Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Laerskool Bosveld Primary ondersteun CANSA

Meraai Grové

 

Mini Hokkie
Agter: Me Meraai Grové, Me Sonja van Deventer (Adjunkhoof) en Liam Lemboe
Middel: Anke Pretorius, Antionette Burger,Lanelle Vermaak, Sorina Nortje, Bronwyn van Rooyen, Koketso Kgasi.
Voor: Albert du Plessis, Neo Mophoto, Lola Ndlovu.

Die Leerlingraad van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 15 September 2018 aan die jaarlikse CANSA “Relay“ deelgeneem. Onder leiding van die Leerlingraad-voogde, Meraai Grové en Sonja van Deventer, het die leerders vasgebyt en die koue verdryf met hulle vrolike vasberadenheid. Ons is baie trots op die leerders wat hulle tyd gegee het om terug te gee aan die gemeenskap.

Die skool bedank die lede van CANSA vir hulle harde werk en ongelooflike toewyding. Laerskool Bosveld Primary hoop om die ander skole in die dorp by 2019 se CANSA “Relay” te sien.

Graad RR

 

Laerskool Bosvel Day Night Gold 16 September 2017

Neon Run 15 September 2017

Departementele aanstellings by Laerskool Bosveld Primary

Annie Krugel

 

Staff

Na `n lang gewag is Me Santjie Wolstenholme aangestel as DPS en Me Karin Meyers as DPO by Laerskool Bosveld Primary, effektief vanaf Januarie 2017. Hierdie twee dames los al `n paar jaar af in die bogemelde poste en doen uitmuntende werk. Die Bossies is trots op die twee flinke dames.

Bossie Nuus / Bossie News

Inbraak by LBP

Leoni Kruger
Mogol Pos

 

LEPHALALE - Laerskool Bosveld Primary was die afgelope naweek (Vrydag 3 Junie) die jonste slagoffer van 'n reeks inbrake by skole in Limpopo waarvan die modus operandi dieselfde blyk te wees.

 

Volgens Louwtjie Pretorius, skoolhoof van Laerskool Bosveld Primary, wou een van sy personeellede Saterdagoggend iets by die skool gaan haal toe sy sien die kantoorblok en die ontvangsarea se deure staan oop.

 

Louwtjie sê die inbrekers het deur die dak gebreek en was hoofsaaklik op soek na rekenaars en geld. Die kluise is oopgebreek met 'n hoekslyper en skootrekenaars is gesteel. Pretorius sê die booswigte het geen kontant gestel nie, omdat die kontant elders was. Die grootste skade is aangerig aan die deure en kluise wat oopgebreek is en weer herstel moet word.

 

Hy sê volgens sy kennis is daar binne die laaste drie weke in byna 10 skole in Limpopo op dieselfde manier ingebreek en rekenaars en geld gesteel.

 

Teen druktyd was daar nog nie 'n waardebepaling van die skade gedoen nie.

 

Die saak word ondersoek deur Lephalale SAPD.

InbraakInbraak
InbraakInbraak
Inbraak

Herwinningsprojek

Sarie Pretorius
Herwinningsprojek

 

Baie dankie aan al die leerders van Laerskool Bosveld Primary wat sakke vol leë plastiekbottels en blikke gebring het vir die herwinningsprojek. Die leerders het `n maand lank tyd gehad om herwinbare bottels en blikke bymekaar te maak. Daar was oor die 800 sakke wat herwin kan word.

 

Die leerders het bewys dat hulle passievol is om hul omgewing en natuurlike hulpbronne te bewaar deur die ekstra myl te stap met die projek. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Bossie-Gr. R leer speel-speel

Colette du Plessis
Gr RReading Rocket

 

Maandae is nooit blou vir die Gr. R leerders van Laerskool Bosveld Primary nie. Hul kan gewoonlik nie wag om rekenaarklas toe te gaan nie. Op 'n speelse manier leer hul nie net hoe 'n rekenaar werk nie, maar doen ook voorbereidingsoefeninge vir lees om hul gereed te maak vir Gr.1. Dit sou darem lekker gewees het as elke dag 'n Maandag was. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Bossies leer oor slange

Corné de Swardt
Grade R

 

Reptile Rescue het Vrydag, 18 September die Gr. R-leerders van Laerskool Bosveld Primary besoek. Hierdie praatjie was baie interessant en die leerders het interessante goed geleer oor gevaarlike slange en hoe hul lyk.
Hulle is gewaarsku om nooit aan slange te raak nie en altyd 'n volwassene te roep indien hul 'n slang opmerk. Daar is ook aan die leerders verduidelik waarom slange nie dood gemaak moet word nie, maar eerder gevang moet word om gemelk te word, vir teengif wat weer lewens kan red.


Laerskool Bosveld Primary leerlingraad-kamp te Sebe Sebe Lodge

Henry Smith
Gholf

 

Die leiers van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek `n leierontwikkelingskamp bygewoon. Die kamp was by Sebe Sebe Lodge - diep in die bos op die Botswana grens, langs ‘n droë Limpopo rivier, maar die leerders se gesprekke en energie was alles behalwe droog! Daar is belangrike besprekingspunte in oënskou geneem, nl. hoe om te kommunikeer, ‘n voorbeeld vir ander leerders te wees en om altyd die regte ding te doen.


Laerskool Bosveld Primary is baie trots op ons leiers, wat na ‘n lang dag op die atletiekbaan, nog op ‘n bus geklim het om die kamp by te woon.


Daar was gelag en geswem en ‘n hofsaak is gehou. ‘n Goue toutjie is gespan tussen die leerders met een van die kommunikasie praatjies om `n konneksie te illustreer. As een leier nie sy werk doen nie, dan kan die hele groep daaronder lei, daarom is spanwerk so belangrik en hulle doelwit vir 2016 goeie kommunikasie.


Leerders het Vrydag-aand self gebraai en om daai vleisie net reg te braai volgens smaak, was ‘n ander storie!


Die Bossies bedank Dominee Bernard van die Hervormde gemeente van Onverwacht vir sy konstruktiewe werksessies met die leiers. Groot dank aan Sebe Sebe Lodge vir hulle gasvryheid en vriendelike diens. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Graad 7 Afsluiting

Simoné Viljoen
Graad 7

 

Uit die oog van `n graad-7 leerder:


Na die jaar se harde werk, was dit vir ons baie lekker om uiteindelik te hoor die jaar is verby! Daar is tog `n bietjie van `n tranerigheid om te dink dat dit ons laaste week in die Laerskool is...


Die graad 7-afsluiting wat op 18 November by Panarottis plaasgevind het, was soos `n finale afsnypunt, die besef dat die jaar nou verby is.


Nietemin, was die afsluiting ongelooflik lekker. Ons het `n keuse gehad tussen ham, spek of hoender pizza, elkeen het `n groot glas koeldrank gekry en dan was daar nog heerlike roomys na die tyd! Met `n afsluiting was die jaar `n definitiewe sukses. Persevera!


After this year’s hard work, we were excited to hear that 2015 was finally finished, although there is a bit of a sad atmosphere, due to the realization that it’s our last week in Primary school…


Never the less, the function was awesome! We had a choice of which pizza we wanted to eat, and we all had a huge soft drink. Ice cream was the perfect way to finish off.


The Grade 7’s just want to thank the teachers who organized everything and for all their hard work and support. Panarottis made this day special. Persevera!

Bossies verf Pretoria rooi!

M Pepler
Gr7

 

Op die 25ste Augustus toe die meerderheid Bossies nog onder Klaasvakie se towerspreuk was, het die Gr 7`s van Laerskool Bosveld Primary die lang pad na die stad se liggies aangepak. Daar gekom was die eerste prioriteit sommer onmiddellik vet pret, en `n uitstappie na Pretoria dieretuin het daarvoor gesorg.


Ander uitstappies sluit onder andere `n fliek aand, die Voortrekker Monument en natuurlik ook die ysskaatsbaan in waar dié Limpopoane heel in hul noppies gelyk het. Al die blou kolle en stukkende plekke is stille getuienis van `n onvergeetlike aand waar daar heerlik gelag is, maar ook baie hard geval is.


`n Besoek aan die Brandweer het vinnig opwindend geraak toe `n noodtoestand skielik ontstaan het en selfs die brandweerwa reg voor die graad 7`s opgekommandeer is. So ook was hul Kgosi Mampuru gevangenis toe om touwys te raak oor die “binnekant”.


Gold Reef City het verseker geen teleurstelling veroorsaak nie al was menige se bloeddruk gevaarlik hoog. Die “Tower of Terror” en “Anakonda” het veral opslae gemaak onder die brawes.


Regdeur die toer het `n Bossie-gees geheers, dit was byna onmoontlik om nie elke oomblik te geniet nie. Dankie aan die personeel, mee. C de Swardt en M. Joubert, asook mnre. Jimmy du Plessis en M. Pepler wat die toer saam met die graad 7`s meegemaak het. Dit verg min slaap en baie toewyding om 103-leerders te versorg en met deernis te behandel vir seerplekke en “hartsplekke”. Welgedaan, Bossie personeel en baie geluk aan die graad 7-leerders met pragtige , verantwoordelike gedrag.

Brandweer besoek Laerskool Bosveld Primary

Colette du Plessis
Gr. R - Brandweer

 

Met groot opgewondenheid het die Gr. R en Gr. 1-leerders van Laerskool Bosveld Primary Vrydag, 31 Augustus uitgesien na die brandweer se besoek.


Die groot rooi brandweerwa het die leerders se verbeelding aangegryp. Elke Gr. R leerder het ook die geleentheid gekry om met die brandslang te spuit. Na afloop van die besoek was dit duidelik dat menige seuntjies eendag brandweermanne wil word.

Nuwe Bossie-meneer vertel `n bietjie van homself . . .

Mnr Henry James Smith
Henry Smith

 

Mnr Henry is gebore in Pretoria en was ook daar op Laerskool. Hy het sy Hoërskooljare deurgebring by Wagpos landbouseunsskool in Brits. Hy het in Potchefstroom onderwys geswot. Hy is al 15 jaar in die onderwys waar hy verskeie poste beklee het as onderwyser naamlik: Hoof van sport by Laerskole, “Director of sport at High school” en “Head of department of a Primary school”. Hy het ook al waargeneem as `n Adjunkhoof.

 

In Sport het hy Provinsiale- en streeks-spanne afgerig onder andere rugby en hokkie asook is tans op die Top 10 rugby skeidsregterspaneel van Limpopo Bloubulle. Hy is ook `n rugby skeidsregter by die senior Rugby unie Limpopo Bloubulle.

 

He really enjoys working with children, and to be part of those light-bulb moments in the classroom and on the sports field, it is a humbling gift from God every time.

 

Hy geniet dit om skool te hou, maak nie saak watter vak hy aanbied nie. Alle fasette rond-om sport is sy groot liefde.

 

He always tries to be a team player and enjoys working and growing spiritually with his fellow teachers. Hy sê:”Ek sien uit na my ’journey’ by Laerskool Bosveld Primary. Ek voel alreeds so gemaklik en tuis”.

Gr 6-leerders besoek Jubaweni

H Smith
Gr 6 LeerdersGr 6 Leerders

 

Dit was weer Oos-kamp tyd in Augustus en die Gr 6-leerders het soos gewoonlik die pragtige Jubaweni veldskool kampterrein oorgeneem.


Daar was hope energie die oggend toe daar van die skool af vertrek is, die busse was vol saggies praat en planne maak stories, maar Vrydag, na `n baie suksesvolle kamp is 102, baie flou leerders weer veilig aan hulle ouers terugbesorg.


Daar was nie baie geslaap nie en die leerders het in die veld oornag en ook `n nagmars ervaar. Vanjaar se Oos-kamp sal bekendstaan as die week van baie stap, daar is op een dag meer as 12km gestap in die veld en dik sand.


New friendships were formed between all the learners because of how they were divided in groups. There was ‘klei-lat’ fight at the muddy dam and also a lot of swimming after every long, sunny afternoon activity.

Bossie-onnies vier Bosveldfees se 30 ste verjaarsdag

Colette du Plessis
Bosveldfees

 

Veels geluk liewe Bosveldfees, omdat jy verjaar...... Dis vir Laerskool Bosveld Primary 'n groot voorreg om deel te wees van die Bosveldfees se 30ste verjaarsdag.

 

Laerskool Bosveld Primary se vriendelike personeel is weereens reg om hierdie jaar op die 8ste en 10de Julie die Bosveldfees hekke te beman. Die hekgelde beloop R30 per laerskool kind en R70 per volwassene. Voorskoolse kinders is gratis. Ons hoop om julle almal daar te sien!

Mnr Louwtjie – “Leeutjie” verjaar op kleurryke wyse op 4 Mei 2015

Mercia Joubert
Mnr Louwtjie Verjaar

 

`n Hoof lê die toekomspad uit met wysheid en begrip. Hy gee daagliks van homself, bou karakter, dra kennis oor en sluit die deur na die toekoms vir sy leerders oop, daarom het mnr Louwtjie Pretorius van Laerskool Bosveld Primary, Maandagoggend tydens saalopening, verdien om oorlaai te word met seën wat uit kinderharte gekom het. Die koor van Laerskool Bosveld Primary het hom ook op luisterryke wyse toegesing met `n lied wat spesiaal aan hom opgedra is. Die hele skool was in rooi getooi, aangesien mnr Pretorius `n vurige Leeu-ondersteuner is - `n kleurvolle bederf aan `n besonderse hoof wat vreugdevolle kleur aan die personeel en leerders van Laerskool Bosveld Primary se lewe gee.

Reading Rocket leerders vorder fluks!

Annie Krügel
Reading Rocket

 

Laerskool Bosveld Primary leerders word beloon vir hul leesvernuf. Elke kwartaal word Reading Rocket sertifikate toegeken aan leerders wat op hul leesspoed en leesvlak vir hul ouderdom is. Leerders wat bo hul ouderdomsvlak presteer ontvang ook `n sertifikaat. Hierdie leerders werk baie hard om hulle leesvermoë te verbeter en pluk die vrugte van hulle arbeid.

 

Lees is een van die belangrikste aspekte van skoolopleiding en beinvloed elke leervak. As `n kind met begrip kan lees en ook woorde maklik erken, vorder hy in die algemeen beter as leerders wat nie genoegsame woordeskat onder die knie het nie. Ons moedig ouers aan om vir kinders boeke te koop en sommer elke dag saam met hulle kinders `n heerlike storie te lees. Ons is trots op ons Bossies!

2014 NASP All Star Africa Championship

D Odendaal
Boogskiet

 

Vier leerders van Laerskool Bosveld Primary is gekies vir die 2014 National Archery in the Schools Program se Suid-Afrikaanse ontwikkelingspan. Die leerders is Levi Pienaar, Lynette Sakala, Safdar Williams en Nkazi Nkosi. Hierdie leerders gaan die naweek van 10 en 11 Oktober 2014 aan die 2014 NASP All Star Africa Championship by Shikwaru Lodge in Limpopo deelneem. Dit sal ook die eerste All Star Africa Championship wees wat in Suid-Afrika gehou word. Lande wat aktief deelneem aan NASP is Amerika, Kanada, Australiё, New-Zeeland, Suid-Afrika, Namibiё, Zimbabwe, Botswana, Mongoliё en Engeland. Ons vertrou dat dié leerders ons provinsie se naam hoog sal hou by hierdie geleentheid.

 

Bosveld se rugbyspanne vertoon goed op Marble Hall

Jimmy du Plessis
rugby

 

Laerskool Bosveld se rugbyspanne het die afgelope vakansie aan die rugbyweek by Marble Hall gaan deelneem om hul voor te berei vir die veeleisende seisoen wat voorlê. Die O/11-, 1 ste- en 2 de spanne het vanaf 27-29 Maart gaan toer en die 1 ste span het drie van hul vier wedstryde gewen. Die O/11- en 2 de spanne het ook goed vertoon en albei twee goeie oorwinnings behaal.

 

Die O/9- en O/10 spannetjies het op hul beurt vanaf 31 Maart tot 2 April ook by Marble Hall gaan deelneem aan hierdie gewilde rugbyweek. Die O/9-spannetjie het twee goeie oorwinnings behaal, terwyl die O/10-span een goeie oorwinning behaal het waarin waardevolle wedstrydoefening opgedoen is.

 

Laerskool Bosveld Primary is opgewonde oor die seuns se karakter wat hulle op die bogenoemde toere ten toon gestel het en sien uit na ‘n suksesvolle Rugbyseisoen.

TENNIS

Ivanna Viviers
Tennis

 

Laerskool Bosveld Primary is proud to announce that one of our leading tennis players, Maud Tsaura, competed in the TSA tournament in Middelburg on 21 – 23 March 2014. Although Maud is an u/12 player, she ended third in the u/14 section of the girls’ singles. Well done, Maud! We are looking forward to excellent tennis results from you in future.

SPANBOU

Team
T.E.A.M = Together Everyone Achieves More

 

Die skoolleiers van Laerskool Bosveld Primary het op Vrydagmiddag, 7 Maart 2014, `n spanbou bygewoon in die skool se saal. Die skoolleiers wat dit bygewoon het, was die snoepie, media, rekenaarsentrum en skolierpatrollie. Ongeveer 54 leerders het aan die spanbou deelgeneem. Die programleier was Ds Jannie van die NG-Wes gemeente langs die skool. Die spanbou was daarop gemik om die skoolleiers te leer om as `n span saam te werk. Die kinders het dit baie geniet en Ds Jannie was `n briljante spanleier!

 

Ons skoolleiers is nou slaggereed om as `n span saam te werk en te verseker dat hul puik diens aan Laerskool Bosveld Primary lewer.