Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Mini Netbal / Mini Netball

Kom leer maar by die Bossies

D. Gouws

 

 

Op Saterdag, 4 Mei 2019 het Laerskool Bosveld Primary hul jaarlikse Bulletjie-rugby en mini-netbaldag gehou. So op Mnr. Louwtjie Pretorius, die Bossie-hoof, se verjaardag! Wat ‘n groot geskenk was dit nie. Dit was ‘n puik dag waarby 9 skole betrokke was! Die rede vir so ‘n groot dag met soveel opgewonde seuntjies en dogtertjies, is om die liefde en passie vir netbal en rugby te kweek - en die Bossies het dit verseker reg gekry!

100de kindertjies het met breë glimlagte ‘n bal geskop of gegooi, ‘n drie gedruk en ‘n doel gegooi!

Dit was ‘n fees om die naweek naby die Bossie terrein te wees!

Mini-netbal teen Laerskool Ellisras.

Michelle Grobler

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 19 Mei 2018, teen Laerskool Ellisras se mini-netbal en –rugby deelgeneem. Dit was 'n suksesvolle, koel dag vol opwinding. Die dogters en seuns het dit vreeslik geniet en het hulle talente goed weergegee. Ons sien uit na die laaste Mini-Netbal en Bulletjie dag te Thabazimbi op 26 Mei 2018. Ons hoop om baie Bossie ondersteuners daar te sien.

Mini-netbal

Linda Erasmus

 

Op Saterdag, 12 Mei 2018 het Laerskool Bosveld Primary se mini-netbal deelgeneem aan wedstryde te Koedoeskop.

 

Alhoewel die dogters in die laer grade nog leer om netbal te speel, vorder hulle elke week pragtig. Die doel is om liefde vir hierdie sport te kweek sodat hulle dit geniet en later puik netbalspelers sal word. Laerskool Bosveld Primary streef daarna om elke leerder tot sy volle potensiaal te ontwikkel - op alle gebiede, sport, kultuur en akademie.

 

Al die spanne het pragtig gespeel en hulle uiterste bes gedoen. Ons is baie trots op elkeen van hulle. Elke leerder leef Laerskool Bosveld Primary se waardes ten volle uit. Hulle omgee vir mekaar en volharding kan in elke wedstryd gesien word.

 

Persevera!

 

Op Dinsdag, 8 Mei 2018, het Laerskool Bosveld Primary se netbal weer gewys dat hulle die Netbalsterre van die dorp is en as oorwinnaars huiswaarts gekeur na ligawedstryde teen Laerskool Platina.

 

Die uitslae is as volg: o/10 A-span wen 13/1 teen Platina, O/11 A-span wen 12/0, o/12 A-span wen 19/11 en die o/13 A-span wen 21/6 teen Platina.

 

Die afrigters is baie trots op die dogters wat so hard oefen en presteer. Die volgende liga wedstryd vind 17 Mei 2018 plaas op Bosveld se bane teen Thabazimbi.

Mini Netbal Swartwater

 

Laerskool Bosveld Primary se mini netbal spanne het die naweek tydens Swartwater se Tassiefees deelgeneem met verskeie oorwinnings. Ons sien uit na die volgende naweke se mini netbal dae sodat daar nog speelkans gebied kan word.

Skitterende byeenkoms vir ontluikende rugby- en netbalspelers.

Mercia Joubert

 

Vir Laerskool Bosveld Primary was dit Saterdag, 21 April 2018 `n groot voorreg om as gas-Laerskool vir ses skole tydens die Bulletjierugby- en Mini-netbaldag op te tree.

 

Nie net is die hoofde, afrigters en beamptes op glansryke wyser ontvang en trakteer nie, maar die besoekers was dit eens dat die skool se terrein `n lushof is, met uitstaande fasiliteite.

 

Ongeveer 310 netbalspelers en 258 rugbyspelertjies het mekaar die stryd aangesê; onder aansporing van hulle ouers, grootouers en talle ander ondersteuners – wat `n plesier om die pappas en mammas langs die veld dop te hou! Om so `n skitterende dag aan te bied sal egter onmoontlik wees sonder die oop hand van die skool se borge.

 

Dankie vir die reuse aandeel – om te kon sien hoe elke deelnemer met `n groot glimlag `n medalje ontvang en die dag ten volle kon geniet, maak die personeel van Laerskool Bosveld Primary dankie-bly.

Bossies wys hoe!

M Pepler

 

MiniNetballRugby

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 27 Mei 2017, `n aangename mini-netbal en –rugby dag aangebied. Ouers het vroeg opgestaan en uit elke uithoek van Limpopo gekom om vir boetie of sussie te ondersteun. Die dag was gevul met heerlike somer weer, kinder-laggies en opgewonde ouer stemme wat hul kinders aanmoedig langs die baan. Die OOV se Bossie-mammas het heerlike kos gemaak en sodoende verseker dat almal se mae vol bly.

 

Laerskool Bosveld Primary se kinders en ouers sien reeds uit na volgende jaar se seisoen, en bedank hul almal wat `n bydrae gemaak het om vanjaar so `n groot sukses te maak.

Mini-netbal kook

Nikita Botha

 

MiniNetballMiniNetball

Laerskool Bosveld Primary se Mini-Netbal en Mini-Bulletjie Rugby, het hulle seisoen begin op Saterdag, 22 April te Laerskool Nylstroom.

Die seuns en dogters het hard gewerk van voor die vakansie af en was kinderlik opgewonde om hulle nuwe vaardighede vir hul pappas en mammas te wys.

Albei groepe het pragtig gespeel en die dag ten volle geniet. Die kinders het baie geleer uit hul wedstryde en sien uit na hul oefeninge om hierdie nuwe idees toe te pas.

Elke ouer kan trots wees op hul kind wat goeie sportmanskap en respek betoon het op die sportveld. Ons is baie trots op ons Bossies en sien saam met hulle uit na die res van ons Mini-Netbal en -Bulletjie rugby seisoen wat voorlê.

Mini-netbal

Lizelle du Plessis
Mini-netbal

 

Op 21 Mei 2016, het die mini-netbal spelers deelgeneem by Laerskool Ellisras se Bulletjie en Mini-netbaldag. Laerskool Bosveld Primary is baie trots op elke dogtertjie wat deelgeneem het. Hulle geniet elke wedstryd is baie lief vir die spel. Hulle vaardighede verbeter weekliks en elke wedstryd word met `n mooi, positiewe gesindheid en met passie gespeel.

 

Die mini-netbal spelers word bewonder vir hulle vriendelikheid en spanwerk. Baie dankie vir elke ouer wat sy kind so mooi ondersteun en motiveer. Daar word baie tyd ingesit om die spelers te ontwikkel en hulle kinders te ondersteun. Die skool is trots op julle!

Reën kan Bossies nie keer!

Lizelle du Plessis
MininetalMininetabl

 

Die Mini-netbal dogtertjies van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 14 Mei 2016 die koue en reën aangepak vir ‘n dag vol pret by Laerskool Thabazimbi.

 

‘n Onverwagte koue en reënbui kon nie die dogters temper nie! Die dogters het die reën getrotseer en aangehou met speel totdat die mammas en afrigters besluit het hulle wil nie loopneusies die komende week hê nie.

 

Die dag was ‘n groot sukses en baie dankie aan ons dogters wat pragtig gespeel het.

MINI-NETBAL BOSSIES BEGIN DIE SEISOEN MET GEES

L. du Plessis
Mini Netbal
Mini Netbal

 

Die mini-netbal dogters (o/6 tot o/9) van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 9 April 2016 hulle eerste wedstryd vir die seisoen met groot entoesiasme en opgewondenheid by Laerskool Nylstroom aangepak.

 

Die dag was ‘n groot sukses en die dogters het dit vreeslik baie geniet. Baie dankie aan al ons dogters wat gespeel het en aan al ons ouers wat daar was om hulle by te staan en te ondersteun.

Bossies mini-netbal - balle hop

Lizelle du Plessis
Mini NetbalMini-Ntebal

 

Die mini-netbal dogters van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 20 Februarie 2016, die hitte en bye aangepak vir ʼn heerlike dag saam met die plaaslike kinderkinetikus, Elsu Bakker en haar span.

 

Die dogters het nuwe vaardighede aangeleer en tonne pret gehad. Nou kan hulle en die afrigters die komende seisoen met selfvertoue aanpak. Baie dankie aan almal wat deel was van die heerlike dag en die son trotseer het.

 

Dit is ʼn fees om ʼn Bossie te wees!

Bossie Mini-Netbal eindig met sukses

Mia Lens
Mini-Netball

 

Op Saterdag, 30 Mei 2015, het Laerskool Bosveld Primary die laaste Mini-netbal- en Bulletjiedag van die jaar aangebied en dit was ‘n reuse sukses. Die spelers het hulle harte uit gespeel en baie goed gevaar. Dit was ‘n baie suksesvolle seisoen en mens kon sien dat die klein spelertjies al baie meer selfvertroue op die baan het, as in die begin. Ons bedank al die afrigters en spelers wat so hard gewerk het en wat verseker het dat ons die seisoen suksesvol kon eindig.

Bossies se O/9’s en tweede span dring deur

Mini-Netball

 

Op Saterdag, 23 Mei 2015, het Laerskool Bosveld Primary se Mini-Netbal aan Ellisras Laerskool se sportdag deelgeneem. Al die O/6 – O/9 netbal dogtertjies het deelgeneem, en alhoewel daar gemengde uitslae was het elke dogter hulle beste gedoen en die dag baie geniet.

Mini-netbaldag op Koedoeskop

Mini-Netbal

 

Laerskool Bosveld het Saterdag, 9 Mei by Laerskool Koedoeskop gaan deelneem aan hulle Mini-netbaldag. Dit was groot pret en die dogtertjies het dit baie geniet. Die sonnetjie het warm gebrand en die bye was lastig, maar dit het nie ons Bossies gekeer om ‘n groot sukses te maak van die dag nie. Ons het weereens baie geleer en ons liefde vir die sport uitgeleef. Ons sien baie uit om een van die dae hier op ons eie gronde te wys waarvan ons gemaak is. Hou so aan Bossies!!

Sopnat Netbal op Nylstroom

D Odendaal
Mini Netbal Mini Netbal

 

Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 18 April deelgeneem aan Laerskool Nylstroom se Mini-netbaldag. Dit was groot pret en die dogtertjies het die dag baie geniet. Ons het heel oggend heerlike koel weer gehad, maar teen die einde het die rëen ons bietjie gevang. Dit het egter niemand gekeer nie en die laaste wedstryde is klaar gespeel. Ons is baie trots op ons dogters hulle het die Bossie naam hoog gehou!!!

Mini-netbal Bossies kook

Mini Netbal Mini Netbal
Mini Netbal Mini Netbal
Mini Netbal

 

Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 21 Februarie 2015 ‘n mini-netbal kliniek gehou vir dogtertjies van o/6 tot o/9. Elsu Bakker, die plaaslike kinderkinetikus, het die kliniek aangebied en vir ons baie nuwe vaardighede aangeleer. Dit was ‘n warm dag, maar die Bossies is nou gereed vir aksie hierdie seisoen. Baie dankie aan elkeen wat die warm son trotseer het. GO BOSSIES!!