Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Skaak / Chess

Bossies speel skaak

Colette du Plessis

 

Laerskool Bosveld se Junior en Senior -skaak spanne het Woensdag, 30 Augustus deelgeneem aan 'n skaaktoernooi te Laerskool Koedoeskop. Ander deelnemende skole was Laerskole Platina en Hardekool. Die spelers het goed gekompeteer en hul opponente hard aan die dink gehad. Mooi so Bossies!

Bossies hou ‘n dinkskrum

JG Brink

 

Op Woensdag, 2 Augustus het skaak spelers van Laerskool Hardekool en Laerskool Koedoeskop opgetrek na Laerskool Bosveld Primary om ‘n lang staande tradisie te eerbiedig. Ten spyte van die algehele goedgesindheid van die sport kon enige toeskouer die intense kompeterende atmosfeer aanvoel. Die skaak spelers het hard gekonsentreer om die wen-skuif te maak en hul opponent te fnuik. Al drie die betrokke skole se afrigters het hul opgewondenheid uitgespreek oor die gretige deelname van jong bloed in hierdie sport en hoop om die tradisie te onderhou in komende jare.

Skaakmiddag by Laerskool Koedoeskop

Colette du Plessis
Chess

Laerskool Bosveld het Woensdag , 17 Augustus 'n leersame skaakmiddag by Laerskool Koedoeskop bygewoon. Die leerders het in 'n rondomtalie toernooi gespeel en elke skaakspeler het geleentheid gekry om drie wedstryde te speel. Skaak het geseëvier en almal het iets nuuts geleer.

Skaakmiddag by Laerskool Bosveld Primary

Colette Du Plessis
ChessChess

Dit was met groot opgewondenheid dat Laerskool Bosveld Primary die eerste skaakwedstryd vir die seisoen aangebied het op Woensdag, 10 Augustus 2016.

 

Die Bossies was slaggereed en het al hulle breinkrag ingespan en die leerders kon behoorlik hul skaakvaardighede benut en het nie minder as vier rondtes skaak gespeel nie. Laerskole Platina, Koedoeskop en Hardekool Akademie het hierdie leersame skaakmiddag met die Bossies gedeel.

Bossies gaan “GROOT” met skaak

Colette du Plessis
Chess

 

Laerskool Bosveld Primary spog met 'n splinternuwe buite-skaakbaan. Die leerders is baie opgewonde oor die skaakbaan en kan nie wag vir pouses en na-skool, om 'n potjie skaak te speel nie.

 

Hierdie nuwe toevoegsel gaan verseker van ons Bossies nog slimmer kinders maak.

Wit... Swart skaakmat

SkaakSkaak

 

Laerskool Bosveld Primary het Woensdag, 2 September `n skaaktoernooi tuis aangebied. Laerskool Koedoeskop en Hardekool Akademie was die twee besoekende skole. Elke Senior-skaakspeler het geleentheid gekry om drie tot vyf wedstryde te speel en het dit terdeë geniet. Daar is hard gekonsentreer en elke speler het sy bes probeer. Baie geluk aan elke skaakspeler.

Skaak, skaakmat.... Bossies

C du Plessis
Boogskiet

 

Laerskool Bosveld Primary se Junior en Senior-skaakspanne het Woensdag, 19 Augustus deelgeneem aan 'n skaaktoernooi te Laerskool Koedoeskop.


Bosveld se twee Seniorspanne asook die Juniorspan het hul baie goed van hul taak gekwyt en tydens elke wedstryd hul opponente behoorlik laat kopkrap. Van die vier deelnemende skole het die Bossies tweede geëindig. Welgedaan Bossies, jul maak ons trots.

Slim, slimmer, slimste......skaak!

Colette du Plessis
Skaak

Laerskole Bosveld, Platina en Koedoeskop het op Woensdag, 3 September aan 'n skaaktoernooi te Laerskool Bosveld Primary deelgeneem. Vyf senior skaakspanne en vier junior skaakspanne het mekaar die stryd aangesê.

 

Dit was 'n leersame middag en daar is baie dinkwerk gedoen. Die dinkslim Bossies het baie geleer in die 2014 skaakseisoen en sien uit daarna om volgende jaar nog beter te doen.