Gebeure / Events
| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Borge / Sponsors
Die skool as opvoedkundige instelling behoort die plek te wees waar sportetiek en moraliteit ontwikkel word as deel van die groter opvoedingsdoel om die kind voor te berei vir die volwasse lewe.
Sport is vandag 'n multi-dimensionele aktiwiteit. Die soeke na voortreflikheid en onderskeiding is 'n natuurlike drif van die mens.
Sport bied aan die afrigter en die deelnemer veelvuldige opvoedkundige waardes soos:
Vinniger: Om jou medemens by te staan of op te hef
Hoër : Te streef na morele vorming
Sterker : Te staan teen uitdagings van die lewe, teleurstellings, terugslae ens.
Die belangrikste saak is nie om te wen nie, maar om deel te neem met eerlike spel!
Die volgende waardes word by Laerskool Bosveld Primary nagestreef in sport:
- Respek vir jou eie liggaam en die opponente se liggame;
- Respek vir die reëls van die spel;
- Respek vir die skeidsregter se beslissings;
- Wen met trots, maar verloor met waardigheid sonder verskonings;
- Hou jou liggaam, houding en gedagtes rein as voorbeeld vir ander;
- Strewe na liggaamlike fiksheid en vermy selfsugtigheid en egoïsme;
- Deel jou sukses met ander;
- Dank die Skepper vir jou talente;
- Deelname aan 'n wye verskeidenheid sportsoorte.
|


