| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Dit is noodsaaklik dat leerders die skool gereeld bywoon. In geval van afwesigheid moet die ouer/voog die rede vir afwesigheid onverwyld per getekende brief aan die skool verstrek. Alhoewel telefoniese kennisgewing van afwesigheid waardeer word, moet u nogtans skriftelik redes vir enige afwesigheid verstrek. Dit is ‘n kriminele misdryf om u kind onnodig uit die skool te hou. Nie alleen verloor die kind belangrike skoolwerk nie, maar dit kweek ook onverskilligheid en onbetrokkenheid teenoor sy/haar skool aan.
Afwesigheid gedurende toetse en eksamens sal slegs deur middel van ‘n doktersbrief aanvaar word. Leerders wat afwesig is van eksamens of toetse of formele opdragte sonder ‘n doktersbrief sal geen punte vir die betrokke vraestel / opdrag ontvang nie. Leerders wat met ‘n geldige doktersbrief van toetse en eksamen afwesig is, se punte sal volgens sy kwartaalpunt bereken word.
Sertifikate vir 100% skoolbywoning word aan die einde van elke jaar aan leerders uitgereik.
|


