| Wo Feb 22 @13:30 - 02:15PM Junior skaak / Junior chess |
| Do Feb 23 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Do Feb 23 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
| Do Feb 23 @14:00 - 05:00PM Atletiek oefening / Athletics practise |
| Vr Feb 24 @13:00 - 05:00PM Rugby Top 10 Skeidsregtersaamtrek / Referee conference |
Wat gebeur by die Naskool?
LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY
NASKOOLSENTRUM
TEL:OGGEND:014 7632860 -Me Elsabe v.d. Merwe / 014 7635564 RinaJones
MIDDAG:079 496 4185 - Me Rina Jones
ALGEMENE VOORSKRIFTE:
1. TYE VAN DIE NASKOOLSENTRUM:
1.1 Elke middag direk na skool tot 17:45
1.2 Daar sal geen naskool gedurende vakansietydperke, vakansiedae en naweke wees nie.
2. MIDDAGPROGRAM:
13:30 Leerders verklee en eet.
Verpligte Studie:
12:30 – 13:30 Graad R, 1 en 2
13:30 – 15:00 Graad , 3, 4, 5, 6 en 7.
Indien daar te veel leerders is, sal die groepe heringedeel word.
15:00 - 16:00 Vrywillige studie. Klasse sluit 16:00. Leerders wat sport of ander aktiwiteite in studietyd het, moet van die studieklas gebruik maak, voor, of na hul aktiwiteit.
14:00 – 16:00 Speeltyd onder toesig vir leerders, wat klaar is met studie.
16:30 – 17:00 Opruim van terrein en neem van tasse na hek waar leerders vir hul ouers wag.
17:45 NB: Alle leerders moet afgehaal wees.
Indien u probleme ondervind om u kind betyds af te haal, moet u die naskool in kennis stel. Personeel sal slegs tot 17:45 aan diens wees. Daarna sal u kind sonder toesig wees, tensy u vooraf reëlings getref het.
Die volgende telefoonnommers kan geskakel word vir noodgevalle:
Middae: Tel: 079 496 4185 Me Rina Jones,
Klagtes: 014-7632860 Me E. vd Merwe
3. SKOOLTASSE:
Alle skooltasse moet netjies aan die hangers wat voorsien word gehang word. Tasse mag slegs vir studietyd verwyder word. Daarna moet dit teruggeplaas word. DIt is al manier waarop daar toesig oor die tasse gehou kan word.
4. AFWESIGHEDE
4.1 Indien ‘n leerder nie die naskoolsentrum kan bywoon nie, moet die ouer of voog ons skriftelik of telefonies van die reëlings in kennis stel.
4.2 Gereelde afwesighede op vasgestelde tye word op die aansoekvorm aangedui en bly as permanente reëling van krag, tot verandering hiervan skriftelik ontvang is.
4.3 Geen kinders sal toegelaat word om die terrein te verlaat nie, tensy soos hierbo gereël – ter wille van hul eie veiligheid. Ouers moet die uittekenregister teken wanneer hul die kind/kinders kom haal.
4.4 Kinders wat hulle ouers se toestemming het, word toegelaat om sport, ballet ens. by te woon.
4.5 Indien leerders die naskool permanent gaan verlaat, moet daar 30 dae vooraf kennis gegee word. (By versuim hiervan sal ouers verantwoordelik gehou word vir die betrokke maand se betaling).
5. VOEDING:
5.1 Die naskool voorsien nie kos aan die leerders nie en daarom versoek ons die ouers om vir die leerders ‘n ekstra kospakkie in te pak. Daar is ‘n yskas/vrieskas beskikbaar waar kospakkies gehou kan word tot na skool. Naskoolklas sal oop wees vanaf 07:00 – 07:30 vir die doel.
6. STUDIE:
6.1 Daar word register gehou van leerders wat die studieklas bywoon.
6.2 Indien u verkies dat u kind sy tuiswerk by die huis voltooi, moet ouers ons asseblief skriftelik in kennis stel.
6.3 Leerders moet hul tuiswerk gereeld in hul tuiswerkboeke neerskryf vir kontrole deur die naskoolpersoneel.
6.4 Ouers bly steeds verantwoordelik vir die kind se tuiswerk, hoewel personeel sal toesien dat leerders studeer.
7. KLEREDRAG:
7.1 “Huisdraklere” word aanbeveel – so word die skoolklere gespaar.
7.2 ALLE KLERE moet asseblief GEMERK WEES.
7.3 Die kinders kry geleentheid om van klere te verwissel en te versorg.
7.4 As u kind met iemand anders se klere by die huis kom, sal dit waardeer word as u dit terugstuur en navraag by die skoolkantoor doen in verband met u kind se klere, as dit verlore is.
8. AFHAAL VAN LEERDERS:
8.1 Leerders wat nog nie om 17:30 afgehaal is nie, wag by die hek onder toesig.
8.2 As iemand anders u kind kom haal, moet dit ‘n bekende wees vir die kind en dit moet met die ouers se goedkeuring wees. Indien dit ‘n vreemdeling is, moet ouers skriftelike toestemming gee.
8.3 Leerders moet om 17:45 afgehaal wees.
9. FINANSIES:
9.1 Maandeliks: R300-00 per maand per leerder vir 11 maande vooruitbetaalbaar voor die sewende van elke maand. Die stiptelike betaling van gelde sal streng toegepas word aangesien die naskool nie op ‘n winsbasis bedryf word nie, maar as ‘n diens. LEERDERS SAL NIE BY NASKOOL TOEGELAAT WORD INDIEN U GELDE AGTERSTALLIG IS NIE.
9.2 Enkel of eenmalige besoek – R20-00 per dag.
9.3 Alle gelde moet by die skoolkantoor by Me. Fischer inbetaal word. Dui asseblief aan of dit naskoolgeld is en vir watter kind(ers) dit is.
9.4 Tjeks word uitgemaak aan: Laerskool Bosveld Primary
10. MEDIKASIE:
10.1 Indien leerders medikasie neem, moet dit saamgebring word met die nodige voorskrifte hoe dit geneem moet word.
10.2 Medikasie vir allergieë (bv. bysteek) moet altyd byderhand wees.
11. ALGEMEEN EN DISSIPLINE:
11.1 Dissipline sal te alle tye BAIE STRENG TOEGEPAS WORD.
11.2 Geen rolskaatse of skaatsplanke mag skool toe gebring word nie.
Indien u kind speelgoed saambring, is dit op eie verantwoordelikheid aangesien
die naskoolpersoneel dit nie kan oppas nie.
11.3 Indien ‘n leerder nie die naskoolregulasies nakom of hom/haar wangedra, sal hul gevra word om die naskool te verlaat.
11.4 Die leerder sal slegs weer aanvaar word indien die ouers skriftelik bevestiging het dat die ouers hom/haar gedissiplineer het en die nodige opvoedingswerk gedoen het. Die leerder kan gevra word om die naskool permanent of vir ‘n spesifieke tydperk te verlaat.
REDES:
- Kinders wat nie na die naskoolpersoneel wil luister of hul gesag wil aanvaar nie.
- Kinders wat vandalisme pleeg.
- Kinders wat onnodig met ander kinders baklei of hul afknou.
- Kinders wat ander kinders se goed neem en in ander se tasse krap.
- Kinders wat nie die naskoolvoorskrifte wil nakom nie.
What happens at the Aftercare?
LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY
AFTERCARE CENTRE
TEL:MORNING:014 7632860 - Ms Elsabe v.d. Merwe / 072 4816340 Rina Jones
AFTERNOON: 079 496 4185 - Ms Rina Jones
GENERAL RULES:
1. HOURS FOR THE AFTERCARE CENTRE:
1.1 Every afternoon directly after school until 17:45
1.2 There will be no aftercare during school or public holidays as well as during weekends.
2. PROGRAMME:
13:30 Learners change clothes and have lunch.
Compulsory study:
12:30 – 13:30 Grade R, 1 and 2
13:15 – 15:00 Grade , 3, 4, 5, 6 and 7.
Learners will be divided into new groups should there be too many learners. All the learners will be accommodated.
15:00 - 16:00 Compulsory study time. Classes close at 16:00. Learners participating in sports or other activities during study time, will have class before or after their activities.
14:00 – 16:00 There will be supervision for learners who have completed their studies.
16:30 – 17:00 Cleaning up of the premises and learners prepare themselves for collection by their parents.
17:45 Please note: All learners have to be collected.
The staff members will be on duty until 17:45 only. After 17 :45 learners will be without supervision unless the necessary arrangements have been made. In case of emergency the following numbers may be contacted:
Tel: 079 496 4185 or 072 481 6340
3. SCHOOLBAGS:
All schoolbags have to be neatly placed on the hangers provided on the playgrounds. Schoolbags may only be removed during study hours and have to be replaced afterwards This will be the only way to make sure the schoolbags are safe.
4. ABSENTEES
4.1 In the event of a learner not attending the aftercare, the parent or guardian has to notify the Aftercare staff members telephonically or in writing..
4.2 Regular absences will be indicated on the application forms and will stay as on permanent notification until a written arrangement are made.
4.3 For the learners safety, no learner will be allowed to leave the premises until permission is given in writing by the parents.
4.4 Learners will be allowed to attend sports and other activities with the concent of their parents only.
4.5 The Aftercare has to be notified in writing 30 days in advance, should a learner no longer attend. It is the responsibility of the parent to notify the teacher to avoid a full month’s payment.
5. MEALS:
5.1 The Aftercare is not providing meals and the parents are therefore requested to supply an additional lunch box/snacks for their children. There is a freezer/refrigerator available in which they may keep their lunch boxes until after school. Learners will be able to put it in the freezer from 07:00 – 07:30.(Before the school-day starts)
6. STUDY:
6.1 A register is kept for learners who attend the study class.
6.2 If parents prefer learners to do their homework at home, please be so kind and notify us in writing.
6.3 Learners have to write their homework in their homework books to assist the staff members.
6.4 Parents are still responsible to see that the homework is done, although learners will have a certain time to complete their homework.
7. DRESS CODE:
7.1 Any clothing of the learners’ own choice may be worn.
7.2 ALL CLOTHING has to be marked CLEARLY.
7.3 Learners will be granted time to get dressed.
7.4 Please return or report any wrong or missing clothing.
8. COLLECTION OF LEARNERS:
8.1 Learners have to be fetched at 17:45
8.2 If someone else is collecting the child, other than the parents, please inform the staff members in time.
9. FINANCES:
9.1 Monthly: R300-00 per month for 11 months. Payable in advance before the 7thof each month. Payments will strictly be monitored as the Aftercare is not a profit based organization but only a SERVICE. Learners will not be allowed at the aftercare if accounts are in arrears.
9.2 R20-00 p/day is payable if learners are not registered.
9.3 Payments have to be made at the office with Ms H. Fischer and it has to be specified as “Aftercare money”.
9.4 All cheques have to be made out to Laerskool Bosveld Primary
10. MEDICATION:
10.1 In case of a learner using medication, it should be accompanied with the necessary prescription of use and instructions.
10.2 Allergy Medication should always be at hand.
11. GENERAL AND DISCIPLINE:
11.1 Discipline will strictly be maintained.
11.2 Roller skates and skateboards will not be allowed. All toys are brought to school on own risk.
11.3 In the event of learners not obeying the regulations/rules, or misbehaving, they will be requested to leave the Aftercare Centre whether it is permanently or temporarily.
11.4 Learners will only be allowed to come back to the Aftercare, if proof of a disciplinary action is provided..
REASONS:
- Learners who disobey the rules and authority.
- Vandalism.
- Fighting or bullying other learners.
- Stealing and not respecting the property of others.
- If your payments are in arrears.
|


