Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Netbal / Netball

Bossie-proteas skitter by Limpopo-uitspele

D. Gouws

 

 

Laerskool Bosveld Primary se O/12-netbalspan het gekook by vanjaar se Limpopo-uitspele wat op Vrydag, 31 Mei 2019 plaasgevind het. Die dogters het puik wedstryde gespeel teen o.a. Tzaneen, Oos- en Noordskool en Phalaborwa. Die netbalsterre het dit reg gekry om algeheel tweede te eindig toe hulle naelskraap teen Oos-Skool in die finaal verloor het. Hulle sal op 26 en 27 Julie te EG Jansen (Boksburg) aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem!

Sterkte dogters, die skool en die dorp hou vir julle styf duim vas!

Netbal presteer by Liga

Sarie Pretorius

 

Keabetswe Mabotja 0/12

 

Laerskool Bosveld Primary se o/12 netbalspelers het Liga-wedstryde op Donderdag, 16 Mei 2019 gespeel teen Laerskool Thabazimbi en Laerskool Platina.

Die Bossie-spelers het 10 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel. Die skool is trots op elke speler wat haar bes doen.

LBP se netbal skitter

 

 

Op 17 April 2019, het Laerskool Bosveld Primary teen Laerskool Warmbad en Laerskool Eenheid te staan gekom. Die Bossies het hulle goed van hul taak gekwyt en al agt hulle wedstryde met gemak gewen.

Die o/10’s wen 24-0 teen Warmbad en 25-5 teen Eenheid. Die o/11’s wen 27-0 teen Warmbad en 13-0 teen Eenheid. Die o/12’s wen 25-1 teen Warmbad en 36-4 teen Eenheid. Die oopspan wen 23-6 teen Warmbad en 30-11 teen Eenheid. Ons is trots op ons netbal dogters! Hou so aan!

Bossie-netbal vang en gooi ‘n EERSTE plek by Super 8

D. Gouws

 

Vlnr Tsholofelo Makoena; Hlogi Seloba, Juf M Grobler, Kailyn Everton, Juf Leigh-Anne Bouwer, Jo-Mari Human
Voor vlnr Mokgaetsi Rankapole , Tumi Nage , Isabel du Plessis , Kayla-Leigh van der Merwe

 

Dit is senutergend, naels word gekou en hare word uitgetrek - Super 8 te Noordskool, Polokwane!

Die Bossie-netbalspelers en afrigters het Vrydag, 12 April na Noordskool vertrek waar hul op PHS asook Noordskool se bane meegeding het vir die groot titel. Vanjaar spog die Bossies met die O/9-span wat ‘n eerste plek behaal het en die O/12-span wat tweede plek verower het.

Laerskool Bosveld Primary se Bossie-sterre is reg vir die liga wat Dinsdag plaasvind teen Laerskool Ellisras vir “bragging rights” in die dorp!

Dr. Elsje Jordaan - Sinoniem met SUKSES - 'n Naam om vir altyd te onthou

D. Gouws

 

Die Bossies se netbaldogters- en afrigters het die ongelooflike voorreg te beurt geval toe hulle op 15 Maart 2019 na Zwartkloof Game Lodge vertrek. Met die tema van die jaar "Dit begin by MY!" het die Bossie-afrigters en spelers nie net meer van die spel geleer nie, maar ook sommer 'n paar motiveringspraatjies gehad. Dit was definitief 'n toer om nog lank oor te praat en die Bossie-afrigters sien met afwagting uit na die Super 8-naweek, asook die liga wat amper afskop!

Bossie-netbal kook!

Me. J Adamson

 

Die O/13 A span wat opwarm

 

Die Bossie-netbal dogters het op 11 Maart 2019, kans gekry om te woeker met hulle netbal talente by Laerskool Krugerpark in Mokopane. Met verskeie skole reg oor Limpopo was die kompetisie maar straf. Tog het Laerskool Bosveld Primary se Bossies nie gaan lê nie.

Geleenthede is geskep sodat die onderwysers elke netbal dogter op die netbalbaan kon sien speel en die regte posisies te allokeer.

Alhoewel gemengde suksesse behaal is gee die Bossie-netbal dogters nie op nie. Die skool sien uit na die seisoen wat vir ons voorlê!

Bossies is aan die brand so met die hittegolf die naweek

Me. A. Enslin

 

Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek kans gekry om te woeker met hulle netbal talente by Koedoeskop. Alhoewel dit baie warm was, was die Bossies aan die brand tydens die netbalwedstryde en het uitmuntend gespeel. Skeidsregters van talle skole het die geleentheid gehad om hulle skeidsregters kennis te kon toets tydens die wedstryde en is gegradeer op grond daarvan.

Uit die sestien wedstryde wat gespeel is, het die Bossie netbal dogters twaalf wedstryde gewen, drie verloor en een gelykop gespeel. Die onderwysers van Laerskool Bosveld Primary het ‘n goeie idee gekry of elke dogter in die korrekte posisie speel. Die komende naweek speel die Bossies te Krugerpark en die skool sien uit daarna om die spanne voor te berei vir die Ligas wat in volgende kwartaal plaasvind.

Baie sterkte aan elke afrigter wat moet gradeer en baie geluk aan die Bossie dogters met hulle goeie resultate vir die heel eerste byeenkoms van die jaar. Die skool sien uit na die seisoen wat voorlê!

Bossie netbal neem deel aan Limpopo kampioenskappe

M Grové

 

Laerskool Bosveld Primary se o/11, o/12 en o/13 netbalspanne het Vrydag, 1 Junie 2018, aan die Limpopo kampioenskappe deelgeneem in Tzaneen. Die kompetisie was baie sterk maar die dogters het hulle beste gelewer en die afrigters baie trots gemaak.

 

Die 0/11 span wen 4 wedstryde en speel uit teen OOS-skool. Aan die einde van die wedstryd is die telling gelykop en ekstra tyd word gegee. Die meisies gee hulle beste maar verloor met `n telling van 5 -3. Die o/11 span is Limpopo-naaswenners. Die netbalseisoen eindig op `n hoë noot en die Bossies sien uit na 2019. Dankie vir elke dogter se toewyding en harde oefening deur die seisoen.

Vaalwater Laerskool meet kragte met Laerskool Bosveld Primary

Dune Gouws

 

Laerskool Bosveld Primary se O/11 en O/13 A netbalspanne het op Dinsdag, 22 Mei 2018 meegeding teen Laerskool Vaalwater. Dit was 'n lekker dag vol sportmangees en Laerskool Bosveld Primary het albei wedstryde gewen. Dankie aan Laerskool Vaalwater vir julle positiewe gesindheid en sportmangees.

Netbal 17 Mei teen Laerskool Thabazimbi

Leigh-Anne Bouwer

 

Op Donderdag, 17 Mei 2018, het Laerskool Bosveld Primary kragte gemeet teen Laerskool Thabazimbi in nael-byt netbalwedstryde hier op Bosveld se sportterrein. Bloed, sweet en trane het gesorg vir senutergende wedstryde en gemengde oorwinnings. Speelsters, afrigters, sowel as die ondersteuners se harde werk het alles vrugte afgewerp en gelei tot die sukses van die middag. Bossies jul maak ons trots!!

Die Bossies het die bytjies omtrent ‘n les, of twee geleerl

D Gouws

 

Laerskool Bosveld Primary se netbalspanne het Donderdag, 3 Mei te Laerskool Ellisras meegeding vir “bragging rights” wie die beste netbal-skool in die dorp is. Die Bossies het stof in die buurskool se oë geskop deur 7 uit 8 wedstryde te wen. Die Eerstespan van Bosveld het dus naelskraap gewen, en gesorg vir ‘n senutergende, tog briljante wedstryd om te aanskou. Hou so aan Bossies, eendag speel julle almal vir die Proteas! Dankie aan Laerskool Ellisras, vir `n goeie dag en sportmangees.

 

Dit is nie net Laerskool Bosveld Primary se netbal-dogters wat presteer op die netbalbaan nie, maar ook die afrigters. Michelle de Nysschen, Wiidke Cronk en Lizbe du Toit behaal hulle Provinsiale gradering as skeidsregter op 2 Mei 2018, te Polokwane. Die skool is baie trots op die onderwysers wat hul staal op sportgebied wys. Dit is `n eer om julle as deel van die Bossie-onniespan te hê.

Netbal

Meraai Grové, Wiidke Cronk

 

Drie spelers van Laerskool Bosveld Primary het op Woensdag, 2 Mei 2018, deelgeneem aand die provinsiale proewe wat in Polokwane plaasgevind het. Die proewe was taai en die spelers het hul goed van hul taak gekwyt. Laerskool Bosveld Primary is baie trots op Patunia Makgae, wat opgeneem is in die 0/13 Provinsiale Limpopo span. Harde werk, baie oefening en deursettingsvermoë, het hierdie Bossie-ster laat skitter.

Bossies gekies vir distrik proewe.

M Grové

 

Baie geluk aan die netbal-spelers van Laerskool Bosveld Primary, wat aan die distrik-proewe deelgeneem het op 11 April 2018 te Krugerpark. Die spelers wat deurgedring het is: Lanelle Vermaak, Morakane Matsoma en Patunia Makgae.

 

Baie sterkte vir die volgende rondte te Polokwane op 2 Mei 2018. Die Bossies hou styf duim vas vir julle!

Super 8 netbal

J Adams

 

Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek aan die Super 8 in Polokwane deelgeneem.

 

Al was die kompetisie straf, met gemengde suksesse, eindig Bosveld se netbal-spelers met ‘n algehele 4de plek.

 

Knap gedaan dogters! Laerskool Bosveld Primary sien baie uit na die liga seisoen wat voorlê.

Laerskool Bosveld Primary se netbal-dogters gaan op toer

Leanè Snyman

 

Die afgelope naweek van 16 tot 18 Maart 2018, was Laerskool Bosveld Primary se O/10 tot O/13 netbal-dogters by Jubaweni vir `n netbal-toer.

 

Alhoewel dit soms gereën het, het die spelers dit steeds baie geniet. Die spelers is bederf met die aller heerlikste kos. Al die personeel by Jubaweni was baie aangenaam en het die spelers bederf.

 

There was ample time to do other team building activities like swimming, a night walk and as a treat, a few game drives.

 

Die mense van Jubaweni het ons ook baie nuwe netbal tegnieke geleer. Die skool sien vreeslik uit daarna om in Augustus maand met die graad sesse se Oos – Kamp weer daarheen te gaan!

 

At Jubaweni the players learned to work together as a mean team – always doing their best. The players never stopped smiling and is very motivated to win each future game. The players would like to thank Laerskool Bosveld Primary for this inspiring tour.

Bossies play netball at Kruger Park

Zoe-Lee Verwey

 

On the 10th of March the under 9-13 netball girls travelled to Laerskool Krugerpark to participate in a day filled with action packed fun.

 

The learners faired well, with many wins against tough competitors. As a school we ae incredibly proud of all of our netball girls. Yes- Bossies can!

Netbalproewe te Laerskool Bosveld Primary

M De Nysschen

 

Baie geluk aan al die o/12 en o/13 netbalspelers van Laerskool Bosveld Primary wat op 7 Maart aan die Streekproewe deelgeneem het en almal deurgedring het na die Distrikproewe op 22 Maart. Baie sterkte - ons hou vir julle duim vas.

Limpopo netbal kampioenskappe

Wiidke Cronk

 

Netball

Op 2 Junie 2017, het Laerskool Bosveld Primary se onder-11 en onder-13 netbal-dogters aan die Limpopo Netbal Kampioenskappe te Polokwane (Pietersburg) deelgeneem.

 

Die dogters sluit die netbalseisoen op ‘n hoë noot af. Die onder-13 span behaal ‘n derde plek in hulle “pool” en die onder-11 span behaal ‘n vierde plek op die kampioenskappe. Ons is trots op elke dogter, dankie vir julle harde werk die seisoen.

Bossies se Netbal-dogters skitter op Super 8.

Wiidke Cronk

 

Netbal

Die afgelope naweek van 21-22 April het Laerskool Bosveld Primary se rugby en netbal spelers aan die jaarlikse Super 8 toernooi in Pietersburg deelgeneem.

Laerskool Bosveld Primary se netbal-dogters het behoorlik geskitter op die baan, drie van ons spanne behaal ‘n derde plek in hul ouderdomsgroep en die netbal behaal ‘n algehele derde plek op super 8.

Ons is baie trots op al ons netbal-dogters, julle was puik. Dankie aan elke afrigter en speelster se harde werk, ons het die vrugte gepluk!

Bossies gaan groot

M Pepler

 

NetbalRugby

Op Saterdag, 11 Maart 2017, het Laerskool Bosveld Primary se Netbal -en Rugbyspanne opgetrek na Mokopane om kragte te gaan meet te Laerskool Krugerpark.

 

Bosveld se rugbyspanne het te staan gekom teen Polokwane se Noordskool, en dit was tydens dié kragmeting dat die onder 9 Bosveld-span hulself bewys het met `n puik resultaat van 17-5.

 

Laerskool Bosveld Primary se Netbalspanne het die kersie op die koek geplaas. Hulle het 21 wedstryde gewen. Hierdie veteraan-Netbalspelers het die baan deurgaans verower en wen die meeste van hul wedstryde. Laerskool Bosveld Primary se afrigters is gemotiveerd, positief en het beslis rede om uit te sien na `n opwindende en suksesvolle seisoen.

Bossies at SA schools Netball championships

Deoné Barnard
Netbal

Laerskool Bosveld Primary’s under 12 netball team participated at the annual South African Netball Championship hosted in the Western Cape. They participated at Kuilsrivier from 29 to 30 July against 20 other teams from around the country.

 

Die Bossies speel in totaal 9 wedstryde en behaal ‘n algehele 12de plek uit die 21 verteenwoordigende skole. Elke dogter het haar hart uitgespeel en die wedstryde volstoom aangedurf. Dit was ‘n besondere ervaring. Hulle goeie prestasie kan toegeskryf word aan harde werk en getroue oefening. Dit was vir die span voorwaar ‘n voorreg om deel te neem aan die kampioenskappe en het elke oomblik daarvan gekoester.

 

The u/12 girls and their coaches, Mrs Sarie Pretorius and Bets Kruger will be working hard and looking forward to the 2017 season! A big thank you to all the sponsors that made this team’s dream come true.

Netbal kampioenskappe

Netball

Laerskool Bosveld Primary se o/12 netbalspan vertrek more Kaap toe om aan die nasionale netbal kampioenskappe deel te neem. Hierdie spelers het die hele vakansie hard geoefen om seker te maak dat hulle topfiks, en reg vir aksie is.

 

Die span is slaggereed vir hulle avontuur. Die baadjies is deur Engen geborg. Die spelers en afrigters sien uit daarna om op nasionale vlak deel te neem en dit is vir hulle `n groot voorreg.

Oppad SA skole Netbal Kampioenskappe toe!

Deoné Barnard
Netball

 

Laerskool Bosveld Primary se 0/12-netbalspan het Vrydag, 3 Junie 2016, deurgedring na die Suid Afrikaanse Skole Netbal Kampioenskappe einde Julie in die Wes Kaap.

 

Die dogters het tydens die afgelope Limpopo Skole Netbal Kampioenskappe te Tzaneen, weggestap as die 0/12-Limpopo wenners. Die deelnemende skole was Dr Annecke, Noord- en Oos skool, Krugerpark, Julian Muller, Tzaneen en Louis Trichardt. Bosveld het deurgedruk en ‘n senutergende eindstryd teen Oos skool gewen met 10-8 om as algehele wenners weg te stap.

 

Voorwaar ‘n trots en eer vir elke dogter wat gespeel het, asook hulle afrigters Bets Kruger en Sarie Pretorius. Nou is dit volstoom vorentoe ter voorbereiding vir die SA Kampioenskappe!

Bossie-netbal skitter!

Duné Gouws
Netbal

 

Laerskool Bosveld Primary se netbal is vanjaar van uitstaande gehalte! Op Donderdag, 19 Mei 2016, het die o/10 – o/13 A- en B netbalspanne na Laerskool Ellisras vertrek vir hul laaste liga-wedstryde van die jaar teen Laerskool Ellisras en Laerskool Eenheid. Die dogters het almal besonder goed gevaar, en slegs een wedstryd te verloor teen L/S Ellisras, en twee wedstryde gelykop te speel teen Eenheid. Die afrigters en skool is baie trots op die speelsters wat vanjaar so hard oefen en volhard.

Laerskool Bosveld Primary se netbaldogters skitter op die netbalbane!

Sarie Pretorius
Netbal

 

Laerskool Bosveld Primary se o/10 tot o/13 A en B netbalspanne het Dinsdag, 3 Mei 2016, teen Laerskool Warmbad gespeel. Die spanne het geskitter op die veld en die dogters het sewe uit die agt wedstryde gewen. Hou so aan Bossies, julle woeker op die baan!!

 

Mokgadi Tlhako en Charlize du Plessis is gekies vir die Netbal Limpopo-span

Bossie + netbal = KOOKWATER!

NetbalNetbal

 

Die O/10 tot- en O/13 A en B netbalspanne het Dinsdag, 26 April 2016, 'n tuiswedstryd teen Laerskool Nylstroom gespeel en amper al hul wedstryde gewen. Die Bossies sien uit vir die res van die seisoen!

Laerskool Bosveld Primary speel liga

Duné Gouws
Netbal

 

Laerskool Bosveld Primary se o/10 en o/13 A- en B-netbalspanne het Donderdag, 21 April 2016, vertrek na Laerskool Krugerpark vir liga-wedstryde. Die spanne het gemengde welslae behaal, maar die Bossies is positief en opgewonde vir die res van die seisoen wat voorlê!

Super 8 netbal kampioene!

Sarie Pretorius
Netbal

 

Die afgelope naweek het die jaarlikse Super 8 sportbyeenkoms te Polokwane weer pragtige prestasies opgelewer.

Die kampioene was die O/12 dogters, wat as wenners vir drie jaar in 'n ry gekroon is en die O/13's het tweede geëindig. Die O/9 dogters het 3 van hul 4 wedstryde gewen. Die O/10 en O/11-spanne het naelskraap verloor.

Aan die einde van die toernooi het die netbal `n algehele 3de plek verower. Baie geluk aan al ons dogters en afrigters vir puik prestasies. Bou so voort vir die res van die seisoen.

Laerskool Bosveld Primary netbal dogters deur na proewe.

Duné Gouws
Netbal

 

Laerskool Bosveld is baie trots op die o/12 en o/13 dogters wat deur is na die volgende rondte van die Limpopo netbalproewe en ons wens hulle alle sterkte toe!

O/12:
Kitso Mocheko
Charlize du Plessis
Mokgadi Tlhako

O/13:
Anika van Rooyen
Kahlodi Moremi
Renette Alberts

Laerskool Bosveld Primary netbaltoer

Duné Gouws
Netbalnetbal

 

Met groot opgewondenheid het die O/10 – O/13 netbaldogters en hul afrigters Vrydag, 4 Maart vertrek na Konka vir ‘n netbaltoer. Na die aankoms het die dogters dadelik middagete geëet en ‘n netbal-sessie bygewoon. Die dogters het spanbou-aktiwiteite gedoen, wat ‘n hindernisbaan en boeresport ingesluit het.

 

Elsje Jordaan, kaptein van die Protea-netbalspan gedurende die 2003 Wêreldbeker, het die kursus aangebied. Die netbalspelers het haar aanbieding geniet en baie geleer.

 

Baie dankie aan al die ouers wat hul kinders op die ongelooflike toer gestuur het, asook die onderwysers wat hul naweek opgeoffer het om saam te gaan.

Netbal A-Streek wenners

Netbal

 

Die afgelope netbal seisoen het Laerskool Bosveld Primary se netbal dogters gewys dat hulle nie terug staan vir harde oefening nie! Week vir week is daar hard geoefen en in elke wedstryd het hul hul bes gegee! Tydens die A-liga wedstryde die afgelope week en naweek het ons dogters gewys dat hulle nie terug staan vir die ander skole nie. Die 0/11 s het onoorwonne as Waterberg streekwenners uit die stryd getree. Baie geluk aan al die netbal dogters en hulle afrigters met hulle puik prestasies!

Netbal dogter behaal die Limpopo span

Landloop

 

Die afgelope netbal seisoen het ons weer beleef dat Laerskool Bosveld Primary se netbal dogters vir niemand hoef terug te staan nie! Deur harde werk en voortdurende toewyding het Renette Alberts die afgelope week weer bewys hoe puik netbal speler sy is, toe sy verkies is tot die 0/12 Limpopo netbal span. Baie geluk aan Renette en haar ouers! Ons weet dat sy die skool se naam hoog sal dra!

Bossies se O/11 Netbalspannetjie blink uit

Super 8 Netball

 

Laerskool Bosveld Primary se O/11-netbalspannetjie het skitterend vertoon in die afgelope naweek se Super 8 Toernooi wat aangebied is deur Laerskool Pietersburg-Noord. Hierdie spannetjie het baie deursettingsvermoë getoon en het met 15-10 teen Laerskool Bergland geseëvier in die finaal. Hulle was onoorwonne in die toernooi en is welverdiend as wenners gekroon. Laerskool Bosveld Primary is sommer baie trots op hierdie spannetjie!

Netbal Raloka

Netbal Raloka

Bossies hou netbalkliniek

Wiidke Cronk

 

Op 20 en 21 Maart 2015 het `n groot voorreg vir Laerskool Bosveld te beurt geval: `n voormalige nasionale netbalspeler, me. Louise du Plessis, het `n netbalkliniek vir 51 Bossie-netbalspelers en hul afrigters aangebied. Die jongelinge het met groot oë geluister en geoefen; dit is immers nie elke dag dat hulle die geleentheid het om nuwe vaardighede en tegnieke van `n Protea-netbalspeler te leer nie.

 

`n Verdere hoogtepunt was natuurlik die foto’s wat na afloop van elke dag se oefeninge geneem is. Teen hierdie tyd pronk daar sekerlik afdrukke teen aspirant Proteas se kamermure. Hierdie geleentheid was voorwaar `n heerlike wegspring vir die Bossies se netbalseisoen van 2015. Die afrigters het natuurlik ook baie by die netbal-kliniek gebaat en het wenke ontvang wat met vrug in die afrigting van die leerders gebruik gaan word.

 

Almal teenwoordig was dit eens dat hierdie `n verrykende ervaring vir spelers en afrigters was en groot dank en waardering is teenoor me. Du Plessis uitgespreek. Ons netbalspelers het groot waarde hieruit geput en daar sal jaarlikse gepoog word om ons dogters met die aanvang van die seisoen aan sulke besondere geleenthede bloot te stel.

Netbal te Koedoeskop

NetballNetball

 

Saterdag, 14 Maart 2015 het die A- en B netbalspanne hul staal gaan wys te Laerskool Krugerpark, Mokopane. Daar was verskeie skole by die sportdag betrokke en die Bossies het gewys dat hulle kans sien vir die liga wat volgende kwartaal sal plaasvind. Die afrigters en ouers van Laerskool Bosveld Primary se netbalspanne is baie trots op die dogters wat elke dag in die hittige Bosveldson oefen!

Bossies begin die Netballseisoen baie goed

Mnr. Jimmy du Plessis
netballnetball
netballnetball

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 7 Maart aan die Wateberg Streek se jaarlikse skeidsregtersdag deelgeneem met hul O/9, O/10, O/11 en 1 ste spanne. Die seuns het hul goed van hul taak gekwyt en het stewig vertoon ten spyte van die sterk opposisie. Die 1 ste span en die O/10-span het albei net-net verloor teen onderskeidelik Noordskool en Julian Muller. Die O/11-spannetjie het harde bene gekou teen Oosskool, maar het verskeie lesse uit die wedstryd geleer wat vorentoe baie handig gaan wees.

 

Die spannetjie wat die meeste uitgeblink het, was die O/9-span. Hulle het Koedoeskop met ‘n baie goeie telling verslaan en ‘n blink seisoen lê voor vir hierdie mannetjies. Die afrigters van hierdie spannetjie hoop om al die verwagtinge wat vir hulle geskep is ernstig op te neem en goeie prestasies te lewer.

 

Bosveld se netbalspanne het ook gemengde sukses behaal tydens dieselfde sportdag by Koedoeskop. Daar was 14 oorwinnings (waarvan 11 oorwinnings deur die A-spanne behaal is), 10 wedstryde is verloor en een wedstryd het gelykop geëindig. Die O/11 A-spannetjie toon belofte en daar word gehoop dat hulle die ander spanne sal aanspoor om beter te presteer in die seisoen wat voorlê.

 

Laerskool Bosveld Primary sien uit na ‘n goeie Rugby- en Netbalseisoen in 2015 vir al sy spanne.

Bossie Netbal

M. Fleetwood
bossie netball

Josephine Makgopa, Mosebudi Matsoma, Thabitha Magwai en Mahuhudi Tselana

 

Die afgelope paar weke het Laerskool Bosveld Primary se netbaldogters die moedige stryd aangepak om deel te neem aan die proewe vir die provinsiale span. Een van Bosveld se 0/12-dogters, Thabitha Magwai, het vasgebyt en die Waterberg Streekspan gehaal. Die 0/13-dogters wat dieselfde prestasie behaal het was Mahuhudi Tselana, Mosebudi Matsona en Josephine Makgopa. Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hierdie dogters en wens hulle sterkte toe vir die finale provinsiale proewe.

 

Netball Super 8

super 8

Die O/10 – O/13 netbalspanne van Laerskool Bosveld Primary het die naweek van 11 en 12 April deelgeneem aan die Super 8 te Polokwane. Alhoewel al die spanne goed gevaar het, was die O/10 spannetjie ‘n uitsondering! Hulle het soos klein Proteas gespeel en die vrugte daarvan gepluk! Uit al 8 skole, het die span gewys daar is murg in hulle pype en met die grootste trofee weg- gestap! Ons Bossies is ongelooflik trots op hierdie dogters en hulle afrigters. Ons sien baie uit om te sien hoe hierdie spog-spannetjie die res van die seisoen gaan speel! Baie geluk O/10’s!