| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Bulletjie Rugby
Algemene Reëlings vir die suksesvolle hantering van 'n wedstryd!
Die regte bal beskikbaar?
Is daar noodhulp?
Is daar lynregters?
Is die veld korrek afgemeet?
Is daar drinkwater?
Een afrigter per span op die veld toelaatbaar
Paalbeskermers
Regte aantal spelers op die veld
Het skeidsregter sy eie fluitjie?
Is skeidsregter korrek geklee?
Ken skeidsregter sy reëls vir die betrokke wedstryd?
Is daar 2 m spasie tussen speelveld en ouer/toeskouers?
Verskil kleredrag in kleur van opponente?
Pligte van Skeidsregter
Verduidelik voor die wedstryd aan afrigters en Bulletjies waarvoor jy ernstig gaan blaas - wees konsekwent
Ken die 10 algemene reëls
Neem beheer van die wedstryd, wees ferm en staan by jou besluit
Blaas die fluitjie hard en duidelik
Praat hard en duidelik en waarsku die spelertjies wanneer hulle oortree met minder ernstige oortredings voordat jy blaas
Probeer om die spel te laat vloei
Praat met die afrigters as dieselfde oortredings plaasvind
Moenie in argumente met toeskouers betrokke raak nie
Rapporteer enige voorvalle aan die organiseerder
Hanteer beserings altyd asof dit ernstig kan wees, maak seker waar die noodhulp is
BULLETJIE-Rugby Reëls soos deur die Skeidsregter benodig:
Grootte van Veld
Daar word van kantlyn tot kantlyn dwarsoor die veld gespeel
O/6: Die doodlyn en doellyn dien as kantlyne en doelgrenslyne is die doellyn.
O/7: Die doellyn en die 25m lyn dien as kantlyne.
O/8: Die doellyn en die 10m stippellyn dien as kantlyne.
Kantlyne dien as doellyne.
Die doelpale word nie gebruik nie.
Die 15 m (13m) stippellyn dien as 22-meterlyn.
'n Denkbeeldige lyn regoor die pale dien as middellyn.
Ouderdoms Groepe
Bulletjie-Rugby word in drie verskillende ouderdomsgroepe gespeel.
O/6 kleuterskool spelers wat nie jonger as 5 jaar is nie en ouer as 6 jaar is nie.
O/7 wat teen mekaar speel en O/8's wat teen mekaar speel.
'n Speler is O/7 in die jaar wat hy 7 word.
'n Speler is O/8 in die jaar wat hy 8 word.
Aantal Spelers
O/6: vyf spelers in 'n span
O/7: sewe spelers in 'n span
O/8: twaalf spelers waarvan vyf voor- en vyf agterspelers is.
Daar moet van reserwes gebruik gemaak word.
Tydsduur van'n Wedstryd
O/6, O/7 en O/8: Twintig minute. Tien minute aan 'n kant met 1 minuut rustyd.
Punte
'n Drie tel een punt.
Geen doelskoppe.
Begin van spel
Afskop van die "middellyn" wat regoor die Rugbypale van die gewone veld is.
Indien bal doodgedruk word, tikkie op denkbeeldige kwartlyn vir O/6, O/7 en vir O/8 'n skrum.
Behalwe van 'n afskop mag die bal nooit geskop word nie (Indien wel, tikskoppie vir O/6, O/7 en skrum vir O/8 opponente).
Afskop behels óf 'n skepskop óf 'n gewone skop.
Die bal moet vir die opposisie geskop word (nie oor hulle koppe nie).
Alle opponente moet 5m van die "middellyn" af wees.
Teenstanders moet eers die bal ontvang en dan kan aanvallers die bal speel.
Strafskoppe
Waarvoor word strafskoppe toegeken?
Onkantspel
Vuilspel - waarsku en straf - as die speler nie gehoor gee nie, word hy vir vyf minute na agter die doodlyn (koelkas) gestuur.
Hoogvat - waarsku en straf
As die 5 m reël by skrum- en lynstane nie nagekom word nie. Waarsku gereeld!
As 'n strafskop toegeken word moet die verdedigende span 5 m terugval. Die aanvallende span moet wag totdat die verdedigers 5 m teruggeval het voordat die tikskoppie geneem word. Geen vinnige tikskoppies nie. Die skeidsregter neem die bal en oorhandig dit aan die aanvallende span.
Speler wat die tikskoppie waarneem, mag nie self hardloop nie. Hy moet die bal aangee voordat hy weer aan die spel mag deelneem.
Indien 'n oortreding op die doellyn plaasvind en die aanvallende span kry die strafskop, moet die straskop 5 m van die doellyn toegeken word.
Wanneer daar vanaf 'n lynstaan gedryf word. (Waarsku en straf op plek)
Indien 'n stormramlopie plaasvind vanaf 'n strafskop.
Skrum(Net vir O/8 spanne)
O/6 en O/7 spelers maak slegs gebruik van 'n tiksskoppie. (Spelers wat die tikskoppie waarneem moet die bal aangee) -5 m reël!
'n Mini-Skrum bestaan uit vyf spelers naamlik:
Loskopstut
Haker
Vaskopstut
Twee slotte(sien skets)
Wanneer word 'n skrum toegeken?
As die bal ver vorentoe aangegee word.
As die bal aangeslaan word. Pas voordeelreël toe.
Tydens 'n losskrum (hopie) waar die bal nie uitkom nie. Die span wat in besit van die bal is kry die ingooi. Moenie 'n losskrum te lank laat aangaan nie.
As die bal geskop word.
Hoe werk die skrum?
Daar word nooit in 'n skrum gedruk nie. Die span wat die bal ingooi moet die bal haak. Maak seker dat die spelers behoorlik bind.
Die skrum mag nie opbreek alvorens die bal aan die agterlyn besorg is nie. (Waarsku - weer skrum)
Die opponente-skrumskakel moet agter die agterste voete van sy skrum bly staan. (Waarsku - weer skrum)
Die twee agterlyne moet 5 m van die skrum af bly totdat die bal aan dieaan- vallende agterlyn besorg is. Die opponente mag eers opkom vir verdediging nadat die bal die "losskakel" bereik het!
Bind van spelers by skrum
Al die spelers in elke voorry moet behoorlik bind en gebind bly terwyl die skrum gevorm word. Hulle moet gebind bly terwyl die bal ingegooi word, en ook terwyl die bal in die skrum is.
Die haker mag met sy arms bo-oor of onder die arms van sy stutte bind. In beide gevalle moet hy behoorlik om hulle bolywe bly of onder die armholtes bind. Die stutte moet op dieselfde wyse met die haker bind. Die haker mag nie op so 'n wyse deur sy stutte ondersteun word dat hy geen gewig op enige voet dra nie.
Die buite stut (loskop) moet aan sy teenstander (vaskopstut) met sy linkerarm binne die regterarm van sy teenstander bind, andersins mag hy sy linkerhand of arm op sy linker bobeen plaas.
Die vaskopstut moet met sy regterarm buite om die bo-arm van sy teenstander se loskopstut bind. Hy mag wel aan sy teenstander se trui bind, maar net as hy die skrum en/of homself wil stabiliseer.
Hy mag nie sy teenstander aftrek nie.
Lynstaan
O/6 en O/7 - Sodra 'n span veroorsaak dat die bal buite spel raak, voer die opponente 'n
tikskoppie 3 m van die kantlyn af uit. Die 5 m reël geld, en die speler wat die tikkie neem
moet die bal uitgee.
O/8 - Sodra 'n span veroorsaak dat die bal buite spel raak vind 'n lynstaan plaas en die
opponente gooi die bal in.
Die haker gooi die bal by die lynstaan in .
Twee springers en twee ondersteuners. Springers moet die bal met twee hande vang
Eerste speler 2-3 m weg van kantly af plaas
Een meter afstand tussen twee lyne
Verdedigende haker moet binne 2 m lyne staan totdat bal ingegooi is
Die span wat die bal ingooi, moet die bal bemeester, vasmaak en aan die losskakel besorg
Die voorspelers wat die bal uit die lynstaan wen, mag nie vorentoe dryf nie
Die opponente wat die haker insluit, moet bind en mag nie loshang nie! (Mag nie dryf of
stoot op opponente nie)
Die twee agterlyne moet die 5 m reël toepas en die verdedigende span mag nie vir
verdediging opkom voordat die bal aan die losskakel besorg is nie (strafskop)
Die skrumskakel mag nie breek nie. Hy moet die bal aan die agterlyn besorg
Agterlyn
Slegs vir O/8
Bestaan uit 'n skrumskakel, losskakel, senter, vleuel en heelagter
Voordele van die Mini-Agterlyn
Spelers leer om hulle regte posisies in te neem
Reguit hardloop kan makliker aangeleer word
Meer klem kan gelê word op goeie hantering
Spelers kan gereeld posisioneel geskuif word om hul regte speelposisies te bepaal
Dit bied hulle die geleentheid om 'n beter perspektief van agterspel te kry
Losgemale(Hopies)
O/6 - O/7 - begin die spel weer met 'n tikskoppie deur die span wat laaste in besit van die
bal was
Die bal mag nie vasgehou word nie (strafskop)
Die spelers mag nie van die verkeerde kant die bal speel nie (strafskop)
Blaas gou, sorg dat losgemale nie te lank aanhou nie.
Algemeen
Moedig hardloop Rugby aan en ontmoedig selfsugtige spel
Solank 'n aanvallende span nie besliste direkte voordeel uit 'n aanslaan of vorentoe aangee trek nie, moet die spel eerder aangaan
Skeidsregters moet voorkomend blaas
Een afrigter per span kan tydens die wedstryd op die veld wees om te help met die
interpretasie van die reëls. LW: Gaan progressief te werk later in die seisoen met geen afrigter op die veld.
Geen stormarmlopies word toegelaat vanaf 'n strafskop nie.
Indien 'n oortreding op die doellyn of binne die doelgebied plaasvind en die aanvallende span kry diestrafskop moet die strafskop 5m van die doellyn toegeken word
Wanneer 'n skrumskakel self breek sonder om die bal uit te gee vanaf 'n skrum of lynstaan op plek van oortreding
Moet nie vir die onbenullige foute blaas nie, sorg eerder dat die spel vloei sodat die spelers maksimum geleentheid kry om te speel
Pligte van die Grensregter
Aanduiding aan die skeidsregter wanneer die bal buite spel raak of as daar 'n besering opgedoen is.
Hou toeskouers ± 2 m weg vanaf speelveld, en sien toe dat geen toeskouer op die veld kom tydens die wedstryd nie .
|



