Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Krieket / Cricket

Krieket streekproewe wenners

 

vlnr
Alec Bester en Barnabas Nyamakupe Dian le Roux afwesig

 

Saterdag 17 Augustus het daar 9 van Laerskool Bosveld Primary se seuns aan die streeksproewe gaan deelneem te Laerskool Warmbad. 3 van die seuns word gekies vir die streekspan en gaan Saterdag 31 Augustus deelneem aan die provinsiale proewe.

Krieketproewe 2019

 

Agter: Alec Bester, Arno Besseling, Dian Le Roux, Alwyn du Toit, Franko Oberholzer
Voor: Dewald Rigaard, Wihann Smith, Eduan Mostert, Gert Pretorius, Barnabas Nyamakupe

 

Laerskool Bosveld Primary is geweldig trots op die 13 krieket-seuns wat op 2 Augustus 2019 te Thabazimbi aan die kring-proewe deelgeneem het. Tien van die Bossie seuns het deurgedring na die Streeksproewe wat op 17 Augustus te Warmbad sal plaasvind.

Bossie O/11 – krieketspelers presteer

H Human

 

Die Limpopo semi-finaal het op 17 Oktober 2017 plaasgevind te Krugerpark in Potgietersrus. Laerskool Bosveld Primary en Tzaneen het om 12 uur geloot , Laerskool Bosveld Primary verloor die loting en Tzaneen boul eerste.

 

Laerskool Bosveld Primary kolf eerste en teken `n onvoldoende 114 lopies aan teen Tzaneen in die 26ste beurt almal uit. Tzaneen kolf tweede en teken slegs 103 lopies aan in die 30ste boulbeurt. Laerskool Bosveld Primary verower die Limpopo semi-finaal met 11 Lopies.

 

Laerskool Bosveld Primary vat die eer en speel in die Limpopo finale op Dinsdag, 24 Oktober 2017 teen Oos-skool (Pietersburg) te Laerskool Nylstroom.

6-a-side Krieket op Thabazimbi

Lourens du Plessis

 

Laerskool Bosveld se 0/11-krieketspan het op Vrydag en Saterdag, 8-9 September 2017, gaan deelneem aan `n “6-a-side” Krieket toernooi wat aangebied is deur Koedoeskop op Hoërskool Frikkie Meyer se velde, te Thabazimbi. Die spelers speel baie mooi en wen hul eerste twee wedstryde gemaklik en dring deur na halfeindstryd.

 

Die halfeindstryd is met gemak gewen en het in die finaal teen Koedoeskop te staan gekom. Die Bossie-spelers het as oorwinnaars uit die stryd getree. Albert von Rönge het uitgeblink en ontvang `n trofee vir die kolwer wat die meeste lopies aangeteken het.

 

Dit was `n baie aangename dag en die spelers het dit geniet om hulself uit te leef op die krieketveld.

Bosveld se O/10-spannetjie blink uit teen Platina

Jimmy du Plessis

 

Laerskool Bosveld Primary het verlede week teen Laerskool Platina te staan gekom en die O/10-spannetjie het puik presteer. Hulle het Platina met 127 lopies afgeransel. Carli Botha was die groot uitblinker met ‘n puik vyftigtal. Haar 53 lopies het die Bossies in staat gestel om ‘n totaal van 139 aan te teken nadat hulle die loot gewen het en besluit het om eerste te kolf. Hierna het die Bossie boulers ook nie op hulle laat wag nie en het die span van Platina vir slegs 12 lopies almal uitgeboul. Carli het uitgeblink met 5 paaltjies en Eduan Mostert het ‘n driekuns geneem (drie paaltjies met drie agtereenvolgende balle)!

 

Die volgende week se ligawedstryde sal deurslaggewend wees wanneer die Bossies teen Laerskool Thabazimbi te staan kom en daar word duim vasgehou dat al die Bossie-spanne weer sal presteer.

Krieket

CJ de Swardt en Lourens du Plessis

 

Laerskool Bosveld Primary het op 17 Augustus hul krieket vernuf getoets teen Laerskool Warmbad. Die Bossies het hulself puik van hul taak gekwyt om as oorwinnaars uit die stryd te tree met `n 7-paaltjie wen vir die o/11-span. Die uitblinkers was Alec Bester met `n boul-syfer van 5/13 in 5 beurte en Albert von Rönge het 37 lopies aangeteken tydens sy kolfbeurt.

 

Die eerste span het met 4 lopies skoonskip gemaak. Ruan Mostert teken 33 lopies aan en neem ook 2 paaltjies. Sheldon Morgan neem 3 paaltjies vir slegs 6 lopies en Kgotso Mohlamela, Ethan Victor en Arno Viljoen palm elkeen ook 2 paaltjies in. Laerskool Bosveld het hierdie wedstryd met 4 lopies gewen.

Goeie begin vir O/11-Krieketspan

J du Plessis

 

Laerskool Bosveld Primary se krieketspanne het op 1 en 3 Augustus, met vanjaar se liga bepalings begin toe hulle teen Laerskool Krugerpark te staan gekom het. Dit was ‘n rondte waarin die tuisspanne met die louere weggestap het in al drie die ouderdomsgroepe wat die twee skole teen mekaar meegeding het. Die 1ste - en 2de spanne het albei op Potgietersrus verloor, terwyl die O/11-span op hul tuisveld gewen het.

 

Vir Laerskool Bosveld was die groot ligpunt van hierdie rondte se ligawedstryde ongetwyfeld die O/11-spannetjie se oorwinning teen Krugerpark op hul tuisveld. Die Bossies moes hard werk vir die oorwinning nadat hulle ‘n kleinerige telling gehad het om te verdedig. Die Bossies het slegs 83 lopies aangeteken toe hulle besluit het om eerste te kolf. Dit sou dus ‘n spesiale vertoning van die boulers verg om die wedstryd te wen, en hulle het beslis nie teleurgestel nie. Krugerpark is vir slegs 59 lopies uitgeboul en die Bossies het met 24 lopies gewen. Henry Barnard (5 paaltjies vir slegs 8 lopies) en Alec Bester (3 paaltjies vir slegs 5 lopies) was die uitblinkers met die bal en met die kolf het Wihann Smit uitgeblink met 35 lopies.

 

Daar word met groot verwagting uitgesien na ‘n moontlike uitspeelwedstryd later in die seisoen vir hierdie O/11-spannetjie. Mnr. Lourens du Plessis en Mnr. Hanro Human, die twee afrigters, is ook baie in hul noppies met hul span se goeie begin en hoop om die skool se naam hoog te hou vorentoe.

Bosveld skop af met goeie Kriekettoer

J du Plessis

 

Krieket

Laerskool Bosveld Primary het vanaf 4-7 Julie hulself voorberei vir die nuwe Krieketseisoen met ‘n baie suksesvolle toer na Jubaweni. Die 1ste- O/11 spanne het albei met positiewe resultate teruggekeer wat sommer baie bemoedigend is vir die ligawedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind.

 

Die O/11-span het drie uit vier wedstryde gewen. Die 1ste span het mooi teruggekom en drie wedstryde in ‘n ry gewen nadat hulle die eerste twee wedstryde verloor het. Dit is veral in die laaste wedstryd waar die 1stes hul staal gewys het in ‘n spannende wedstryd teen Laerskool Pam Brink van Springs. Dit is hierdie soort karakter wat nodig gaan wees in die opkomende ligawedstryde.

 

Laerskool Bosveld sien uit na ‘n goeie seisoen en hoop dat die seuns se harde werk beloon sal word soos wat die geval was op die bogenoemde toer.

Mini-Krieketdag

Pierre Hugo
Krieket

Op Saterdag, 17 September het Laerskool Bosveld Primary, hulle jaarlikse Mini-krieketdag aangebied. Skole soos Laerskool Koedoeskop, -Unitas en -Platina het die opwindende dag bygewoon. Die wedstryde was in perfekte gees en weer gespeel. Die ontwikkeling van krieket as sport, is die hoofrede vir die aanbieding van so ‘n dag en die skool kan met ‘n geruste hart sê dat daar definitief entoesiastiese jong krieket talent by Laerskool Bosveld Primary is.

Bossie onder 11`s slaan opponente vir `n ses

M Pepler
Krieket

Op die 9de en 10de September was daar weer geleentheid gegun om aan die jaarlikse ses aan `n kant kriekettoernooi deel te neem te Thabazimbi. Die toernooi, wat georganiseer word deur Laerskool Koedoeskop en aangebied word op Hoërskool Frikkie Meyer, het met `n winkende oog na die onder 11 Bossie span geloer.

 

Nadat Laerskool Bosveld se spelers met vier spanne afgereken het, kon hul eindelik die trofee omhoog hou en as oorwinnaars terugkeer. Die span en hul afrigters is baie trots op die prestasie wat die o/11’s behaal het, en is opgewonde oor die res van hul seisoen.

Krieket is pret

Jimmy du Plessis
Krieket

Bosveld het ‘n goeie week met hul ligawedstryde teen Laerskool Warmbad gehad, waar drie van die vier spanne hul wedstryde gemaklik gewen het. Die O/10-spannetjie het met 8 paaltjies gewen en Albert von Rönge het 37 lopies aangeteken. Die O/11-spannetjie het met 95 lopies gewen en Ruan Mostert het ‘n pragtige 96 onoorwonne lopies aangeteken. Die 2 de span het ook gemaklik gewen met 88 lopies danksy ‘n vegtersbeurt deur Robbie de Klerk van 47 onoorwonne lopies. Die 1 ste span het met 1 paaltjie verloor ten spyte van Dillen Buys se puik 56 lopies.

 

Bosveld sien uit na hul deurslaggewende ligabepaling teen Laerskool Thabazimbi wat op 6 en 8 September plaasvind.

Vier Bossies deur na Waterberg Proewe

Jimmy du Plessis
Krieket

Vier seuns van Laerskool Bosveld Primary het op Vrydag, 19 Augustus tydens die Kringproewe vir hulself ‘n plek oopgespeel om eerskomende Saterdag aan die Waterberg Streekproewe deel te neem. Die seuns is Ruan Mostert en Erhard Geyser (albei O/11), Tebogo M’khomazi (O/12) en Dillen Buys (O/13).

 

Bosveld het ook ‘n goeie week met hul ligawedstryde teen Laerskool Warmbad gehad, waar drie van die vier spanne hul wedstryde gemaklik gewen het. Die O/10-spannetjie het met 8 paaltjies gewen en Albert von Rönge het 37 lopies aangeteken. Die O/11-spannetjie het met 95 lopies gewen en Ruan Mostert het ‘n pragtige 96 onoorwonne lopies aangeteken. Die 2 de span het ook gemaklik gewen met 88 lopies danksy ‘n vegtersbeurt deur Robbie de Klerk van 47 onoorwonne lopies. Die 1 ste span het met 1 paaltjie verloor ten spyte van Dillen Buys se puik 56 lopies.

 

Bosveld sien uit na hul deurslaggewende ligabepaling teen Laerskool Thabazimbi wat op 6 en 8 September plaasvind.

Mini-Bossies kook

Marno Pepler
Mini Krieket

Laerskool Bosveld Primary se jong krieketspelers het op die 20ste Augustus die pad na Laerskool Koedoeskop aangedurf. Daar het hulle onder andere vir Laerskool Koedoeskop en Laerskool Platina op die krieketveld tëegekom. As dit gekom het by vernuf in dié spel was daar min wat die Bossies kon stuit, hul het veral die voortou geneem met die kolf in die hand. Met dié klomp mini-krieket spelers is Bosveld se jongbloed beslis `n groupie om stip dop te hou.

Bossies slyp hulself vir krieketlig

KrieketKrieket

Laerskool Bosveld Primary se O/11‐ en O/13‐krieketspanne het die afgelope vakansie aan ‘n krieketweek by Jubaweni deelgeneem om hulself vir hierdie kwartaal se krieketliga voor te berei. Waardevolle wedstrydoefening is opgedoen en daar was ook netsessies waar Deon Botes aan die seuns se kolftegniek gewerk het, terwyl Geoff Clarke met die boulers gewerk het. Albei spanne het een van hul wedstryde gewen en sien met vertroue uit na die ligawedstryde wat eersdaags begin.

 

Ruan Mostert het twee vyftigtalle vir die O/11‐spannetjie aangeteken, waarvan een beurt 83 onoorwonne lopies opgelewer het. Op die foto is Ruan in aksie op pad na sy onoorwonne 83 lopies en op die ander foto is een van die seuns besig om te werk aan sy kolftegniek in een van die netsessies.

Bossies se 1 stes val vas in semi-finaal

J du Plessis
Cricket

 

Laerskool Bosveld Primary se 1 ste krieketspan het ongelukkig verlede Donderdag, 22 Oktober, vasgeval in hul halfeindstryd teen Laerskool Pietersburg-Oos. Die Bossies het eerste gekolf, maar kon slegs 91 lopies aanteken. W.P. Vermeulen het soos ‘n ware Bossie hardnekkig teenstand gebied met ‘n vegtersbeurt van 52 lopies. Daar was ongelukkig nie verdere hoogtepunte nie en gevolglik het Pietersburg-Oos die wenteiken van 92 lopies met redelike gemak bereik.

Die seuns het egter goeie krieket gespeel in die afgelope seisoen en Laerskool Bosveld Primary is baie trots op die feit dat twee van hul spanne die halfeindstryd gehaal het. ‘n Spesiale woordjie van dank gaan aan die afrigters van die 1 ste span, naamlik mnre. Pierre Hugo en Henry Smith.

Tebogo makes the Limpopo team

J du Plessis
Cricket

 

Laerskool Bosveld Primary is very proud of Tebogo Lekalakala (Mkomazi), who recently heard the good news that he had made the Limpopo U/11-cricket team.
Tebogo is a competent fast bowler and has the ability to make life very uncomfortable for batsmen, because with his length he bowls quite a bouncy ball. His batting is also improving rapidly, which makes him an all-rounder to reckon with when playing against him.
Laerskool Bosveld Primary wishes Tebogo the best of luck in the upcoming matches where he will represent his province.
Mr. Jimmy du Plessis and Marno Pepler are Tebogo’s U/11 coaches at Laerskool Bosveld Primary.

Bosveld se Krieket en Sokker blink uit

Krieket

 

Laerskool Bosveld Primary se Krieketspanne het verlede week puik presteer in die ligawedstryde teen Laerskool Thabazimbi. Die O/10, O/11 en 1 ste span het almal hul wedstryde gewen. Dit was veral die 1 ste span se oorwinning wat die deurslag gegee het om hulle as Waterberg Streekwenners te kroon. Die O/10 – spannetjie is gesamentlik voor met Krugerpark en Thabazimbi.


Tydens die “ses aan ‘n kant toernooi op Koedoeskop het die seuns ook puik vertoon. Beide die O/11- en O/13-spanne het vyf wedstryde uit ses gewen, en was baie ongelukkig om naelskraap te verloor in die finale.


Ook op die Sokkerveld het die Bossies nie op hulle laat wag nie en twee mooi oorwinnings behaal op Warmbad se velde. Die Bossies het hul teenstanders met 3-0 geklop in die O/11-wedstryd en die O/13’s was baas met 3-1.


Laerskool Bosveld se sportafrigters is sommer baie trots op hul seuns se puik prestasies en hoop dat hul nog baie meer weke soos verlede week sal beleef.

Bosveld se Krieketseuns blink uit:

Krieket

 

Laerskool Bosveld Primary se krieketspelers het op Saterdag, 22 Augustus hul stemme dik gemaak tydens die Waterberg proewe. Dit het baie goed gegaan en Bosveld spog nou met drie seuns wat aan die finale proewe gaan deelneem om hul plekke in die Limpopo-span te probeer oopspeel.


Die seuns wat deurgedring het was Janco Lötter (O/13), Zander Joubert (O/12) en Tebogo Lekalakala (O/11). Laerskool Bosveld Primary is baie bly oor die feit dat daar ‘n seun van die skool is by elke ouderdomsgroep waarvoor daar proewe gehou word. Die seuns word alle sterkte toegewens vir die finale Limpopo proewe wat op 4 en 5 September op Polokwane en Tzaneen plaasvind (O/11 en O/13 in Polokwane en O/12 op Tzaneen).

Bossies presteer op die krieketveld

Jimmy du Plessis
Krieket

 

Laerskool Bosveld Primary se krieketspelers het die afgelope week weer puik prestasies gelewer. Die eerste span het lag-lag met Laerskool Platina afgereken. Janco Lotter het `n hondertal aangeteken en WP Vermeulen het `n vyftal bygevoeg.


Die spelers het ook op Vrydag, 14 Augustus, aan die kringproewe deelgeneem by Laerskool Thabazimbi. Sewe van Laerskool Bosveld Primary se spelers het deurgedring na die volgende rondte wat op Saterdag, 22 Augustus by Laerskool Warmbad sal plaasvind. Die seuns is Roelf Uijs en Tebogo Lekaka, beide o/11; Dillen Buys en Zander Joubert (o/12); Janco Lotter, Armand de Beer en WP Vermeulen (o/13).


Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hierdie spelers en wens hul sterkte toe vir die volgende rondte.

Bossies se 1 stes wen teen Krugerpark

J du Plessis
Krieket

 

Laerskool Bosveld Primary se krieketspanne het hul ligawedstryde die afgelope week begin teen Krugerpark. Dit was ‘n taai begin vir die O/10-, O/11- en 2 de spanne, maar die 1 ste span het mooi reggemaak deur met 13 lopies te seevier.
Uitblinkers by die 1 ste span was Janco Lötter met 55 onoorwonne lopies en Zander Joubert met 3 paaltjies vir 30 lopies in 6 beurte. By die O/10-span het Ruan Mostert 42 lopies aangeteken.
Die seuns gaan in die volgende week aan die Kringproewe deelneem by Laerskool Thabazimbi en ons vertrou dat hulle ook daar hul stemme sal dikmaak.

Bossies blink uit in eerste wedstryde

Jimmy du Plessis
Krieket

 

Laerskool Bosveld Primary se O/11- en O/13 krieketspanne het die seisoen op ‘n hoë noot begin deur hul vriendskaplike wedstryde teen Laerskool Ellisras te wen. Dit was die ideale geleentheid om hulself vir oulaas te slyp voordat die ligawedstryde in die daaropvolgende week teen Krugerpark begin. Die O/13-span het gemaklik gewen, maar die O/11-spannetjie is goed skrikgemaak deur hul teenstanders voordat hulle uiteindelik die knoop deurgehaak het.


Dit is veral by die O/13-span waar twee spelers uitsonderlike individuele prestasies met die kolf gelewer het. W. P. Vermeulen teken 102 lopies aan en Janco Lötter spog met ‘n onoorwonne 85 lopies. Laerskool Bosveld se afrigters glo vas dat hierdie twee seuns tot groter dinge bestem is later in die seisoen.

Bossies slyp hul krieket

Krieket

 

Laerskool Bosveld Primary se O/11- en O/13-krieketspanne het die afgelope vakansie deelgeneem aan die Jubaweni Krieketweek naby Settlers. Hierdie krieketweek bied aan afrigters en spelers die geleentheid om te leer by hoogaangeskrewe afrigters wat baie bekend is in Titans Krieket. Daar is ook verskeie wedstryde gespeel teen sterk skole van Limpopo, Mpumalanga en Gauteng.

 

Albei spanne het met meer selfvertroue teruggekeer na afloop van die week en die seuns en afrigters het die week baie geniet.

Diehann wys dat aanhouer kan wen

Diehann

Diehann Pretorius het bewys dat wanneer mens hard werk met ‘n spesifieke doel om iets te bereik, sukses om die draai vir jou wag...

 

Vanaf O/11-ouderdom het Diehann gereeld die streekspan van Waterberg gehaal. Hy het ook streekstoernooie bygewoon in sy vakansietyd. Voeg hierby dat hy ook gereeld saam met sy pa, Mnr. Louwtjie Pretorius, by Laerskool Bosveld Primary oor naweke in die krieketnette opgemerk word, dan besef jy dat hierdie ‘n seun met ‘n missie is. Hoewel Diehann in sy O/11 – en O/12 jaar nie die Limpopospan kon haal nie, is sy harde werk uiteindelik vanjaar beloon toe hy in die O/13-groep van Limpopo opgeneem is.

 

Laerskool Bosveld Primary se onderwysers is baie trots op hul hoofseun wat op en van die sportveld af ‘n goeie voorbeeld vir sy mede-leerders stel.

 

Bossies word beloon vir goeie krieket

bossie krieket

Laerskool Bosveld Primary se O/11 - en O/12 seuns is beloon vir hul goeie vordering na afloop van vanjaar se streekproewe. Hierdie seuns kry nou die geleentheid om aan die Streekstoernooi vanaf 2-4 Oktober in Tzaneen te gaan deelneem. Courtney Nyamakupe is ook in die Limpopo-span opgeneem.

 

Op die foto is die drie O/11-seuns wat aan die toernooi gaan deelneem saam met Jan-Hendrik Rigaard. Jan-Hendrik gaan nie aan die streekstoernooi deelneem nie, maar was ook ‘n staatmaker in sy skoolspan tydens die “Sesse Toernooi” op Thabazimbi, waar hy as beste bouler aangewys is met boulsyfers van 6 paaltjies vir slegs 11 lopies. Van links na regs is Zander Joubert, Dillen Buys, Jan-Hendrik Rigaard en J.P. Botha.

 

Bosveld presteer puik by Waterberg proewe

Waterberg

Laerskool Bosveld Primary het nie minder nie as agt seuns opgelewer in vanjaar se Streekspanne vir die ouderdomme O/11, O/12 en O/13. Hierdie agt seuns gaan in die naweek van 29 en 30 Augustus aan die finale Limpopo proewe deelneem. Die O/12 proewe is op Tzaneen, terwyl die O/11 en O/13 proewe op Polokwane sal plaasvind.

 

Die twee O/11 seuns wat deurgedring het is Dillen Buys en Zander Joubert. Die O/12 groep het vier seuns seuns opgelewer, naamlik Janco Lötter, W.P. Vermeulen, Courtney Nyamakupe en Matlapo Modise. Diehann Pretorius en Conrad Prinsloo is die twee O/13 seuns wat hul skool se naam gaan hoog hou by die proewe.

 

Laerskool Bosveld Primary wens hierdie seuns alle sterkte toe vir die finale proewe.

 

Bossies blink uit tydens krieketproewe

krieketproewe
>

Laerskool Bosveld Primary se krieketseuns het op Vrydag, 15 Augustus aan die kringproewe op Thabazimbi deelgeneem. Elf seuns het dit bygewoon, en al elf van hulle het deurgedring na die volgende rondte.

 

Die volgende seuns het deurgedring: J.P. Botha, Dillen Buys en Zander Joubert (aldrie O/11) ; Janco Lötter, Armand de Beer, W.P. Vermeulen, Matlapu Modise en Courtney Nyamakupe (almal O/12) ; Diehann Pretorius, Conrad Prinsloo en Johan van Niewenhuizen (almal O/13).

 

Bogenoemde seuns neem nou op Saterdag, 23 Augustus aan die Streek 1 proewe deel by Laerskool Warmbad. Die Bossies hou almal styf duim vas dat hulle sal deurdring na die Limpopo proewe aan die einde van die maand op Pietersburg en Tzaneen.

 

Laerskool Bosveld Primary vs Laerskool Ellisras 2014-07-29

bosveld vs

Die Onder 11 krieketwedstryd tussen Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Ellisras het plaasgevind op Dinsdag, 29 Julie op Bosveld se velde. Na die loting het Laerskool Ellisras besluit om eerste te kolf. Laerskool Bosveld Primary se boulers het hulself baie goed van hul taak gekwyt deur al Laerskool Ellisras se paaltjies te neem vir slegs 45 lopies. Laerskool Bosveld Primary se uitblinkers was Johan Nkomo (boulsyfers van 6 paaltjies vir 8 lopies in 2 boulbeurte) en onder die kolwers was dit Zander Joubert wat 20 lopies aangeteken het van slegs 9 balle. Die Bossies se kolwers het die wenlopies gemoker in slegs die 4 de boul-beurt en sodoende die wedstryd met 9 paaltjies gewen. Bosveld is baie trots op hierdie seuns en sien uit na nog beter prestasies tydens die liga wat vandeesweek begin

 

Die Onder 13 krieketwedstryd tussen Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Ellisras het plaasgevind op Dinsdag, 29 Julie op Ellisras se velde. Laerskool Bosveld het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Bossies het slegs 69 lopies aangeteken, maar dit was nie die einde van die drama nie. Johan van Nieuwenhuysen het die wedstryd teruggetrek in Bosveld se guns met ‘n uitmuntende boulvertoning. Hy het 6 paaltjies laat kantel vir slegs 12 lopies, terwyl sy spanmaat Janco Lötter 3 paaltjies vir 10 lopies geneem het. Danksy hierdie vertonings is die Rassies vir slegs 51 lopies uitgeboul en Bosveld het die wedstryd met 18 lopies gewen.

 

Bosveld vs Pietersburg Suidskool

suidskool

Bosveld se 1ste krieketspan het Saterdag, 26 Julie 2014 kragte gemeet teen Suidskool van Pietersburg. Die vriendskaplike wedstryd het plaasgevind op Bosveld se velde. Die doel van die wedstryd was om die spanne voor te berei vir die liga wat plaasvind in die kwartaal. Bosveld gaan poog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak en bande te bou met Suidskool. Die uitslag van die wedstryd was Bosveld wat wen met 46 lopies. Spelers wat uitgestaan het in die wedstryd met die kolf was Johan Jansen van Nieuwenhuizen met 43 lopies, Janco Lotter met 26 lopies en Diehann Pretorius ook met 26 lopies. Boulers wat hulle kant gebring het is Conrad Prinsloo – 3 vir 19, Janco Lotter – 3 vir 11 en WP Vermeulen – 2 vir 26.