| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
AS SKOOL IS DIT ONS STREWE OM:
Die ereplek aan God en Sy Woord in ons lewe te gee
Lojale burgers van die land en die skool te wees
Die wette van die land te gehoorsaam
Ons moedertaal met trots en waardigheid te gebruik
Ons skool se goeie naam te handhaaf met woord en daad
Uitnemendheid op alle terreine van die skool te bevorder
Vriendelik, hulpvaardig, en diensvaardig te wees teenoor ons medemens
Voort te bou op die trotse tradisies van ons skool
Ons skool te laat uitstyg bo die see van gemiddeldheid
Aan elkeen die geleentheid te gee om sy / haar volle potensiaal te bereik
ONS ONDERNEEM OM ELKE SKOOLDAG:
Voorbeeldig te lewe en mekaar te respekteer en te konsidereer
Die Gedragskode vir leerders uit te leef
Goeie orde te help handhaaf
Die Merietesisteem te onderhou en te eerbiedig
Met ons talente te woeker
Ons deel te doen wat van ons verwag word
Die waarheid te praat en daaraan uiting te gee.
ONS IS VERBIND TOT:
Die bevordering van goeie onderlinge verhoudinge
Liefde vir die eie en respek vir andere
Integriteit, getrouheid en hardwerkendheid
Die aanvaarding van gesag en respek vir die wat oor ons aangestel is
Die erkenning van elkeen se talente en prestasies
|


