| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
TAALBELEID VAN
LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY
1.Inleiding
2.Die skool en Beheeliggaam se beginsels en oortuigings rakende taal in onderwys
3.Verbodbepalings
4.Taal van onderrig
5.Bevordering van veeltaligheid
6.Kommunikasie met ouers
7.Tale as vakke
8.Algemeen
9.Hersiening
10.Goedkeuring
1.INLEIDING
AANGESIEN die Primêre Skool, Laerskool Bosveld Primary (“die Skool”) ’n openbare skool is kragtens die bepalings van artikel 52 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), soos gewysig (“die SASW”), en artikel 64 van die Vrystaat Skoolonderwyswet, 2000 (Wet 2 van 2000) (“die VSOW”);
EN AANGESIEN die Beheerliggaam van die Skool geregtig is, kragtens die bepalings van artikel 6(2) van die SASW en artikel 17(1) van die VSOW, om die taalbeleid van die Skool te bepaal behoudens die Grondwet van die RSA, die SASW en die VSOW;
EN AANGESIEN die Minister van Onderwys in terme van artikel 6(1) van die SASW norme en standaarde vir taalbeleid in openbare skole vasgestel het by wyse van kennisgewing in die Staatskoerant (Kennisgewing nr 1701 van 19 Desember 1997 gepubliseer in Staatskoerant nr 18546 van 19 Desember 1997);
NOU DERHALWE bepaal die Beheerliggaam van die Skool hiermee dat die taalbeleid van die Skool sal wees soos hierna uiteengesit:
2.DIE SKOOL EN BEHEERLIGGAAM SE BEGINSELS EN OORTUIGINGS RAKENDE TAAL IN ONDERWYS:
2.1 Behoorlike kommunikasie is onontbeerlik vir suksesvolle en sinvolle onderwys. Op sy beurt kan daar geen behoorlike kommunikasie wees nie tensy die opvoeder bedrewe en die leerder ten minste redelik bedrewe is in die taal van onderrig van die Skool.
2.2 Dit is nie in die beste belang van die leerder dat sy keuse van onderrigtaal aanvaar word terwyl sy bedrewenheid in die betrokke taal sodanig te kort skiet dat hy nie in staat is om volgens sy vermoë te presteer nie.
2.3 Die vordering van leerders wat genoegsaam bedrewe is in die taal van onderrig van die skool, behoort nie vertraag te word weens die toepassing van spesiale taalvaardigheidsprogramme of die toedeling van bykomende tyd aan leerders met onvoldoende bedrewenheid in die betrokke taal van onderrig nie. Leerders mag nie benadeel word deur ’n ander leerder of groep leerders se keuse van ’n ongewone of vreemde taal van onderrig nie.
2.4 Die voorvereiste van redelike praktiese uitvoerbaarheid wat gekoppel is aan die reg van ’n leerder om sy taal van onderrig te kies (soos vervat in die voormelde norme en standaarde), hou nie slegs verband met die hulpbronne van die Skool nie, maar ook met die mate waartoe dié leerder waarskynlik bevoordeel en die ander leerders waarskynlik benadeel sal word indien onderrig in die betrokke taal aan die betrokke leerder verskaf sou word.
2.5 Gebaseer op die huidige menslike- en materiële hulpbronne van die Skool, is die Skool ten beste toegerus om die opvoedkundige behoeftes van leerders met Afrikaans en Engels as moedertaal te bevredig. Derhalwe sal die behoeftes van sodanige leerders voorkeur geniet wanneer dit ookal nodig mag wees om die voorkeurorde van leerders se behoeftes te bepaal.
3.VERBODSBEPALINGS:
3.1 Daar mag nie onregverdiglik teen enige leerder gediskrimineer word, direk of indirek, op grond van sy taal nie.
3.2 Geen taaltoetse mag afgeneem word as voorvereiste vir toelating tot die Skool nie: Met dien verstande dat die prinsipaal geregtig is om ’n leerder toelating tot die skool te weier indien die prinsipaal in goeie trou en op redelike gronde glo dat sodanige weiering in die beste belange van sowel die applikant leerder as die ander leerders sal wees, weens die gebrek aan bedrewenheid van die applikant leerder in die taal van onderrig van die Skool.
4.TAAL VAN ONDERRIG:
4.1 Die taal van onderrig van die Skool is Afrikaans en Engels (Parallel).
4.2 Elke leerder of voornemende leerder het die grondwetlike reg om onderrig te ontvang in die amptelike taal van sy keuse by ’n openbare skool, met dien verstande dat onderrig in sodanige taal redelikerwys prakties uitvoerbaar is.
4.3 Die ouer van die leerder oefen namens die leerder die gemelde reg om die taal van onderrig te kies uit. Hierdie keuse moet gemaak word by aansoek vir toelating van die leerder tot die Skool.
4.4 Waar die taal van onderrig deur die applikant leerder gekies dieselfde is as die taal van onderrig van die skool en met dien verstande dat daar plek vir daardie leerder in die betrokke graad is, moet daardie leerder tot die skool toegelaat word, onderworpe aan enige moontlike wetlike rede waarom sodanige toelating geweier kan word.
4.5 Die hoof moet ’n rekord hou van alle versoeke vir onderrig in ’n ander taal as Afrikaans of Engels.
5.BEVORDERING VAN VEELTALIGHEID:
5.1 Die Beheerliggaam verbind homself en die Skool tot die aanbied van Afrikaans en Engels as volwaardige taalvakke by die Skool.
5.2 Die Beheerliggaam namens die skool onderneem ook om alles prakties moontlik te doen om ten minste een ander amptelike taal, soos Sepedi as onderafdeling van die toepaslike leerarea met die oog daarop om leerders ’n basiese gebruik van die betrokke taal aan te leer.
6.KOMMUNIKASIE MET OUERS:
Aangesien ons taalbeleid Afrikaans en Engels is, sal alle korrespondensie in Afrikaans en Engels geskied.
7.TALE AS VAKKE:
7.1 Die toedeling van tyd en hulpmiddele moet eweredig wees met betrekking tot alle taalvakke by die skool aangebied.
7.2 Die promosievereistes sal deur die Departement bepaal word.
7.3 By voltooiing van graad 7 moet elke leerder beskik oor bevredigende standaarde van bedrewenheid in ten minste twee van die amptelike tale.
8.ALGEMEEN:
Die opvoedingsproses by die Skool moet daarop gemik wees om 'n kultuur van respek vir die land se diverse taalgemeenskappe te kweek.
9.HERSIENING:
Hierdie beleid moet van tyd tot tyd op deurlopende basis hersien en verder ontwikkel word.
10.GOEDKEURING:
AANVAAR EN GOEDGEKEUR DEUR DIE BEHEERLIGGAAM OP
1 STE FEBRUARIE 2010
LANGUAGE POLICY OF
LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY
1.Introduction
2.The school and SGB’s principles and convictions for educating a language
3.Prohibition-regulations
4.Language of Education
5.Promotion of multilinguanism
6.Communicating with parents
7.Languages as learning-areas
8.General
9.Revision
10.Approval
1.INTRODUCTION
Considering the fact that the Primary School, Laerskool Bosveld Primary (“the school”) is a so called Public school according to the legal regulations 52 of the SA School Act of 1996 (Act 84 of 1996) as amended (“the SASA”), and regulation 64 of the Free State’s School education act 2000 (Act 2 of 2000) (“the FSEL”)
Considering that the SGB of the school is allowed to determine the Language Policy of the school according to act 6(2) of the SASA, it is also according to the Constitution of RSA, SASA and FSEL.
Considering that the Minister of Education, in terms of Act 6(1) of the SASA standards for a Language Policy, stipulated the facts by means of a notice in the Government Gazette (Notice nr 1701 of 19 December 1997 – Published in Government Gazette nr 18546 of December 1997);
Consequently the SGB of the school determines the Language Policy of the school as follows:
2.THE SCHOOL AND SGB’S PRINCIPLES AND CONVICTIONS FOR EDUCATING A LANGUAGE:
2.1.Proper communication is a necessity for successful and sensible education. Proper communication cannot take place if the Educator and learner are not competent enough in the Educating Language of the school.
2.2.It is not in the best interest of a learner if his/her choice of language prevents him/her to achieve according to their ability.
2.3.Progression of learners who are able to perform in the language of education should not be held back or delayed because of the application of specific Language Skills or additional time should not be spent knowledge in any Language. Learners may not be treated prejudicial by other learner / learners’ choice of Language of a strange language.
2.4.Requirements of the practical aspects of the right a learner has to choose his / her language of Education (as in above mentioned standards), can affect the resources of the school and such a learner an it can be a benefit to him / her.
2.5.At this stage the school has sufficient human and material resources to accommodate English and Afrikaans speaking learners. These learners will benefit from this when necessary.
3.PROHIBITION – REGULATIONS
3.1.No direct or indirect discrimination may take place towards any learner because of his / her language.
3.2.No language testes had to be taken as a requirement for admittance. However the principal may refuse admission if it is not in the best interest of the school of other learners at the school.
4.LANGUAGE OF ADUCATION
4.1.The language of Education of the school is Afrikaans and English (Parallel)
4.2.Any learner has the right to be taught in his / her language of preference only if education in this language is practicable.
4.3.The parents of a learner have the right to choose the Language of education. This has the right to choose the Language of education. This has to be indicated on the learners’ registration form to be enrolled as a learner of the school.
4.4.If the language is the same as the language of education of the school, such a learner had to be admitted due to availability of space, and according to the laws of the school.
4.5.The principal had to keep record of all requests for Education in other Languages than Afrikaans or English
5.PROMOTION OF MULITLINGUANISM
5.1.The SGB and the School commit themselves in offering Afrikaans and English as the two languages of the school.
5.2.On behalf of the school, the SGB will teach at least one other language as a learning area, like Sepedi to teach the learners the practical use of this language.
6.COMMUNICATING WITH PARENTS:
All correspondence will be in Afrikaans and English according to the language Policy.
7.LANGUAGES AS LEARNING – AREA
7.1.Time as well as teaching-aids should be divided equally between the languages taught as school.
7.2.Promotion requirements will be determined by the Department
7.3.By completing of Grade 7, every learner had to have sufficient standards of efficiency in at least one of the two languages.
8.GENERAL
The school’s education process has to respect the country’s diversity and different languages.
9.REVISION
This policy has to be revised and developed regularly.
10.APPROVAL:
Accepted and approved by the SGB on the 1st (first) of February 2010.
|


