| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Dekade van Dieretuinbesoeke
DEKADE VAN DIERETUINBESOEKE!

Maandagoggend, 16 Augustus, was Laerskool Bosveld Primary se graad 1- en graad 2-klasse douvoordag al in rep en roer – dit is tyd vir die tradisionele besoek aan die dieretuin in Pretoria.
209 leerders en 12 onderwysers het met vier busse om halfvyf die oggend na Pretoria vertrek. Dit was hierdie jaar die tiende jaar dat Laerskool Bosveld Primary se leerders die dieretuin besoek het. Die leerdertjies het hulle vergaap aan die olifante, ape en die seekoeie; ongelukkig wou die leeu nie vir die leerders brul nie.
Daar is ook aan die honger magies van die leerders gedink en hulle het om 12 uur `n heerlike ete by die dieretuin se restaurant ontvang. Op pad terug huis toe het die busse by die Kolonnade gestop om by die KFC daar `n heerlike draairoomys en `n smullekker “Kiddies Meal” te geniet – ook vir die tiende keer.
`n Klomp moeë leerders en uitgeputte onderwysers het laataand tuisgekom, dankbaar dis vir hierdie jaar verby, maar 2011 maak ons weer so!
|


