| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Prestigeprysuitdeling
By hierdie geleentheid word erkenning gegee aan leerders wat hoë prestasies behaal het. Hierdie funksie is die hoogtepunt op ons kalenderjaar. Ons nooi ouers wie se kinders by die aand betrokke is, per brief na die aand.
Akademiese toekennings
Graad R tot Graad 3
Een boekprys-toekenning per klas aan die beste presteerder in die klas
Graad 4 tot Graad 7
Sertifikate en medaljes word toegeken aan die Top 10-presteerders wat volgens die eerste drie kwartale se prestasie bepaal word.
Boek-/kontantpryse word aan die leerder(s) in elke graad toegeken, wat die hoogste gemiddeld in die eerste drie kwartale in die verskillende leerareas behaal het.
Sporttoekennings
Trofeës en medaljes word aan leerders wat die hoogste prestasie in die onderskeie sportsoorte behaal het, toegeken. Die bepaling van hierdie wenners word deur middel van puntetoekenning gedoen. Erkenning word aan leerders wat gedurende die jaar Provinsiale Kleure in enige ander sportsoort verwerf het, gegee.
Kultuurtoekennings
Trofeës en medaljes word aan leerders toegeken wat die beste presteer het in die onderskeie kultuuraktiwiteite. Die bepaling van hierdie wenners word deur middel van puntetoekenning gedoen.
Ander toekennings
Bossieseun en Bossiedogter van die Jaar
Dux-leerder
Sportseun en Sportdogter van die Jaar
Kultuurseun en Kultuurdogter van die Jaar
Handhawingstoekenning
Volhardingstoekenning
Dienslewering: Seun en Dogter van die Jaar
Beste Afrikaanssprekende Engelse leerder
Tydens die aand word alle nuwe skoolleiers en leerlingraad amptelik aangekondig
|


