| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Emmers vol geld by Bosveld!
EMMERS VOL GELD BY BOSVELD!

In baie huise van die leerders van Laerskool Bosveld Primary is daar nie `n 5c of `n 10c te kry nie! Die skool het `n fondsinsameling geloods en die leerders het met entoesiasme die geld skool toe gebring – in plastieksakkies, botterbakkies en selfs roomysbakke!
Me Ansie Booysen het die reuse taak gehad om die geld te sorteer en in emmers te gooi.
Nedbank het goedgunstelik ingewillig om die geld te kom tel. Dinsdag. 3 Augustus, het twee dames van Nedbank, Soufie van Aarde en Jackie Prinsloo, al sewe uur die oggend by die skool aangemeld, gelukkig met hulle geldskaaltjie byderhand. In `n japtrap is die geld geweeg, in sakkies toegebind en getel. Laerskool Bosveld Primary wil Nedbank dan ook bedank vir hulle positiewe gesindheid jeens ons skool.
Die geld wat ingesamel is, gaan gebruik word om veral die sportgronde van die skool te verbeter.
|


