| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Welkom by Laerskool Bosveld se webwerf / Welcome to Laerskool Bosveld Primary's website
Laerskool Bosveld Primary is 'n tradisieryke parallelmedium skool wat op 15 April 1986 met 22 personeellede en 564 leerders sy ontstaan gehad het. Die skool is geleë in Ellisras (Lephalale) area in die hartjie van die Bosveld. Daar is tans ongeveer 650 kinders in die skool en dit maak die skool baie persoonlik, bedoelend die personeel en kinders ken almal mekaar.
As vennote in die onderwys en opvoeding van ons kinders, is ouerbetrokkenheid vir ons baie belangrik. Die skool word ondersteun deur 'n kundige Beheerliggaam en kundige onderwysers. Die personeel van Laerskool Bosveld Primary het 'n passie vir die onderwys. Elke personeellid ‘n kenner in sy/haar leerarea.
Laerskool Bosveld Primary is 'n skool waar ons onsself verbind tot akademiese uitnemendheid. Hier word leerders as gerespekteerde individue beskou en word die leerders aangemoedig om hulle volle potensiaal op akademiese, sosiale, emosionele en fisiese gebied te bereik.
Dit is vir ons belangrik om vir elke kind in die skool 'n geleentheid te gee om hom/haarself maksimaal te ontwikkel op alle gebiede. Met die veranderinge in die onderwys is dit ons mikpunt om die standaarde steeds baie hoog te hou soos wat dit in ons Visie en Missie uiteengesit word.
Laas Opdateer (Woensdag, 21 Julie 2010 09:47)
|


