| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
TOELATINGSBELEID VAN
LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY
BELEID VAN LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL
1.Inleiding
2.Aansoeke om toelating tot die skool
3.Die skool se gedragskode vir leerders (insluitend dragkode)
4.Skoolgeld
5.Skooleiendom
6.Risiko van skade of verlies
7.Volgorde van voorkeur met betrekking tot toelatingsaansoeke
8.Vereistes
9.Toelating van persone sonder Suid-Afrikaanse burgerskap
10.Die SBL en die leerders van die skool
11.Die ouers en die skool/SBL
12.Hersiening
13.Goedkeuring
14.Registrasiedokument
15.Bylae
16.Aanhangsel A
17.Vrywaringsvorm
1.INLEIDING
Aangesien Laerskool Bosveld Primary (hierna “die Skool”) 'n openbare skool is met regspersoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna “die SBL”), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is;
Aangesien die Beheerliggaam (hierna “SBL”) ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die bepalings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toelating van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal;
Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna “die wetgewing”) let:
(i)die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat in Wet Nr. 108 van 1996 (hierna “die Grondwet”);
(ii)artikel 3(3)(4)(I) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr. 27 van 1996 (“NEPA”);
(iii)die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die minister van onderwys in Staatskoerant Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98) (hierna “ministeriële beleid”) gepubliseer; en
(iv)die Wysigingswet op Onderwyswette, Nr. 50 van 2002;
Aangesien die Skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatingsbeleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatingsbeleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker;
Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se Beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of Verskillende Grade by die Skool soos volg:
2.AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL
Daar word erken dat –
(a)die Departementshoof (Onderwys) (hierna “DH”) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO) wat deur die DH gedelegeer is (hierna “die DH-gedelegeerde(s)”), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en
(b)die DH/die DH-gedelegeerde(s) 'n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op 'n tydige en doeltreffende wyse plaasvind.
Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te alle redelike tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatingsproses gehou word te verkry.
Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om die inligtingsbylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker.
Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp:
(a)die SBL-grondwet;
(b)die Skool se taalbeleid;
(c)die Gedragskode vir Leerders; en
(d)hierdie toelatingsbeleid.
Die Skool en die SBL onderskryf die siening dat ingevolge die reg en by gebrek aan 'n hofbevel tot die teendeel, die wettige voog(de) van 'n minderjarige leerder die uitsluitlike reg het om te besluit by watter skool hulle kind/pleegkind ingeskryf word. Gevolglik aanvaar die Skool en SBL geen aansoek tensy dit ingedien word deur die voog(de) van, of die persoon/persone met wettige aanspraak op sorg vir die minderjarige leerder, of 'n persoon/persone wat skriftelik deur hulle daartoe gemagtig word nie. Voorts beskou die Skool en die SBL nougesette nakoming van hierdie benadering as noodsaaklik aangesien dit verseker dat geldige toestemming verleen word vir die behandeling van die leerder in loco parentis, vir die leerder se deelname aan uitstappies, ensovoorts. Gevolglik word daar van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te verseker dat hierdie benadering streng nagekom word.
Die SBL onderneem om die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof in pogings te ondersteun om die persone waarna daar in paragraaf 1.5 hierbo verwys word aan te moedig om voor die einde van die jaar wat die volgende skooljaar voorafgaan, of die begin van die nuwe jaar, om die toelating van hulle kinders/pleegkinders aansoek te doen.
Onderhewig aan hierdie beleid vereis die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof leerdertoegang tot openbare skole, waaronder dié Skool, in oorleg met die Skool koördineer, en onderneem die SBL om opbouende ondersteuning te verleen ten einde te verseker dat alle geskikte leerders toepaslik toelating ontvang.
Waar 'n leerder of voornemende leerder drie of meer jaar bo die normale, wetsvoorgeskrewe ouderdom vir sy/haar betrokke graad is, of vir die graad waarom daar namens hom/haar aansoek gedoen word, moet die Skoolhoof die SBL raadpleeg oor of die leerder tot 'n toepaslike graad by die Skool, of 'n oorbruggingsprogram/bespoedigingsfasiliteit van die distriksdirekteur van die provinsiale departement van onderwys toegelaat moet word, voordat daar op optrede onder die bepaalde omstandighede besluit word.
As 'n voorvereiste vir enige besluit rakende die toelating van 'n leerder tot die Skool, vereis die Skool en die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof die volgende bepaling van die Grondwet streng nakom –
“28 (2) – 'n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak”.
3.DIE SKOOL SE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS (INSLUITEND DRAGKODE)
Hoewel aansoekers se weiering om die Skool se Gedragskode vir Leerders (insluitend dragkode) te onderskryf nie die toelating van die leerder tot die Skool kan verhoed nie, sal die kode nietemin bindend wees vir die leerder. Artikel 8(4) van die Skolewet bepaal soos volg:
“Geen bepaling van hierdie Wet stel 'n leerder vry van die verpligting om die gedragskode van die skool wat deur sodanige leerder bygewoon word, na te kom nie.”
Aansoekers word aangemoedig om die Skool te ondersteun deur hulleself van die Skool se Gedragskode vir Leerders te vergewis en die nakoming daarvan deur leerders te verseker.
4.SKOOLGELD
4.1 Ouers (soos in artikel 1 van die Skolewet omskryf) se versuim, weiering of onvermoë om skoolgeld te betaal, kan nie die toelating van leerders tot die Skool verhoed nie.
4.2 Ingevolge artikel 38-41 van die Skolewet, moet 'n algemene jaarvergadering van die ouers van ingeskrewe leerders by die Skool na dertig (30) dae kennisgewing aan ouers geskied. By die jaarvergadering besluit die meerderheid van die ouers teenwoordig op die aanvaarding al dan nie van die begroting wat vir die volgende boekjaar deur die SBL voorberei is. By dieselfde vergadering kan die meerderheid van stemgeregtigde ouers teenwoordig besluit dat die betaling van skoolgeld verpligtend moet wees, wat die skoolgeldbedrag per leerder per jaar sal wees, en watter maatstawwe sal geld vir algehele of gedeeltelike vrystelling aan ouers wat nie die volle verpligte bedrag of 'n gedeelte daarvan kan betaal nie. Ouers wat nie daartoe in staat is om enige gedeelte van die bedrag of die volle bedrag te betaal nie, is daarop geregtig om op die voorgeskrewe vorms by die SBL om algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek te doen. Sodanige aansoeke moet vertroulik deur die SBL hanteer word. Die SBL sal billik optree en bogenoemde maatstawwe asook die bepalings van die ministeriële toepas. 'n Afskrif van laasgenoemde sal op versoek aan ouers beskikbaar gestel word. Ouers wat om vrystelling aansoek doen, kan 'n opvoeder by die Skool of enige ander persoon vir bystand met die aansoek nader. 'n Ouer/ouers wat deur die SBL se besluit verontreg voel, kan ingevolge die prosedure wat in genoemde regulasies uiteengesit word, by die DH appelleer.
4.3 Aansoekers om vrystelling moet egter daarop let dat die gekombineerde jaarlikse inkomste van ouers in berekening gebring word in die besluit of ouers vir vrystelling in aanmerking kom al dan nie. “Gekombineerde jaarlikse bruto inkomste van ouers” word in regulasie 1 van voorgenoemde regulasies omskryf as –
“die saamgetelde bruto inkomste van al die ouers van 'n leerder soos in die Wet omskryf…”.
4.4 Die Skolewet omskryf “ouer” soos volg -
(a) die ouer of voog van 'n leerder;
(b) die persoon met wettige aanspraak op sorg vir 'n leerder; of
(c) die persoon wat onderneem om die verpligtinge van 'n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom.
Dus indien die leerder byvoorbeeld 'n pa én 'n ma het, maar by sy/haar tante woon, met ander woorde 'n persoon na wie daar in (c) hierbo verwys word, sal die gekombineerde bruto inkomste (vóór belasting of aftrekkings) van al drie – d.w.s. die ma, pa én tante – in berekening gebring word wanneer daar oor algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld beslis word.
4.5 Om hierdie rede moet die besonderhede van alle persone wat onder die omskrywing van “ouer” val, in die toelatingsaansoek aan die Skool verskaf word.
4.6 Die aansoeker se aandag word voorts op die volgende bepaling van die Skolewet gevestig –
(Artikel 41) – “Die beheerliggaam van 'n openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat daarvoor aanspreeklik is..., deur regsproses afdwing.”
4.7 Ouers van leerders word aangemoedig om die hoë onderrigstandaard en die goeie skoolfasiliteite en -omgewing in stand te hou deur skoolgeld te betaal en, waar hulle algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van verpligte skoolgeld ontvang, hulle dienste tot voordeel van die Skool aan die SBL beskikbaar te stel.
5.SKOOLEIENDOM
Aansoekers se aandag word op die volgende gevestig:
(1)Elke leerder by 'n openbare skool sal goed omsien na die eiendom van die skool wat tot sy/haar beskikking gestel word, en sal dit voor of op die datum wat deur enige opvoeder by die skool aangedui word, aan die skool terugbesorg.
(2)Die ouers van 'n leerder by 'n openbare skool sal aanspreeklik wees vir enige skade aan of verlies van skooleiendom waarvoor die betrokke leerder op sy/haar beurt teenoor die skool aanspreeklik is.
(3)Dit is elke ouer se plig om die Staat en die beheerliggaam van 'n skool in die bevordering van 'n kultuur van respek vir skooleiendom by te staan.
6.RISIKO VAN SKADE OF VERLIES
Aansoekers word daarop gewys dat die Skool geen aanspreeklikheid aanvaar vir skade aan, die vernietiging of verlies van enige eiendom wat deur die leerder of sy/haar ouer(s) op die Skoolperseel gebring word nie, ongeag wie sodanige skade, vernietiging of verlies veroorsaak, hoe dit veroorsaak word, of dit deur iemand se optrede of versuim veroorsaak word, en of dit opsetlik of weens nalatigheid veroorsaak word. Die Skool aanvaar geen aanspreeklikheid nie. Leerders word aangemoedig om na enige eiendom wat op die Skoolperseel gebring word om te sien, en aansoekers en ouers van leerders word aangemoedig om self die nodige versekering teen sodanige skade, vernietiging of verlies uit te neem.
7.VOLGORDE VAN VOORKEUR MET BETREKKING TOT TOELATINGSAANSOEKE
7.1 Tensy en totdat die DH in oorleg met die SBL anders besluit, is die
natuurlike voedingsgebied van die Skool Onverwacht.
7.2 Die Skool is tans 'n Parallelmedium-instelling (Afrikaans en Engels) en beskik dus oor menslike hulpbronne wat hoofsaaklik voorsiening maak vir daardie leerders wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtale van die Skool is, naamlik Engels of Afrikaans.
7.3 Aangesien die Skool en die SBL weet dat hulle nie onregverdig teen 'n leerder mag diskrimineer namens wie 'n toelatingsaansoek ingedien word nie, en dus geensins voornemens is om te diskrimineer nie, en hoewel hulle graag hulle deel tot leerderonderrig in vennootskap met die Staat wil bydra, begryp hulle dat die Skool nie alle leerders kan inneem nie en dat een of ander vorm van (billike) diskriminasie rakende leerdertoelating onvermydelik is. Daarom en in die lig van voorgenoemde, is dit die Skool se beleid dat aansoeke in die volgende volgorde van voorkeur hanteer word –
(a)Eerstens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se moedertaal die onderrigtale van die Skool is.
(b)Tweedens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtale van die Skool is.
(c)Derdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by 'n adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se moedertaal die onderrigtale van die Skool is.
(d)Vierdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by 'n adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtale van die Skool is.
(e)Vyfdens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, wie se moedertaal die onderrigtale van die Skool is, en wat 'n vak/vakke wil neem wat deur die Skool en nie deur 'n ander skool nader aan die leerder se woonplek aangebied word nie.
(f)Sesdens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die aansoekvorm aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is, en wat graag 'n vak/vakke wil neem wat deur die Skool en nie deur 'n ander skool nader aan die leerder se woonplek aangebied word nie.
(g)Laastens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon en wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is, op 'n eerste-kom, eerste-keuse-grondslag.
Nieteenstaande voorgenoemde en in oorleg met die distriksdirekteur, behou die SBL die reg om oorheersende voorkeur te gee aan broers of susters van leerders wat reeds by die Skool ingeskryf is.
8.VEREISTES
Buiten waar die bepalings daarvan nie in die beste belang van 'n leerder of ander leerders is nie, sal die SBL en die Skool die ministeriële beleid raadpleeg.
9.TOELATING VAN PERSONE SONDER SUID-AFRIKAANSE BURGERSKAP
Soos per regulasie
10.DIE SBL EN DIE LEERDERS VAN DIE SKOOL
10.1 Daar sal van alle leerders verwag word om hulle pligte na te kom. Leerders is voorts daarop geregtig om hulle regte uit te oefen en op die handhawing van hulle regte aan te dring soos in die Kode van die Regte en Pligte van Belanghebbendes by die Skool uiteengesit.
10.2 Die SBL beskou homself gebonde tot die beskerming van die opvoeders, leerders, ouers en nie-opvoeders van die Skool teen liggaamlike of geestelike geweld in soverre die SBL by magte is daartoe, en voorts tot die koestering van die liggaamlike, geestelike en morele welsyn van leerders. Vir hierdie doeleinde -
(a)behou die SBL die reg voor om die dissiplinêre en gedragsrekord van enige voornemende leerder by die Skool te bestudeer, en alle stappe binne sy mag te doen om die toelating van 'n leerder te verhoed wie se gedrag juis daardie beste belange kan bedreig wat die SBL genope voel om te beskerm;
(b)mag die SBL die DH om inligting vra en met hom/haar in geding tree oor die wysheid van die toelating van 'n leerder tot enige graad by die Skool wanneer sodanige leerder ernstig benadeel sal word deur sy/haar onvermoë om op die vereiste vlak vir behoorlike onderrig in daardie graad te kommunikeer of mee gekommunikeer te word;
(c)mag die SBL volgens die Toelatingsbeleid ten opsigte van gestremdes ‘n gestremde kind toelaat of weier; en
(d)verwag die SBL dat personeellede, leerders of ouers enige saak by hom sal aanmeld met betrekking tot die misbruik van regte of inbraak op die belange wat die SBL juis wil beskerm.
11.DIE OUERS EN DIE SKOOL/SBL
11.1 Ouers/voogde van leerders word versoek om die aangehegte toestemmingsvorm in te vul ten einde die Skoolpersoneel daartoe in staat te stel om in noodgevalle in die beste belang van die leerder op te tree of die leerder se pyn of ongemak te verlig totdat die “ouer(s)” kan ingryp.
11.2 Buiten hulle pligte, het ouers van leerders by die Skool ook verskeie regte. In hierdie verband word ouers na die Kode van die Regte en Pligte van Belanghebbendes by die Skool verwys. Ouers het onder andere die reg om geraadpleeg te word rakende die formulering van die Skool se taal- en godsdiensbeleid en gedragskode, of enige wysigings daaraan. Hulle word ook genooi om aanbevelings en voorstelle rakende die aanvulling of wysiging van bestaande beleid of die bestaande gedragskode ter oorweging by die SBL in te dien.
11.3 Ouers word aangemoedig om by al die werksaamhede van die Skool betrokke te raak, aan te bied om lede te word van die beheerstrukture en ondersteuningsgroepe wat die belange van die Skoolgemeenskap dien, en die onderrigproses te ondersteun deur opbouend met opvoeders om te gaan en te verseker dat leerders opgelegde take en huiswerk pligsgetrou en nougeset doen. Daar word voorts van ouers verwag om te verseker dat hulle kinders behoorlik toegerus is om ten volle aan die onderrigproses deel te neem en dat hulle skool stip op tyd en gereeld bywoon.
12.HERSIENING
Hierdie beleid mag van tyd tot tyd deur die SBL gewysig, aangevul, verander of aangepas word.
13.GOEDKEURING
AANVAAR EN GOEDGEKEUR DEUR DIE BEHEERLIGGAAM OP DIE 1STE FEBRUARIE 2010
BYLAE
Vereiste inligting vir beheerliggaamdoeleindes bo en behalwe die besonderhede wat ingevolge ministeriële beleid, provinsiale beleid of wette verstrek moet word:
1.Die naam, woonadres, werkadres en alle telefoon-, faks- of e-posbesonderhede van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val
2.'n Gewaarmerkte afskrif van enige hofbevel wat voogskap of wettige aanspraak op sorg, of enige soortgelyke reg van die persoon (“ouer”) wat daarop aanspraak maak, bevestig
3.'n Beëdigde verklaring, werkgewersertifikaat, elektrisiteitsrekening of enige ander bewys wat redelikerwys deur die SBL vereis mag word om 'n leerder en sy/haar “ouers” se woonplek, of die feit en plek van indiensneming van die leerder se “ouers” te verifieer
4.'n Afskrif van 'n identiteits- of ander dokument wat die identiteit van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val, tot die redelike bevrediging van die SBL bevestig
5.Skriftelike magtiging deur die ouer(s)/voog(de)/persoon na wie in punt 2 verwys word, aan enige persoon om hom/haar/hulle in die aansoek om toelating van die leerder tot die Skool of in enige ander aangeleentheid met betrekking tot die leerder te verteenwoordig
6.Die onderrigtaal wat namens die voornemende leerder gekies word
7.Besonderhede van enige aanmeldbare siekte waaraan die leerder (moontlik) ly
8.Besonderhede van enige ernstige oortreding waaraan die leerder deur 'n hof of enige skool waar die leerder voorheen ingeskryf was, skuldig bevind is
9.'n Voltooide gedragsertifikaat van die skool waar die leerder tans ingeskryf is
10.Besonderhede van enige toestand van die leerder wat die liggaamlike welsyn van enige ander leerder of personeellid van die Skool kan raak
11.Besonderhede van enige bepaalde behoeftes wat die leerder mag hê en wat mag aandag verg om die leerder se skoolervaring te maksimaliseer of sy/haar beste belange te bevorder
12.Besonderhede van enige toestand of omstandighede waarvan die Skool bewus behoort te wees ten einde die beste belange van die leerder en/of enige ander leerders van die Skool te beskerm
AANHANGSEL A
Besluit van ‘n vergadering van ouers van leerders verbonde aan:
LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY
gehou op 19 Oktober 2009 besluit dat:
1.Skoolfonds ooreenkomstig die bepalings van artikel 38 en 39(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet (“die Skolewet”) vasgestel en gehef sal word;
2.In terme van Artikel 39(1) van Wet 84 van 1996 kan u aansoek doen om vrystelling van die betaling van skoolfonds. Hierdie vrystelling kan gedeeltelik of algehele vrystelling wees. Hierdie vrystelling is ook terugwerkend van krag vanaf die datum waarop u vir die vrystelling kwalifiseer.
2.1 Die kriteria waaraan u aansoek moet voldoen en waaraan u aansoek om vrystelling gemeet word, is by die skool beskikbaar;
2.2 U het 90 dae (Drie Maande) om sodanige aansoek te doen, gereken vanaf datum van hierdie skrywe. Indien u nie sodanige aansoek om vrystelling gebring het binne die gemelde tydperk nie, sal ons voortgaan om die volle skoolfonds van u tesame met die kostes van u te verhaal.
3.Die begroting soos voorgestel deur die Beheerliggaam goedgekeur word en dat die Beheerliggaam gemagtig word om tekorte wat mag ontstaan op begrote bedrae vir bepaalde items op die begroting aan te vul uit oorskotte wat mag ontstaan by ander items en verder onderworpe daaraan dat die totale begroting nie oorskry word sonder goedkeuring van ‘n ouervergadering nie;
4.Die skoolfonds betaalbaar sal wees ooreenkomstig die begroting voorgelê deur die Beheerliggaam en vooruitbetaalbaar vir die jaar; (Keuse 1)
5.Die volle uitstaande skoolfonds onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word indien enige paaiement nie op die vervaldag betaal is nie; (Keuse 2)
6.Alle ouers sal verplig wees om skoolfonds te betaal tensy hulle ooreenkomstig die bepalings van die Skolewet, enige toepaslike regulasies en hierdie besluit van sodanige betaling vrygestel is;
7.Ouers wat aanvoer dat hulle nie in staat is om skoolfonds te betaal nie en daarom op algehele, gedeeltelike of voorwaardelike vrystelling van betaling van skoolfonds aanspraak maak (hierna ‘n “applikant” genoem) op die wyse soos in artikel 39(4) van die Skolewet, die regulasies daarin beoog en hierdie besluit by die Beheerliggaam aansoek moet doen om sodanige vrystelling; (voor 31 Januarie 2010).
8.Die applikant die Beheerliggaam op oorwig van waarskynlikhede moet oortuig dat hy/sy op enige sodanige vrystelling geregtig is;
9.Die applikant se aansoek:
9.1 Skriftelik moet geskied in die vorm in die toepaslike regulasies voorgeskryf;
9.2 Die applikant en enige ander persoon/persone wat kwalifiseer as ouers van die betrokke leerder/s soos in die SA Skolewet gedefinieer en enige ander verdiener in die huishouding se totale jaarlikse en maandelikse bruto inkomste en uitgawe moet uiteensit met dokumente ter stawing waar moontlik;
9.3 Die bates (teen markwaarde) en laste van die applikant met dokumente ter stawing waar moontlik, moet uiteensit;
9.4 Die gesinsamestelling van die applikant moet uiteensit;
9.5 Moet aandui of daar om algehele, gedeeltelike of voorwaardelike vrystelling van betaling van skoolfonds aansoek gedoen word;
9.6 Elke moontlike relevante feit wat die applikant ter ondersteuning van die aansoek wil aanvoer, moet bevat.
10.Die Beheerliggaam geregtig sal wees om sodanige inligting as wat na die oordeel van die Beheerliggaam nodig is vir die regverdige en billike beoordeling van ‘n aansoek om vrystelling van betaling van skoolfonds, aan te vra of in te samel;
11.Geen aansoek om vrystelling wat nie voldoen aan die voorskrifte van hierdie besluit oorweeg sal word nie, tensy die Beheerliggaam oortuig kan word dat daar buitengewone omstandighede bestaan wat die nie-nakoming van die prosedure regverdig;
12.Die Beheerliggaam geregtig sal wees om die bevoegdheid om ‘n aansoek om vrystelling soos hierbo bedoel, te ontvang, te oorweeg en daaroor uitsluitsel te gee en aan ‘n komitee van die Beheerliggaam te delegeer;
13.Die applikant binne sewe dae nadat die besluit deur die komitee geneem is skriftelik daarvan in kennis gestel sal word;
14.‘n Applikant wat hom/haar verontreg voel deur ‘n beslissing van ‘n komitee van die Beheerliggaam soos in paragraaf 12 bedoel, geregtig sal wees om binne sewe dae na ontvangs van die uitslag van sy/haar aansoek, skriftelik na die Beheerliggaam daarteen te appèlleer. Die appèl sal nie deur die Beheerliggaam van die hand gewys word sonder dat die applikant geleentheid gebied is om mondelings aangehoor te word nie;
15.Behoudens die reg van ‘n applikant om na die Departementshoof van Onderwys te appèlleer soos in artikel 40(2) van die Skolewet bedoel, die beslissing van die Beheerliggaam finaal is;
16.Die enigste maatstaf waarvolgens die komitee van die Beheerliggaam sal beoordeel of vrystelling in enige opsig verleen sal word al dan nie, is of die applikant voldoen aan die kriteria vir vrystelling soos uiteengesit in die Skolewet en enige toepaslike regulasies daarkragtens uitgevaardig;
17.Hierdie besluit nie die ouer of die skool die reg ontneem om ‘n ooreenkoms aan te gaan om die skoolfonds te betaal op ‘n ander wyse as dié voorgeskryf deur hierdie besluit nie;
18.Die Beheerliggaam geregtig sal wees om sodanige voorwaarde as wat redelik geag word vir vrystelling aan ‘n applikant te stel:
19.Skoolfonds vir die jaar beloop R4950.00 per jaar op 12 Januarie 210 betaalbaar. (Keuse 1) of R450.00 per maand vir 11 maande (Keuse 2)
19.1 Die volle uitstaande skoolgeld is onmiddellik opeisbaar en betaalbaar indien
enige paaiement nie op die vervaldag (die 7de van elke maand vanaf Januarie tot November) betaal is nie; (met koste)
19.2 Skoolfonds moet elke maand teen die 7de betaal wees vanaf Januarie 2010
19.3 Volgens wet moet elke leerder registreer of herregistreer vir 2010
19.4 Registrasie van leerders geskied op 7, 8, 11 en 12 Januarie 2010 waartydens die volle R4 950.00 skoolfonds betaal moet word of Keuse 2 uitgeoefen word.
19.5 Applikante om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolfonds moet voor of op 31 Januarie 2010 aansoek doen. Die nodige dokumentasie is by die skool verkrygbaar. (Beheerliggaam verwerk aansoeke ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse Skolewet)
19.6 Ouers is daarop geregtig om deurlopend gedurende die jaar om vrystelling of gedeeltelike vrystelling aansoek te doen, indien die ouers se finansiële posisie en / of status sou verander.
|


