Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Landloop / Cross Country

Bosveld landloop by SA’s

Erika Swanepoel

 

Agter Links na regs: Nika Snyman, Makgoka Lekganyane, Franco Myburg, Simoné Schutte en Joshua Young.
Middel van links na regs: Hlompo Thlako, Fredrich Neethling, Nuan Snyman, Colin Robinson, Simon Young, Ruan Pieterse, Kwena Modise.
Voor links na regs: Tiaan Smith, Wian Schutte, Marni Snyman, Morne Oberholzer, Lumé Myburg.

 

Sewentien landlopers van Laerskool bosveld Primary het op Saterdag, 7 September 2019 aan die Suid Afrikaanse landloop byeenkoms te Pretoria deelgeneem. Die atlete het die ysige koue weer in Pretoria weerstaan en baie goeie resultate gelewer. Baie geluk aan elke Bossie landloper wat net sy beste gegee het.

Bossie landloop gaan groot!

Erika Swanepoel

 

vlnr voor na agter:
Voor: Lume Myburg, Hlopho Thlako, Wian Schutte, Marni Snyman, Tiaan Smith.
Middel: Morne Oberholzer, Friedrich Neethling, Ruan Pieterse, Kwena Modise, Colin Robinson, Nuan Snyman, Simon Young, Me E Swanepoel.
Agter: Simone Schuttte, Joshua Young, Franco Myburg, Nika Snyman, Makgoka Lekganyane.

 

Na vyf maande se harde werk, het 17 landlopers tydens die afgelope Limpopo Landloop Kampioenskappe gekwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem op 7 September 2019, te Pretoria.

Dis die eerste keer dat soveel Bossie landlopers kwalifiseer. Die skool en hulle afrigter is ongelooflik trots op die flinke landlopers. Hulle word sterkte toegewens met hulle voorbereiding vir die kampioenskappe.

Bossie Landlopers skop stof op

Erika Swanepoel

 

vlnr is Simone Schutte, Hlompo Thlako, Kwena Modise en Morne Oberholzer.

 

Die Landloopspan van Laerskool Bosveld Primary het die 13de Julie 2019 aan 'n liga byeenkoms te Hoërskool Hans Strydom gaan deelneem. Die span het hulle goed gekwyt van hulle taak.

 

Morne Oberholzer S 0/8 en Kwena Modise D 0/10 kry 2de plekke.

 

Hlompho Thlako D 0/9 en Simone Schutte kry 3de plekke.

 

Baie goeie plekke is deur die res van die Bossies behaal. Baie geluk met die puik uitslae. Sterkte met die voorbereiding vir die Provinsiale Kampioenskappe.

Bossie landloop na Liga 3

Erika Swanepoel

 

 

Op Saterdag, 25 Mei 2019, het die landloop-span van Laerskool Bosveld Primary gaan deelneem aan Landloop Liga 3, te Polokwane. Die landlopers het hulle beste gegee. Baie geluk aan almal met die puik uitslae. Sterkte vir die Inter provinsiaal wat voorlê.

Bosveld Landloop

E Swanepoel

 

 

Die Landloopspan van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 4 Mei 2019 aan hulle tweede liga byeenkoms te Polokwane gaan deelneem. Hierdie jaar is dit die grootste span wat die skool nog ooit ingeskryf het. Klein tot groot, asook van die ouers het die baan aangedurf.

Die landlopers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Daar word uitgesien na die res van die seisoen wat strek tot in September maand. Afrigter, Juf. Erika - wens almal geluk met puik uitslae en sterkte vir die seisoen wat voorlê.

Bossie Landloop seisoen begin in alle erns

Erika Swanepoel

 

 

Sommige landlopers van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 6 April 2019, gaan deelneem by Tshipise in Messina. Al het dit heerlik gereën, het dit nie die landlopers se opgewondenheid gedemp om te hardloop nie.

Die Snyman landlopers het goed gevaar:
Marni Snyman D 0/8 kom 2de
Nuan Snyman S 0/ 9 kom 1ste
Nika Snyman D 0/11 kom 3de

Die volgende byeenkoms waar aan die hele span gaan deelneem vind plaas by Northern Academy op 4 Mei 2019.

Sterkte vir die Landlopers vir die lang seisoen wat voorlê.

Bossie landlopers kompeteer nasionaal

Erika Swanepoel

 

Gr6-Tour

Laerskool Bosveld Primary se landlopers was slaggereed om op Saterdag, 8 September 2018 aan die SA Landloop Kampioenskappe in Port Elizabeth plaas.

Die 10 landlopers van Laerskool Bosveld het koue, reën en wind beleef wat hulle nie geken het nie. Alhoewel hierdie Bosvelders koud gekry het, het hulle elke oomblik geniet.

Die landlopers het baie goed gedoen en Limpopo landlopers kon goed kompeteer teen die ander provinsies.

Baie dankie aan al die borge wat gehelp het om die uitstappie moontlik te maak. Ons sien uit na die 2019 seisoen.

Bossie Landloop kook

Erika Swanepoel

 

Hokkie

Na vyf en ‘n half maande van bloed sweet en honderde kilometer van hardloop, is die landlopers van Laerskool Bosveld Primary uiteindelik beloon.

 

Op Saterdag, 4 Augustus 2018, het van Laerskool Bosveld Primary se Landloopspan aan die Limpopo Landloop Kampioenskappe te Polokwane gaan deelneem.

 

Na baie strawwe kompetisie word 12 van die Bossie Landlopers opgeneem in die Limpopo Landloopspan, wat gaan deelneem aan die SA’s in Port Elizabeth wat op die 7 en 8ste September 2018 gaan plaasvind.

 

Bosveld is baie trots op die volgende landlopers:

Nuan Snyman  0/8
Simon Young 0/8
Daniel de Klerk  0/8
Simone Schutte  0/9
Makgoka Lekgangane  0/9
Franco Myburg    0/9
Fredrich Neethling  0/9
Ninke de Klerk      0/10
Nika Snyman    0/10
Joshua Young    0/11
Lebo Molemoge   0/11
Timothy Moraba  0/13

 

Baie sterkte net die voorbereidings vir die SA’s, die skool is baie trots op hierdie leerders wat so goed presteer.

Landloop

Erika Swanepoel

 

Landloop

Die landloopspan van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 21Julie 2018 aan ‘n liga byeenkoms te Stadford Lake College gaan deelneem.


Die Bossie-landlopers het baie goed gedoen. Van die landlopers se spoed het mooi verbeter.


Die Provinsiale byeenkoms vind plaas op die 4de Augustus te Polokwane.


Baie sterkte vir die landlopers met hulle voorbereiding.

Bossie Langasems

Erika Swanepoel

 

Die landloop-span van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 26 Mei 2018 aan hulle derde Liga byeenkoms te Ben Viljoen deelgeneem. Die landlopers het baie goed gedoen.

 

Hulle volgende byeenkoms is die Inter-Provinsiaal te Zeerust op die 16de Junie. Sterkte met julle voorbereiding. Dankie aan al die ouers wat ons so gereeld ondersteun.

Bossie Landloop kook

Erika Swanepoel

 

Op Saterdag, 12 Mei 2018, neem Laerskool Bosveld se landloop-span deel aan die 2de Liga byeenkoms by die Junction, te Lephalale. Die baan het sy uitdagings gehad, maar alles het seepglad verloop. Die landlopers het baie goed presteer. Sterkte aan al die landlopers vir die res van die seisoen wat voorlê. Dankie aan almal wat die span kom ondersteun het.

Landloop

E Swanepoel

 

Laerskool Bosveld het Saterdag, 14 April aan hulle eerste Landloop Liga byeenkoms deelgeneem te Universiteit van die Noorde. Die landlopers het baie goed gedoen vir hulle eerste keer. Daar het baie nuwe atlete deelgeneem. Ons sien uit na ’n baie goeie seisoen wat voorlê.

Bossie Landloop laat waai

Annalize Neethling

 

v.l.n.r. Friedrich Neethling, Nika Snyman en Franco Gomes

 

Laerskool Bosveld Primary se Landloop atlete het op Saterdag, 9 September gaan deelneem and die SA-Landloop-kampioenskappe te Potchefstroom. Daar was honderde deelnemers wat hul bes gegee het.

 

Die Bossies het gehardloop dat die stof so staan en die drie toppresteerders was: Friedrich Neethling (Limpopo se 0/8-wenner), Franco Gomes (o/9), en Nika Snyman (o/9). Die skool is baie trots op hierdie Bossies wat so mooi presteer het.

Bossie landloop bo!

Erika Swanepoel

 

Sestien van Laerskool Bosveld Primary se landlopers het aan die Limpopo Landloop Kampioenskappe gaan deelneem op Saterdag, 5 Augustus 2017. Friedrich Neethling het `n skitterende tyd gehardloop en behaal `n eerste plek in sy ouderdomsgroep vir seuns onder-8.

 

Elf landlopers het deurgedring na die volgende rondte en is gekies as deel van die Limpopo-span wat aan die SA’s gaan deelneem op 9 September 2017, te Potchefstroom.

 

Baie geluk aan die atlete en sterkte vir die voorbereiding vir die byeenkoms. Die Skool is baie trots op die landlopers.

Bossie Landloop kook

Erika Swanepoel

 

Op Saterdag, 29 Julie 2017, het die landlopers van Laerskool Bosveld Primary aan die laaste liga-byeenkoms van die seisoen, te Stadford Lake College by Magoebaskloof deelgeneem.

 

Die Bossie-landlopers het puik presteer. Friedrich Neethling het `n eerste plek behaal in die seuns o/8 afdeling. Nika Snyman het `n derde plek behaal in die dogters o/9 afdeling. Verskeie goeie plekke is deur die ander landlopers behaal. Baie geluk met puik uitslae die afgelope naweek.

 

Die landlopers neem Saterdag, 5 Augustus 2017, deel aan die Limpopo Kampioenskappe. Baie sterkte aan die Bossie-landlopers.

Landlopers presteer

Lorize van Wyngaardt

 

Landloop

Die afgelope naweek het die landloop atlete aan die Inter-Provinsiale kompetisie te Bronkhorstspruit deelgeneem.

 

Die Bossies moes omtrent ver ry om te gaan hardloop. Dit was `n bitter koue oggend, maar dit het atlete nie verhinder om deel te neem nie. `n Allemintige 196 atlete het ingeskryf.

 

Die kompetisie was taai en elke atleet het alles uitgehaal tydens die wedloop. Laerskool Bosveld Primary se atlete het goeie prestasies behaal en Friederich Neethling het algeheel negende geëindig. Dit is voorwaar goed vir hierdie jong klong wat hard met moeder aarde kennis gemaak het tydens die wedloop.

Landlopers trotseer koue weer

Lorize van Wyngaardt

 

Landloop

Laerskool Bosveld Primary se landloop atlete het op 13 Mei 2017, deelgeneem in Polokwane. Die atlete moes koue reënweer trotseer en ten spyte van gure weer, het Friederich Neethling ‘n eerste plek behaal in sy item. Al die ander atlete het ook baie goed gevaar in hulle items. Laerskool Bosveld Primary is trots op die landloop atlete wat so goed doen en voorspel `n goeie landloop-seisoen.

Bossies se eerste landloop liga

Lorize Marx

 

Landloop

Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary hulle eerste landloop-liga bygewoon te Settlers. Die atlete het goed gevaar en ons sien baie uit na die seisoen wat voorlê. Ons wens elke landloop atleet sterkte toe vir die seisoen.

Bossies spog met 11 landlopers in Limpopo span

Lorize Marx
Landloop

Laerskool Bosveld Primary maak geskiedenis deur vir die eerste keer in 30 jaar, 11 leerders in die Limpopo Landloop span te hê. Dit is die beste verjaarsdag geskenk wat hierdie atlete aan die skool gegee het.

 

Die atlete het hard gewerk die afgelope seisoen en verdien werklik om in die span te wees. Hierdie landlopers het tot in die vakansie kom oefen om top-fiks te wees.

 

Die kampioenskappe vind op 10 September plaas in George. Die skool is baie trots op die landlopers en wens hulle alle voorspoed toe.

 

Die volgende leerders is in die Limpopo span: Voor Joshua Young; Carli Botha; Luane vd Neut; Nika Snyman; Keagen Morgen. Agter : Anika v Rooyen; Arno Besseling; Derik Besseling; Sheldon Morgen; Kwena Makgamagha en Tebogo Mikhomazi.

Landlopers vaar puik!

Lorize Marx
Landloop

Op Saterdag, 23 Julie, het die landlopers van Laerskool Bosveld Primary deelgeneem in Mookgopong. Die atlete is fiks en het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die Bossies het twee tweede plekke behaal asook twee derde plekke. Baie sterkte vir die res van die seisoen. Volgende Sondag, 31 Julie, gaan die landlopers deelneem in Tzaneen om te kwalifiseer vir die Provinsiale span. Die Bossies hou styf duim vas en glo dat Laerskool Bosveld Primary `n paar Limpopo landlopers ryker gaan word!

Laerskool Bosveld Primary hardloop interprovinsiaal

Lorize Marx
LAndloop

 

Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary se landlopers aan die interprovinsiale landloop in Witbank deelgeneem. Die atlete van die bosveld het hul goed van hulle taak gekwyt en die bulte met moed en durf aangepak. Dankie aan elke atleet en hulle ouers wat so ver moet ry om deel te neem.

Laerskool Bosveld Primary doen goed in die landloop.

Lorize Marx
Landloop

 

Die afgelope naweek het die Bossie-landlopers onder andere, Nika Snyman van Laerskool Bosveld Primary, in Lebowakgomo gaan deelneem. Die langasems het hul staal gewys en Nika Snyman het ‘n derde plek behaal in haar wedloop. Die Bossie-landlopers het baie goeie prestasies gelewer en die skool is trots op elkeen van hulle!

Laerskool Bosveld Primary se landloop seisoen skop af.

Lorize Marx
Landloop

 

Die afgelope naweek het die Bossie- landloopspan aan hulle eerste liga byeenkoms deelgeneem in Moletji. Die leerders het baie goed gevaar in die byeenkoms en ons sien baie uit na wat verder voorlê in die seisoen. Baie sterkte Bossies.

Bossie gaan op spanbou kamp.

Lorize Marx
Landloop

 

Die afgelope vakansie het die Bossie- landloopspan op ‘n spanbou kamp gegaan by Naby Genoeg Avontuur kamp. Die leerders het hard geoefen op die kamp ook geleer hoe hulle hardloop styl moet wees voor die landloop seisoen afskop. Hulle het ook baie pret gehaad waar hulle kamofleering, teikenskiet, lanternbekruip en nog vele meer gedoen het. Baie sterkte vir die seisoen wat voor lê.

Bossies vaar goed in landloop byeenkoms

Lorize Marx
Landloop

 

Die afgelope naweek van 01 Augustus het die Bossie- landloopspan aan die LIMA-Kampioenskappe deelgeneem in Atok. Die SA-span word uit hierdie groep atlete gekies. Laerskool Bosveld Primary wag in spanning om te hoor hoeveel Bossies is deel van die span. Die Bossie-landlopers het goed gevaar elke Bossie word gelukgewens met ‘n skitterende seisoen. Die skool is baie trots op julle prestasies!

Laerskool Bosveld Primary se landloop-atlete presteer

Lorize Marx
Landloop

 

Die afgelope naweek van 25 Julie, het die landloop-atlete van Laerskool Bosveld Primary in Nylstroom deelgeneem. Die atlete het baie goed gevaar by die byeenkoms en al die Bossies het onder die eerste 10 atlete ingekom in hul wedloop. Baie sterkte vir die volgende byeenkoms waar die Limpopospan gekies gaan word.

Bossies vaar goed in landloop byeenkoms

Lorize Marx
LandloopLandloopLandloop

 

Die afgelope naweek het die Bossies aan die Interprovinsiale landloopbyeenkoms deelgeneem in Tzaneen. Die deelnemers was baie kompeterend, maar die leerders van Laerskool Bosveld Primary het nog steeds goed gevaar en hulle beste gelewer.

Bossies vaar goed in landloop byeenkoms

LandloopLandloopLandloop

 

Die afgelope naweek het die bossies tuis aan ‘n landloop byeenkoms deelgeneem wat Laerskool Bosveld Primary self aangebied het. Die leerders het uitstekende prestasies behaal en ons as skool is baie trots op hulle. Sterkte vir die volgende landloop byeenkomste wat nog moet plaasvind.

Landloopbyeenkoms te Mogol Klub op Saterdag, 26 Julie 2014

Me. L. Marx
landloop

Die volgende leerders van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 26 Julie baie goed gevaar in die landloopbyeenkoms wat by Mogol Klub gehou is. Agter is Morné du Plessis, Murangi Mulaudzi en Peter Nkhumane. In die middel is Kyle White, Albert du Plessis, Erhard Geyser en Manu van Seventer. Voor is Charlize du Plessis, Elani Neethling en Sariëtte Pretorius.

 

Landloop te Atok Mei 2014

Me. L. Marx
Landloop Atok

Laerskool Bosveld Primary se landloopatlete het op Saterdag, 10 Mei by Laerskool Atokia anderkant Polokwane gaan deelneem aan ‘n landloopbyeenkoms. Alhoewel die kompetisie baie sterk was, het die Bossies se atlete nie teruggestaan nie en steeds goed vertoon. Die deelnemers was Morné du Plessis (O/12), Bolani Ndlovu (O/13), Leandré White ((O/12), Murangi Mulaudzi (O/13) en Peter Nkhumane (O/13).