die Sokkerveld het die Bossies nie op hulle laat wag nie en twee mooi oorwinnings behaal op Warmbad se velde. Die Bossies het hul teenstanders met 3-0 geklop in die O/11-wedstryd en die O/13’s was baas met 3-1.


Laerskool Bosveld se sportafrigters is sommer baie trots op hul seuns se puik prestasies en hoop dat hul nog baie meer weke soos verlede week sal beleef.

Sokkertoernooi te Laerskool Bosveld Primary

sokker

Saterdag 16 Augustus 2014 het daar ‘n groot sokkertoernooi plaasgevind by Laerskool Bosveld Primary. Die volgende skole het deelgeneem: Laerskool Bosveld Primary, Warmbad, Platina, Nelsonskop, Marken en Lephalale. Twaalf spanne het gespeel. Dit was ‘n uiters suksesvolle dag – volgende jaar maak ons weer so.