Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Bossie Koerant / Bossie Newspaper

Read the Bossie Newspaper online!!

 

DOWNLOAD NOW!

Die hoofdoel van die skoolkoerant is om die skool aan die gemeenskap te bemark. Daar word twee uitgawes per jaar gepubliseer en hierdie publikasies word deur advertensies gedra en is tot beskikking vir die hele gemeenskap en omgewing.

 

Die Bossie maak elke leerder opnuut trots om deel te wees van Laerskool Bosveld Primary.

Redaksielede maak pizzas

Mercia Joubert

 

redaksielederedaksielede

Groot was die afwagting met die besoek van Laerskool Bosveld Primary se redaksielede by Domino’s Pizza op Dinsdag, 13 Junie 2017. Na `n hartlike ontvangs waar elkeen sy eie “in-opleiding-voorskoot” en “sjef-hoed” ontvang het, het die leersessie `n aanvang geneem. Talle foto’s is geneem, met giggellaggies wat kort-kort tussen die aandagtige konsentrasie gehoor is – nie so maklik om die vorm van `n pizza akkuraat na te boots nie.

 

Grootoog is daar gewag dat die pizzas uit die oond moes kom, waaraan later heerlik gesmul is. Elke redaksielid is met ‘n pragtige sertifikaat beloon vir volgehoue passie en toewyding; danksy Domino’s se passievolle personeel.