Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Rugby

Rugby Super 8

Stefan Hattingh

 

Die 0/10 span in aksie.

 

SLaerskool Bosveld Primary se rugbyspanne het die afgelope naweek aan die Super 8 in Pietersburg deelgeneem. Die kompetisie was straf en die Bossie-spanne het gemengde welslae behaal. Die 0/10 span het `n algehele 3de plek behaal in die byeenkoms en die Eerste span het ‘n 5de plek behaal.

Die byeenkoms het goed afgeloop en dit was goeie voorbereiding vir die liga wat nog voorlê. Die skool sien uit na 'n goeie rugby seisoen.

Jubaweni rugbytoer o/11

 

 

Laerskool Bosveld se o/11 en 1ste rugbyspanne het tydens die vakansie op 21 Maart al vroeg met die bus vertrek na Jubaweni vir die jaarlikse rugbytoer. Daar was gemengde welslae behaal en goeie, harde rugby is gespeel. Die kinders het dit baie geniet en ook baie geleer. Die Bossies werk hard en sien uit na die res van die seisoen.

0/9 en 0/10 Rugbytoer Jubaweni

 

Laerskool Bosveld Primary se 0/9 en 0/10 rugbyspanne het vanaf 18 tot 20 Maart 'n rugbytoer te Jubaweni gaan bywoon. Die kompetiisie was sterk en spanne het gemengde welslae behaal. Die toer het goed afgeloop en was goeie voorbereiding vir die Super 8 en liga wat nog voorlê. Ons sien uit na 'n goeie seisoen van rugby deur die twee spanne.

Bosveld spanne wys hul staaly

C Brandt

 

Met sweet, bloed, trane en onstuitbare ambisie het die rugbyseisoen vroeg afgeskop op die 2de Maart toe Laerskool Bosveld Primary die jaarlikse skeidsregters dag bygewoon het te Koedoeskop. `n Massiewe aanbieding wat `n totaal van elf skole behels het. Boonop het die Bossie spanne en skeidsregters hulself oortref.

Laerskool Bosveld Primary is trots op hul O/10 en 1ste span rugby manne met skitterende wedstryde wat hulle gewen het, maar bowenal is die Bossie afrigters opgewonde oor die seisoen wat voorlê.

Rugby Jaarbeplanning 2019

Bosveld Rugby 2018

Zirk Buys

 

Rugby
RugbyRugby

Laerskool Bosveld se onder nege- en eerste-rugbyspanne het die afgelope naweek in groot getalle opgetrek na Warmbad vir die Limpopo uitspele. Dit was die hoogtepunt van al die harde werk en opofferings wat gemaak is om tot hier te kom - nou was dit ons kans!

Die onder nege rugby span het hulle wedstryd vroeg afgeskop en het regtig hulle harte uitgespeel teen Laerskool Tzaneen, maar mens kon van die begin af sien dat daar iets spesiaal is aan hierdie Tzaneen spannetjie. Ons het ongelukkig 27-0 verloor maar het nog steeds ‘n fantastiese seisoen gehad, waarvan ons 12 uit 14 wedstryde gewen het en dit is opsigself ‘n wonderlike prestasie.

Die eerste span het hulle wedstryd in die middag afgeskop teen Suid-skool van Pietersburg en dit was van die begin af ‘n wedstryd om te beleef. Suid-skool het eerste punte aangeteken en daarna Bosveld en die halftyd telling was 7-5 in Suid-skool se guns.

Die Bossies het regtig nie terug gestaan nie en het hulle harte uitgespeel vir die res van die wedstryd. Op die einde het Suid-skool as die wenners uit die stryd getree met ‘n telling van 22-10, en ook later die finaal gewen teen Laerskool Thabazimbi.

Bosveld se spanne het waarlik hulle beste ingesit en baie verwagtinge oortref en die afrigters, ouers en skool is ongelooflik trots op elkeen van die Bossie-ysters.

Baie dankie vir julle harde werk dit was ‘n rugby seisoen om te onthou en almal sien uit na volgende jaar se rugby seisoen.

Rugby teen Laerskool Nylstroom

 

Laasweek donderdag het Laerskool Bosveld Primary se B-Rugbyspanne teen Laerskool Nylstroom in Nylstroom gaan deelneem. Die B – Rugbyspanne het teen Nylstroom se A spanne gespeel tot voorbereiding tot volgende week se liga wetstryd teen Laerskool Krugerpark. Dit is altyd lekker om teen beter spanne mee te ding, om sodoende te oefen om weerstand te bied teen veel strawwer kompetisie.

Rugby te Warmbad

 

Bosveld maak skoonskip. Die a-spanne van Learskool Bosveld Primary het op Donderdag 24 Mei op Warmbad gaan skade berokken. Die eerste op die biltionghoek was natuurlik die 37-0 oorwinning van dei eerste span, maar die 0/9’s se 66-0 was ook nie te versmaai nie. Learskool Bosveld Primary ervaar tans ‘n oplewing en sien uit na die res van die seisoen.

Limpopo rugby span pronk met drie Bossie-spelers

Lloyd Seleka

 

Drie seuns van Laerskool Bosveld Primary is verkies tot die provinsiale Limpopo spane. By onder-13 is David Mokoena en Kwena Morimudu gekies en by die onder-12 span is Albert von Rönge gekies. Die seuns neem aan die Bondedag, 25-26 Mei deel teen die Pumas te Loftus Versveld. Daar lê nog twee oefenwedstryde voor, voordat hulle gaan speel.

L/s Bosveld Primary maak skoonskip op die rugbyveld

Marno Pepler

 

Op Donderdag, 3de Mei het Laerskool Bosveld Primary op Laerskool Ellisras se velde `n doelwit bereik wat lank reeds in hul visier is. Die Bossies het dit vermag om 5 uit 5 rugbywedstryde te wen teen hul onder-dorpse teenstanders en daarmee die bordjies te verhang. Die Bossies het vanjaar weer gewys dat hul weet waar Dawid die wortels begrawe het as dit by Rugby kom.

 

Vanjaar se uitmuntende resultaat herhaal homself vir die eerste keer in tien jaar en die Bossie-manne sien uit om die dorpstroon te behou.

 

Met so `n oorwinnings-titel agter die blad sien die Bosveld-rugby manne uit na `n opwindende liga wat nog voorlê.

Rugby proewe

 

Die volgende seuns van Laerskool Bosveld Primary het op Dinsdag, 17 April aan die Kringproewe deelgeneem en is gekies om die Waterbergspan te verteenwoordig. Baie sterkte en geluk aan die manne.

O/12

Kwele Mamabolo

Tumisang Lebudi

Derik Besseling

Xilombe Bvuma

Albert von Ronge

Wihann Smit

Mihle Diko

 

O/13

Zabian Vermeulen

Erhard Geyser

Kwena Morumudi

David Mokoena

Kamogelo Majadibodu

Jeselte van Rooyen

Super 8 rugby

C.J. de Swardt

 

Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne het op Vrydag, 13 April vertrek na Laerskool Pietersburg-Noord om te gaan deelneem aan die jaarlikse super 8 rugby-toernooi. Die o/9’s het skitterende vertoon deur Laerskool Thabazimbi, Laerskool Louis-Trichardt en Laerskool Phalaborwa te klop voordat hulle vasgeval het teen Laerskool Bergland en ‘n 2de plek behaal. Die res van die spanne het gemengde welslae behaal, die o/10’s het ook na ‘n paar harde wedstryde gehad en ‘n 5de behaal en die 1ste en o/11 spanne het op hul vorige prestasies verbeter. Daar was goeie rugby gespeel en die Bossies sien uit na die res van die seisoen.

Bosveld rugby maak amok

Charlie Brandt

 

Hierdie jaar is vir Laerskool Bosveld Primary se rugby-afdeling `n merkbare sukses. Met sweet, bloed, trane en onstuitbare ambisie het die rugbyseisoen vroeg afgeskop.

 

Oudergewoonte het die rugby-seuns ook gaan toer. Op die 23ste tot die 25ste Maart het die junior-spanne vertrek na Jubaweni, later op die 6de tot die 9de April sou die seniors in hul spore volg. Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne het hierdie jaar vir die tweede keer Jubaweni besoek en almal is dit eens: Jubaweni is fantasties!

 

Die o/11 span wen twee van hul vier wedstryde en Bosveld se 1ste span wen 3 van hul vier wedstryde. Ten spyte van harde kompetisie kon die afrigters en spelers steeds met die wysheid wat foute aan mens besorg, wegstap. Dit was ook duidelik dat die seuns baie geleer het en hulle is oorgehaal vir die Super 8 wat die naweek van 13 April 2018 in Polokwane plaasvind.

 

Laerskool Bosveld Primary is trots op die rugby-seuns wat skitterende rugby gespeel het tydens die afgelope toere, maar is bowenal opgewonde vir die rugby-seisoen wat voorlê.

Bosveld vaar uitstekend tydens Rugbytoer na Jubaweni

J du Plessis

 

Laerskool Bosveld Primary se O/9 - en O/10 Rugbyspanne, het behoorlik hul man gestaan by die afgelope naweek se Rugbytoer te Jubaweni. Albei spanne het puik Rugby gespeel en op die einde die toernooi onoorwonne afgesluit teen sterk spanne van Gauteng en Mpumalanga.

 

Die kompetisie was taai en daar was geen maklike wedstryd vir enige span nie. Die Bossies se O/9 – spannetjie het Vrydag ‘n oorwinning van 17-0 behaal teen Maragon College. Saterdag het hulle met 35-5 teen Curro Heuwelkruin geseëvier en op Sondag het hulle die toer afgesluit met ‘n puik oorwinning van 10-5 teen Tygerpoort van Pretoria.

 

Die O/10-span het Vrydag afgeskop met ‘n oorwinning van 22-12 teen Maragon College, waarna hulle Saterdag ‘n taai stryd teen Kragbron van Witbank met 12-5 gewen het. Sondag het hulle die toer positief afgesluit met nog ‘n goeie oorwinning teen Laerskool Wierdapark se B-span. Die telling was 21-5.

 

Die afrigting kliniek wat Saterdagoggend aangebied is deur twee bekende laerskool afrigters uit Bloubul land, Jaco Snyman en Ben Marais, was ook baie leersaam vir beide die spelers en afrigters.

 

Laerskool Bosveld Primary wil graag almal bedank wat die skool bygestaan het en ook bygedra het om sy deelname aan die Jubaweni Rugbytoer moontlik te maak.

Bossies skrum die wêreld aan die brand!

M Pepler

 

Laerskool Bosveld Primary het hul rugbyseisoen amptelik op die 3de Maart aan die rol gesit. Alreeds van die begin van die seisoen af, is dit duidelik dat `n groot verrassing vanjaar op die Bosvelders wag.

 

Ten spyte daarvan dat twee uit die vyf spanne tot nederlaag gedwing is, was dit in beide gevalle naelskraap. Die volgende rugby-wedstryde vind op die 10de Maart plaas te Mokopane. Sterkte aan die spelers en die afrigters met hul voorbereiding vir die week.

Bosveld O/10’s in semi-finaal

Marno Pepler

 

RugbyRugby

Laerskool Bosveld Primary se O/10 rugbyspan het op Saterdag, 24 Junie, te Warmbad deelgeneem aan die Limpopo semi-finale. Alhoewel die Bossies nie met `n oorwinning kon wegstap teen Laerskool Pietersburg Oos nie, het die spannetjie `n eerbare veggees getoon in `n baie taai wedstryd. Die O/10 span van Laerskool Bosveld Primary en hul afrigters sien reeds uit na volgende seisoen en hoop om volgende keer die beker huis toe te bring.

Bossies hou koers

Marno Pepler

 

Rugby

Laerskool Bosveld het gaste ontvang op 11 Mei 2017. Laerskool Krugerpark het diep in die bosveld kom kuier by die skool.

Die dag sal onthou word as `n dag van ongekende sportgees-kompetisie waar byna alle tellings naelskraap dieselfde was. Die O/10 span van Bosveld Laerskool Primary het veral opslae gemaak met hul taai wedstryd, maar het eindelik die wa deur die drif getrek met `n eindtelling van 10-5.

Die res van Laerskool Bosveld Primary se rugbyseisoen beloof om nog meer boeiend te wees.

Laerskool Bosveld Rugby proewe

Ettienne Venter

Rugby

Op Dinsdag 2 Mei, het 4 van die Bossie-seuns rugby-proewe gaan speel te Laerskool Nylstroom. Die o/12 seuns het eerste gespeel waar Albert du Plessis die Bossies verteenwoordig het. Dit was 'n harde wedstryd en die spelers moes hulle beste uithaal.

Die o/13 seuns het daarna kragte gemeet waar Willy Mojela, Koketso Ledwaba en Robbie de Klerk die skool verteenwoordig het. Die spelers het goed gespeel en hul kant gebring. Willy Mojela is gekies om deel te neem aan die volgende rondte proewe wat op 13 Mei 2017 te Pietersburg sal plaasvind.

Laerskool Bosveld Primary is trots op elke speler wat aan die proewe deelgeneem het!

Bossie-manne takel Polokwane

M Pepler

 

Rugby

Die afgelope naweek van 21 en 22 April, het Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne opgetrek na Polokwane om deel te neem aan die Super 8 toernooi wat elke jaar daar aangebied word deur Noordskool.

Ten spyte van strawwe kompetisie het die Bossies hul beste gelewer. Die o/11-span het die beste gevaar en het verseker `n rede om breëbors rond te stap. Die rugbyspelers het verskeie nuwe tegnieke waargeneem en gaan haard oefen om dit toe te pas. Intussen berei die Bossies voor vir `n moeilike, dog opwindende seisoen wat voorlê.

Bossies gaan groot

M Pepler

 

NetbalRugby

Op Saterdag, 11 Maart 2017, het Laerskool Bosveld Primary se Netbal -en Rugbyspanne opgetrek na Mokopane om kragte te gaan meet te Laerskool Krugerpark.

 

Bosveld se rugbyspanne het te staan gekom teen Polokwane se Noordskool, en dit was tydens dié kragmeting dat die onder 9 Bosveld-span hulself bewys het met `n puik resultaat van 17-5.

 

Laerskool Bosveld Primary se Netbalspanne het die kersie op die koek geplaas. Hulle het 21 wedstryde gewen. Hierdie veteraan-Netbalspelers het die baan deurgaans verower en wen die meeste van hul wedstryde. Laerskool Bosveld Primary se afrigters is gemotiveerd, positief en het beslis rede om uit te sien na `n opwindende en suksesvolle seisoen.

Bosveld sluit Rugbyseisoen af met ‘n traan

Jimmy du Plessis
Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary het op Donderdag, 2 Junie in hul laaste ligawedstryde teen Laerskool Krugerpark te staan gekom. Dit was hartseer om sonder een van hul staatmakers in die 1ste span, Roelf Uijs, hierdie wedstryd aan te pak. Roelf is minder as drie dae voor die wedstryd in die hospitaal oorlede aan Breinvliesontsteking. Al die spanne van Bosveld het swart armbande gedra uit meegevoel vir Roelf se familie. Die Bossies het nietemin met passie gespeel, in ‘n laaste poging om deur te dring na die uitspeelrondtes van Limpopo Laerskole.

 

Ongelukkig kon nie een van die spanne daarin slaag om deur te dring na die bogenoemde uitspeelrondtes nie. Die Bossies kan egter steeds hul koppe omhoog hou en terugkyk na ‘n harde rugbyseisoen waarin daar baie karakter gebou is en wat in die toekoms waardevol aangewend kan word, tot voordeel van Laerskool Bosveld Primary

Bossie Rugbyspelers opgeneem in Limpopo Oefengroep

Jimmy du Plessis
Rugby

 

Twee seuns van Laerskool Bosveld Primary is opgeneem in die Limpopo Oefengroep wat die naweek van 20 en 21 Mei aan ‘n oefenkamp deelneem by Laerskool Tzaneen. Die seuns is Tebogo M’khomazi (O/12) en Wessel Pelser (O/13). Albei het puik spel gelewer tydens die finale Limpopo-Proewe en is beloon met ‘n plek in die oefengroep. Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hierdie twee seuns en wens hulle sterkte toe vir die komende oefenkampe.

Vier Bossies by finale proewe

Jimmy du Plessis
Rugby

 

Vier seuns van Laerskool Bosveld Primary het deurgedring na die finale Limpopo proewe vir Laerskole, eerskomende naweek op Pietersburg. Die seuns wat deurgedring het, is: Bryson Webb en Wessel Pelser (albei O/13), terwyl Reinhardt Pretorius en Tebogo M’khomazi Bosveld se naam by die O/12-proewe hoog sal hou.

 

Hierdie seuns word alle sterkte toegewens en Laerskool Bosveld hou styf duim vas dat dit met hul goed sal gaan.

 

Bosveld se rugbyspanne ‘n taai stryd gehad met die ligawedstryde verlede week teen Laerskool Thabazimbi. Die seuns is egter vasbeslote om nog harder te werk.

Bossies blink uit by Waterberg Proewe

Jimmy du Plessis
Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary het vyf Rugbyspelers na die Waterberg Streekproewe gestuur op Maandag, 18 April. Die proewe het by Laerskool Thabazimbi plaasgevind en vier seuns het deurgedring na die finale Limpopo Proewe wat eersdaags in Pietersburg gehou word. Die seuns is Reinhardt Pretorius (O/12), Tebogo M’khomazi (O/12), Wessel Pelser (O/13) en Bryson Webb (O/13).

Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hierdie seuns en wens hulle alle sterkte toe vir die finale proewe wat op 13 en 14 Mei by Laerskool Pietersburg-Oos sal plaasvind.

Super 8 rugby

Duné Gouws
Rugbyrugby

 

Die rugby spanne van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek die Super 8 toernooi bygewoon. Die spanne het gemengde welslae behaal. Die wedstryde was taai en elke speler het sy hart uitgespeel. Die rugbyseuns- en afrigters sien uit na die liga-seisoen wat voorlê.

Panarotti’s borg eerste rugbyspan

Annie Krügel
Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary se eerste rugbyspan is bederf met nuwe sportsakke wat deur Panarotti’s geskenk is. Hierdie manne was baie dankbaar en slaggereed vir die Super 8 byeenkoms te Polokwane, asook vir die res van die seisoen.

Baie dankie Panarotti’s, julle is ware Bossie-vriende!

Rugby Laerskool Bosveld Primary

Marno Pepler
Rugby

 

Die Bossie Junior en Senior -rugbyspanne het hierdie afgelope skoolvakansie `n suksesvolle rugbytoer afgelê te Marble Hall.

 

Al die spanne ter sprake het hul eendjies in `n ry gekry vir die opkomende rugbyliga. Bossie spelers wat besonder goed presteer het, is die wat ingesluit is in hul onderskeie ouderdomme se vyftientalle. Die spelers is onder andere: Hanno Kay, CW Sparks, Ruan Mostert en Dominic van Staden. Baie geluk aan die bogenoemde seuns.

Bossies begin Rugbyseisoen op ‘n hoë noot

Jimmy du Plessis
Boogskiet

 

Laerskool Bosveld Primary se O/9, O/10, O/11 en 1ste spanne het op Saterdag, 5 Maart aan die jaarlikse Streek 1 Skeidsregters-dag by Laerskool Krugerpark deelgeneem. Die Bossies is vuur en vlam om goeie Rugby te speel vanjaar.

 

Die O/10-spannetjie het tipiese Bossie-veggees getoon en met 7-5 gewen teen Noordskool. Die 1ste span het weer met rotsvaste verdediging die Nylies se aanvalle oorkom en het op die ou end die enigste drie van die wedstryd gedruk om met 5-0 te wen. Daar is ook genoeg positiewe punte om saam te neem vir die O/9- en O/10-spannetjies in hul nederlae teen Noordskool. Die afrigters is positief en glo dat dit `n suksesvolle seisoen sal word namate die seuns meer wedstrydoefening kry.

Bosveld se O/9-spannetjie tree met eer uit die stryd

Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary se O/9-rugbyspan het op Saterdag, 20 Junie goed vertoon in hul uitspeelwedstryd teen Laerskool Pietersburg-Oos. Die wedstryd is gespeel op die veld van Hoërskool Warmbad, waar al die Limpopo semi-finale en finale gespeel is vir laerskole in Limpopo. Die Bossies het in fisieke eerste deel van die wedstryd hul stem dik gemaak en die seuns van Pietersburg-Oos het aanvanklik gesukkel om gate in die rotsvaste verdediging van die Bossies te kry. Later in die wedstryd het “Oos-Skool” se ekstra vaart egter die deurslag gegee en die Bossies moes die knie buig met ‘n telling van 20-0 teen hulle.

 

Laerskool Bosveld Primary is egter steeds baie trots op hierdie spannetjie en wens die span en sy afrigters, mnre. Johan van Heerden en Thys Taljaard, geluk met hul goeie vertonings in 2015.

Bosveld spelers verteenwoordig Blou bulle!

Marno Pepler
Rugby

 

Die twee rugby reuse van Laerskool Bosveld Primary, Janco Lötter en Matlapu Modise, het Saterdag 6 Junie die o/13 Limpopo Blou Bulle verteenwoordig teen die Pumas. `n Yskoue Krugersdorp kon nie menigte toeskouers stuit om die pawiljoene vol te pak nie.

Limpopo het reeds vroeg in die eerste helfte die voortou geneem met `n drie, en `n daaropvolgende een in die tweede helfte het die opponente se veggees gedemp. Eers in die doodsnikke van die wedstryd het die Pumas hulself touwys gemaak en `n drie aangeteken. Toe die fluitjie vir die laaste keer bulder was die skrif teen die muur - `n skitterende 12-5 oorwinning vir die Limpopo Bulle.

Die Bossies is ontsettend trots op Janco en Matlapu, wat menigte male `n opponent in sy spore gestuit het. Hierdie is beslis `n spasie om dop te hou!

Bossies se O/9’s en tweede span dring deur

Revue

 

Laerskool Bosveld Primary het onlangs teen Laerskool Krugerpark in ‘n belangrike ligawedstryd gespeel. Hierdie wedstryd het vir die Bossies die verskil gemaak tussen ‘n tweede plek en ‘n derde plek op die punteleer. Die O/9-spannetjie en die tweede span het albei vasgebyt en mooi oorwinnings behaal. Die O/9’s het met 27 - 5 geseëvier en die tweedes het met ‘n drie in die doodsnikke van die wedstryd hul oorwinning van 21-19 beklink. Die O/10-spannetjie het met 5-24 verloor, die O/11’s met 0-17 en die derde span met 0-29. Die eerste span was baie ongelukkig en het net-net vasgeval met 12-15.

Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hierdie twee spanne en glo dat hulle die skool se naam hoog sal hou wanneer hulle in Junie aan die Limpopo-halfeindstryd gaan deelneem.

Rugby - Bosveld vs Krugerpark Dinsday 19 Mei 2015

 

TYD A-Veld B-Veld
13:30 - 14:15 0/10 BV vs KP J.Smit (KP) 0/9 BV vs KP C. de Sousa (KP)
14:20 - 15:05 2de BV vs KP W. Jv Niewenhuizen (KP)
15:10 - 15:55 0/11 BV vs KP J. du Plessis (BV) 3de BV vs KP P. Hugo(BV)
16:00 - 16:55 1ste BV vs KP H. Smith (Unie)

Bossies blink uit by Limpopo Proewe

Rugby ProeweRugby Proewe

 

Laerskool Bosveld Primary het vanjaar drie seuns opgelewer wat aan die finale proewe in Polokwane gaan deelneem het. Dit het sommer voor die wind gegaan met die Bossies, en aldrie is in die voorlopige oefengroep opgeneem om Limpopo te verteenwoordig.


Op Vrydag, 8 Mei het Links Mashabela sy kans behoorlik aangegryp tydens die O/12-proewe en nie minder nie as drie drieë gedruk wat definitief die keurders moes laat regop sit het. Hy is in die oefengroep van dertig spelers opgeneem wat later na 23 spelers verminder gaan word. Die Bossies hou styf duim vas dat Links ook in daardie uitgesoekte groepie sal wees.


Op Vrydag, 8 Mei het Links Mashabela sy kans behoorlik aangegryp tydens die O/12-proewe en nie minder nie as drie drieë gedruk wat definitief die keurders moes laat regop sit het. Hy is in die oefengroep van dertig spelers opgeneem wat later na 23 spelers verminder gaan word. Die Bossies hou styf duim vas dat Links ook in daardie uitgesoekte groepie sal wees.


Laerskool Bosveld Primary is baie trots op die seuns se prestasies en wens hulle sterkte toe vir die opwindende uitdagings wat nou vir hulle voorlê.

Bosveld veg dapper by Super 8 Toernooi

Super 8 Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary se Rugbyspanne het behoorlik hul man gestaan by die afgelope naweek se Super 8 Toernooi wat deur Laerskool Pietersburg-Noord aangebied is.


Die kompetisie was taai en daar was geen plek om weg te kruip nie. Die Bossies se O/9-,O/10-,O/11- en 1 ste spanne het met groot ywer deelgeneem en hulself teen die beste skole van ons provinsie getoets. Hoewel hulle onderskeidelik met twee gesamentlike vyfde plekke, ‘n vyfde plek en ‘n sesde plek tevrede moes wees, het elke seun hom uitstekend van sy taak gekwyt en die skool se naam hoog gehou.


Die Bossie afrigters kan tevrede voel met die ondervinding wat hul spanne opgedoen het teen sterk kompetisie en weet dat dit handig te pas kan kom in die komnende ligawedstryde volgende maand.


Laerskool Bosveld Primary wil graag sy dank uitspreek teenoor al die ouers wat so mooi saamgewerk het om hierdie toernooi te ondersteun en ook vir die feit dat hulle hul kinders beskikbaar gestel het om oor die langnaweek deel te neem aan die toernooi.

Rugby in Potties

Rugby rugbyRugby rugby

 

On Saturday, 14 March in a marvellous display of sportmanship and pride, an armada of Bossie rugby- and netball players boarded their busses and braved the big road towards Mokopane.

 

As always Laerskool Bosveld Primary provided each and every opponent with a formidable adversary. Eventhough team Bosveld had not been victorious in every game, they played well and many mental victories were won.

 

The highlites of the day are most certainly the 3rd team victory over Krugerpark with a tremendous 36-0, and the under 11 victory over Heuwelkruin in a titanic dash ending at a final score of 15-12 in the favour of Bosveld. We are very proud of our rugby players!

Bossies begin die Rugbyseisoen baie goed

Mnr. Jimmy du Plessis
rugby

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 7 Maart aan die Wateberg Streek se jaarlikse skeidsregtersdag deelgeneem met hul O/9, O/10, O/11 en 1 ste spanne. Die seuns het hul goed van hul taak gekwyt en het stewig vertoon ten spyte van die sterk opposisie. Die 1 ste span en die O/10-span het albei net-net verloor teen onderskeidelik Noordskool en Julian Muller. Die O/11-spannetjie het harde bene gekou teen Oosskool, maar het verskeie lesse uit die wedstryd geleer wat vorentoe baie handig gaan wees.

 

Die spannetjie wat die meeste uitgeblink het, was die O/9-span. Hulle het Koedoeskop met ‘n baie goeie telling verslaan en ‘n blink seisoen lê voor vir hierdie mannetjies. Die afrigters van hierdie spannetjie hoop om al die verwagtinge wat vir hulle geskep is ernstig op te neem en goeie prestasies te lewer.

 

Botswana rugby team play the u/11 rugby team

Mr. G. Pepler
Rugby

 

On Saturday, 28 February the u/11 rugby team of Laerskool Bosveld Primary was challenged to a rugby match by a combined team from Botswana consisting of the “Maun Puppies” and a team from Phikwe. What seemed like a usual u/11 match from the off-set, turned out to be an exceptionally exciting game of rugby. Both teams were out to dominate each other; the team from Botswana however got the last say after scoring their third try in the last minutes of the game. At match end the score stood at 15 – 12 in the favour of the visitors. The combined team from Botswana managed to play matches against Laerskool Ellisras and Laerskool Unitas as well, before returning home.

 

Bosveld vuur en vlam vir nuwe Rugbyseisoen

Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary het gedurende die naweek van 13 en 14 Februarie ‘n baie suksesvolle Rugbykliniek aangebied. Die oefengroepe van die O/11 – en 1 ste spanne het dit bygewoon. Hierdie seuns is touwys gemaak deur twee van die Blou Bulle se top laerskole afrigters, naamlik Jaco Snyman en Ben Maree. Die seuns en afrigters van Laerskool Bosveld is almal verryk met nuwe kennis oor die spel en verskeie tegnieke wat toegepas kan word om die Bossies se spel te verbeter. Laerskool Bosveld se afrigters en spelers sien uit na ‘n baie suksesvolle Rugbyseisoen in 2015.

rugby
Sebopi Semeo, Janco Lötter en Fannie Modimola

Bosveld Rugbyseuns blink uit!

L. Vorster

 

Die afgelope naweek van 9 en 10 Mei het 12 van Laerskool Bosveld Primary se o/12- en o/13-seuns aan die provinsiale proewe te Polokwane gaan deelneem. Harde wedstryde is gespeel en 3 van Laerskool Bosveld Primary se seuns is in die provinsiale spanne opgeneem. By die o/12- groep het Janco Lӧtter die provinsiale span gehaal en by die o/13-groep was dit Sebopi Semeo en Fannie Modimola. Laerskool Bosveld is baie trots op hierdie seuns en wens hulle sterkte toe met al die provinsiale wedstryde wat nog voorlê.

Bosveld staan hul man by Super 8

super 8

Op 11 en 12 April het Laerskool Bosveld Primary aan die Super 8-toernooi deelgeneem in Polokwane, waar Laerskool Pietersburg-Noord die gasheer was. Bosveld, Krugerpark, Thabazimbi, Louis Trichardt, Phalaborwa, Bergland en Lydenburg het almal ver gereis om hul staal te kom wys in ‘n wonderlike kompeterende naweek van rugby en netbal.

 

Ten spyte van die strawwe kompetisie het Bosveld se O/10-spannetjie ‘n eerste plek behaal in die netbal, terwyl die O/12-span ‘n derde plek behaal het. Bosveld het uiteindelik ‘n algehele derde plek met die netbal behaal.

 

In die rugby het die O/9-spannetjie ‘n baie goeie vertoning gelewer en vierde gekom. Die ander spanne het ook goeie rugby gespeel en egte Bossie-karakter getoon. Hoewel hulle minder suksesvol was, was die punteverskil baie klein in feitlik elke wedstryd.

 

Laerskool Bosveld wil hul rugbyseuns en netbaldogters bedank vir hul spontane deelname aan hierdie toernooi. Waardevolle wedstrydoefening is opgedoen teen strawwe kompetisie. Laasgenoemde feit gaan ‘n groot pluspunt wees vir al hierdie spanne wanneer daar in die liga- en uitspeelwedstryde meegeding gaan word.

Goeie gees lei tot rugbyfees

Mercia Joubert

Seuns wat hulle staal op die rugbyveld wys, juffrouens wat hulle spanne met luide toejuiging aanmoedig en ‘pom-pom’-meisies wat pragtige danspassies uitvoer, het bygedra tot naelbyt wedstryde tydens Laerskool Bosveld Primary se sewes-rugby. Altesaam 20-rugbyspanne het teen mekaar meegeding om uiteindelik die wenspanne op Donderdag, 20 Maart 2014, te kan bepaal.

 

Die wenners wat deur entoesiastiese juffrouens afgerig is was as volg: 0/9-Vikings (Juf W v Greunen), 0/10-Elephants (Juf L Marx), 0/11-Kiwis (Juf A Krügel), 0/12-Stormers (Juf S van Deventer) en 0/13- Crusaders (Juf M Joubert).

 

Pragtige medaljes was die beloning vir die wenspanne, terwyl hulle afrigters elkeen ook met `n medalje om die nek gepronk het. Vir Me Sonja van Deventer was die beslis `n hoogtepunt toe sy haar eerste sport-medalje in haar hele lewe ontvang het!

 

Baie dankie aan al die onderwysers wat die wedstryde behartig het, asook vir Bosveld se ouers vir die ondersteuning – soms is dit meer interessant om die pappas langs die veld dop te hou, in plaas van die seuns op die rugbyveld!