Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Kultuur / Cultural Events

Bossies kan sing

Elsabe Powell

 

Koor Ebenaeser gemeente 8 Junie 2019

 

Op Saterdag, 8 Junie 2019 het Laerskool Bosveld Primary se koor opgetree by Ebenaeser gemeente. Dit was `n opwindende geleentheid vir die koor om hulle talent te beoefen. Die koor het om 08:00 gesing en kon daarna die dag geniet. Die skool is trots op die sangtalent wat die leerders toon en is dankbaar vir elke ouer se ondersteuning.

Koor afsluiting

Linda Erasmus

 

Boogskiet

Op 17 Oktober 2018 het die koor hulle afsluiting gehou. Almal het lekker piekniek gehou en daarna lekker speletjies gespeel. Almal het dit baie geniet.

Laerskool Bosveld Primary Junior Koor

Retha Powell

 

Koor

Laerskool Bosveld Primary se Junior Koor het Saterdag, 25 Maart by die NG-Kerk Wes se Maroela fees opgetree. Die leerders het pragtig gelyk in hulle rooi serpe en hulle stemme was betowerend binne die kerk. Baie dankie aan elke leerder wat deelgeneem het, julle het ons skool se naam hoog gehou.

Bossies konsert - ONS SHOW

Laerskool Bosveld se Revue vermaak by Krokodil Karnaval

Dune Gouws
Revue

Die revue-kultuurdiere van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek die mense vermaak by die Krokodil Karnaval te Mogol Klub. Die groep oefen weekliks om te verseker dat hulle gesinchroniseerd optree. Dit was 'n puik optrede en die mense het dit terdeë geniet! Die afrigters is baie trots op die revue-groep van 2016!

Kultuur is tops

Duné Gouws
KultuurKultuurKultuurKultuur KultuurKultuur KultuurKultuur

 

Die kultuurdiere van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek by die NG Kerk Albertyn se basaar opgetree en hulself goed van hul taak gekwyt. Die revue het alte vrolik gelyk in hulle kolle-uitrustings en die koor het elke noot onthou.
Die skool is baie trots op hulle optredes! Sterkte vir die res van die jaar se oefening en optredes.

As ons sing

Mercia Joubert
RevueReview

 

Met `n Positiewe kultuurhoof, me. C de Swardt, `n juffrou wat net die beste van Laerskool Bosveld Primary se leerders verlang en toegewyde personeel wat die potensiaal in elke leerder raaksien; is dit geen wonder dat daar reeds ywerig gesing en gedans word ter voorbereiding van Septembermaand se massa-revue nie. Met die tema: ”As ons sing”, “When we sing” kan die leerders hulle uitleef met `n verskeidenheid liedere, vanaf die graad R’e se seerowers tot die graad 7’s se verlief en verlore. . .

Die massa-revue gaan soos die naam tereg sê, oor massa-deelname, waar die kinders dit kan geniet en is nog een van die eindelose geleenthede wat vir die leerders van Laerskool Bosveld Primary geskep word, wat hulle met vertroue en waagmoed kan aandurf.

Konsert / Consert

KonsertKonsert

Laerskool Bosveld se toneelgroep tree op in die skoolsaal op 15 en 16 September om 18:00. Kaartjies sal by die deur verkoop word @R20 per stoel.

 

Die Ellisrassers kan hulle tande slyp vir `n opwindende vertoning deur die Bossie-dramagroep wat aangebied gaan word by Laerskool Bosveld Primary op 15 en 16 September 2014. Die toneelstuk is geskryf deur Judith Dixon en vir die skool aangepas deur mee A krügel en C de Swardt.

 

Verskeie karakters kom in die stuk voor, hoewel hulle nie regtig daar hoort nie, soos bv. Sneeuwitjie, Raponsie, Rooikappie, Goue Lokkies en die Spieëltjie. Die koningin is `n regte snob en hang graag uit by haar partytjies wat sy rëel. Die koning wil nie regtig soos `n koning optree nie en hou baie van alles wat blink!

 

Arme Cindy loop ook deur, want die stiefsustertjies is maar lui. Hulle moeder is bietjie “kitch” en probeer haar uiterste om in te skakel by die hoëlui van Bosveld Pride. Die muise is Cindy se vriende en hulle probeer die verstrooide “Goeie fee” help om Cindy in `n ware skoonheid te verander.

 

Heinz is behep met Cindy, maar sy het net oë vir die Prins. Die Prins is natuurlik dolverlief, maar vind self uit op wie! Riana Nel is die Idols se promotor en is gedurig onder druk omdat die sangers, onder haar leiding, die kompetisie moet wen.

 

 

Konsert Konsert

NG-Kerk Albertyn bazaar

revue

Laerskool Bosveld Primary se Senior Revue-groep het Saterdag, 10 Mei 2014 by die NG-Kerk Albertyn se bazaar opgetree. Met aansteeklike entoesiasme en polsende energie het elke leerder die danspassies uitgevoer. Die Revue-musiek is “funky” en baie modern, maar oud en jonk het die vertoning terdeë geniet.

Deur toegewyde, harde werk het die groep weereens bewys dat hulle van krag tot krag gaan.

 

Junior Revue

Vanjaar word `n Junior-Revue op die been gebring wat uit ongeveer 20 Gr 1-4 leerders bestaan. ~n Liefde vir musiek, sang en dans word aangeleer, asook selfvertroue om voor mense op te tree. Daar word beoog om by die Kunstefees van Laerskool Ellisras op te tree.

 

 

Senior Revue

senior Revue

Hierdie groep is vir GR 5-7 en ons hoop om 40 leerders te betrek wat saam met die Junior Revue by geleenthede sal optree, asook by die Kunstefees.