Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Olimpiades

Spelling-olimpiade wenners

Annie Krugel
Spelling-olimpiade

 

Die jaarlikse spelling-olimpiade van Laerskool Bosveld Primary het in die eerste week van Augustus plaasgevind. Graad-2 tot graad-7 leerders het flink geleer vir die olimpiade. Die leerders kon in Afrikaans of Engels deelneem. Die woorde is uit die nasionale spelling-olimpiade se spellys geneem. Dit beteken dat die Bossies se spelling gemeet kan word aan die nasionale standaard. Die woorde is op die Reading Rocket Program ingelees en die leerders kon die woorde op die rekenaar tik. Heelwat leerders het volpunte gekry en uitdunne is verlede week gehou om die kampioene te onderskei.


Die wenners per graad is as volg:
Graad 2:
Afrikaans medium: Wilmi van Rooyen
Engels medium: Lethabo Chale
Graad 3:
Afrikaans medium: Ashley Jansen van Vuuren
Engels medium: Anray Claasen
Graad 4:
Afrikaans medium: Suné Wagner
Engels medium: Kwena Morumudi
Graad 5:
Afrikaans medium: Roeld Uijs
Engels medium: Thando Skosana
Graad 6:
Afrikaans medium: Anika van Rooyen
Engels medium: Omphile Moagi
Graad 7:
Afrikaans medium:

Simoné Viljoen

Engels medium: Jonathan Marques

Twee Bossie Wêreldwyses beste in Limpopo

Mercia Joubert
Wêreldkennis-Olimpiade

 

Die jaarlikse Wêreldkennis-Olimpiade het op Donderdag, 21 Mei plaasgevind. ‘n Totaal van 222 graad 6- en 7- leerders van Laerskool Bosveld Primary het deelgeneem en die Bossies het behoorlik opslae gemaak met uitstaande prestasies. Wouter Stoop en Simoné Viljoen het onderskeidelik die tweede en derde plek in Limpopo behaal- uitstekende prestasies in ag genome dat duisende leerders jaarliks aan die gesogte kompetisie deelneem. Laerskool Bosveld Primary ontvang ook ‘n spesiale toekenning nl. Die Hall of Fame sertifikaat, op ‘n ranglys van 20-skole wat die besonderse toekenning ontvang het, was die Bossie vierde. Bogenoemde prestasies is weereens net ‘n bewys dat Laerskool Bosveld Primary se leerders op alle gebiede uitblink en nie terugdiens vir enige uitdaging nie.

Twee Bossie-wêreldwyses beste in Limpopo 2014

Mercia Joubert

Die jaarlikse Wêreldkennis-olimpiade het om Dinsdag, 27 Mei plaasgevind. `n Totaal van 48 graad 6- en 7- leerders van Laerskool Bosveld Primary het deelgeneem en die Bossies het behoorlik opslae gemaak met uitstaande uitslae. Die nasionale vraestel, opgestel en geadministreer deur prof Nico du Plessis van die Universiteit van die Vrystaat, bestaan uit 60 meerkeusige vrae en 10 oop vrae. Laerskool Bosveld Primary se hoofseun, Diehann Pretorius (83,53%) en hoofdogter, Tianca Engelbrecht (77,06%) het onderskeidelik die eerste en derde plekke in Limpopo behaal vir graad 7.

 

Vanjaar se Wêreldkennis –olimpiade vraestel het heelwat vrae gehad wat oor sport handel – so reg in Diehann se kraal wat `n kranige sportman en sportliefhebber is. Tianca wat meer ingestel is op akademie het gewys dat leergierigheid en `n wye belangstelling in die lewe beloon word. Graad 6- en 7-leerders skryf dieselfde vraestel en elke leerder wat aan die olimpiade deelgeneem het, ontvang `n pragtige sertifikaat.

 

Die volgende Wêreldkennis-olimpiade vind op 21 Mei 2015 plaas en Laerskool Bosveld Primary gaan `n daadwerklike poging aanwend om alle Graad 6- en 7-leerders te laat deelneem om sodoende die “Hall of Fame” toekenning te verower.

 

Spelling Olimpiade by Laerskool Bosveld Primary

Annie Krügel
Olimpiades

Die afgelope twee weke het die leerders van Graad 1 – 7 aan die jaarlikse Spelling Olimpiade deelgeneem. Elke leerder het die kans gekry om sy spellingvernuf te toets in die Rekenaarsentrum. Die leerders was goed voorbereid en het hul spellingwoorde ordentelik afgestof vir die geleentheid. Dit is heerlik om te sien hoeveel leerders hulle puik van hulle taak gekwyt het. Die graad 2’s was die beste voorbereid en het omtrent uitgeblink! Baie dankie aan elke onderwyser, leerder en ouer wat hard gewerk het om `n sukses van die Spelling Olimpiade te maak. Ons is trots op die Bossies wat sertifikate ontvang het.

 

The “landsdiens” and www.combined during 2010 and become the Bossie Kidz. The aim of the group is to establish good norms and value. The activities will focus on teaching learners to care about their community and environment. We stimulate creative thinking, caring for each other, the environment and the community as well as community involvement. Every term there are lots of fun activities to participate in! We assemble at the flagpole every second Monday afternoon at 15 :00. Each learner pays R 100 participate in all the fun activities.