Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Oud Bossies - Ons hoor graag van Oud Bossies!

Skoolverlating-Henri Barnard

Goeiemore

Ek vertrou dat dit met u goedgaan met die lees van hierdie epos. Ek skryf hierdie epos met die doel om aan u en u personeel 'n yslike groot dankie te se vir al die hulp en ondersteuning wat ons ontvang het met ons kinders wat deel was van Laerskool Bosveld. Dit is met 'n baie seer hart wat ons afskeid moet neem, maar al die ervaring wat ons by hierdie skool opgedoen het, neem ons saam met ons.

 

Daar is so baie om voor dankie te se, maar ek dink die heel belangrikste is die ontginning van belangstelling in akademie en om dit verder te neem, wat hier ontspring het. Een so 'n voorbeeld is dat my seun Henri Barnard verlede jaar 'n aktiewe belangstelling begin ontwikkel het in Geskiedenis, veral in Antieke Egipte en historiese bevindinge aangaande die Boesmans. Ek het self die betrokke onderwysereres behoorlik bedank vir haar deeglike voorbereiding van die vak en dat dit my kind behoorlik gefassineer het, en ek glo selfs tot groter hoogtes sal inspireer.

 

'n Atlas wat hierdie jaar geleen is aan my seun, het nie net by huiswerk gebly nie, maar die produk is dat hierdie atlas tot die laaste detail gebestudeer is en die betrokke onderwyser het gehelp om hierdie nuuskierigheid geprikkel te hou. My ander seun was nou twee jaar terug gewees, en hy het in 'n onafhanklike seun ontwikkel met 'n sterk belangstelling in meganies en elektries. Grotendeels te danke aan al die onderwysers in Bosveld wat hom so aangemoedig het, soms geraas het, maar deurgaans hom bly aanspoor het. Dieselfde met Henri. Al die onderwysers het saam 'n eenvormige en dinamiese eenheid gevorm om hierdie twee van my ordentlik te help voorberei. Daar is nie een onderwyser wat ek alleen kan bedank nie. Ek moet almal bedank, want ek het empatie en belangstelling, omgee en verantwoordelikheid by elkeen ervaar. Op die sportveld het hulle gekompeteer, en daar is onderwysers wat hulle alles gegee het om hierdie kinders hulle potensiaal te kon laat bereik het. Dankie vir al die onderwysers wat hierdie talente kon raaksien, en dit help ontwikkel het. En al die kultuurbedrywighede asook die revues, my seuns het dit baie geniet. Hulle het vaardighede aangeleer en hulle is goed in dit wat hulle doen.

 

Ek is dankbaar en baie baie trots om deel te kon gewees het van Laerskool Bosveld. Die waardes wat my kinders hier geleer het, is deel van hulle menswees wat julle help slyp het.

 

Verskriklik baie dankie vir alles wat julle vir almal vir ons kinders gedoen het. Dit beteken ontsettend baie vir ons as ouers.

 

Ons hoop om nog baie van hierdie skool te lees, dit het diep spore in ons harte getrap

 

Vriendelike groete
Helen Barnard

Brief van Pierre

Wat `n goeie webtuiste - dit is fantasties om te kan lees van die skool wat nooit teleurstel nie!

 

Sterkte met die uitdagings in die opbouing van die volgende generasiewaardes!

 

Bossiegroete,
Pierre Jordaan Trotse oud-Bossie (Hoofseun 2003)

Brief van Riaan

Ek was van gr1 af tot std 5 in bosveld en wow hoe lekke is dit om vandag te sien hoe lyk daai mooi skool.

Dit is vandag 18 jaar terug wat ek in daai skool was en ho verlang ek om weer net te gan kyk hoe dit lyk daar.Ek het geleef vir sport en dit was bitter lekker om daar te gewees het ek het nou al my eie kinders waarvan 1 graad 1 toe gaan en ek se hom bosveld sal altyd die beste skool wees om jou skool loopbaan te begin.

Riaan Coetzee

Brief van Hanna

Goeie dag

Ek loop vandag deur "memory lane"...Ek was van 1987 tot 1991 in Laerskool Bosveld. Ek het nog steeds my vriende van destyds en sal seker nooit juf Parsons vergeet nie, sy was 'n fantastiese onderwyseres. So ook Mnr Alberts en al die ander onnies wat skool vir ons lekker gemaak het.

Baie dankie dat ons skool so mooi lyk en so goed opgepas word.

Baie voorspoed en seen

Groetnis Hanna