| Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM Chess practise / Skaak oefening |
| Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM Ekstra leesklasse / Extra reading classes |
| Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM Bossie Kidz |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
Tuiswerk is ‘n verlengstuk en aanvulling van klaswerk wat buite die klaskamer deur die leerder self voltooi en/of geleer moet word, met die hulp van die ouer/ouers. Die doel van tuiswerk is dat die leerder die geleentheid kry om dit wat geleer, bemeester of verwerk moet word en waarvan reeds onder toesig in die klaskamer geoefen is as klaswerk, op eie verantwoordelikheid deur selfstandige inspanning verder in te oefen.
Verder is die doelstellings van tuiswerk die volgende:
Die opvoeding tot selfstandigheid en verantwoordelikheid
Die bevordering van selfstandige studiemetodes
Selfdissiplinering ten opsigte van vryetydsbesteding
Om die leerder die geleentheid te gee om self en onder eie omstandighede die skoolwerk aan te durf
Om die geleentheid te bied vir die selfstandige verwerwing van kennis en die bemeestering van vaardighede.
Hoe ouers kan help?
Waar moontlik behoort ‘n stil, geskikte plek in die huis afgesonder te word waar die kind ongesteurd huiswerk kan doen.
Ouers moet in samewerking met die kind ‘n huiswerkrooster opstel met vasgestelde tuiswerktye, waarvan nie afgewyk word nie. Dit verseker dat die kind die goeie gewoonte van gereelde werk aanleer en ook vrye tyd sal hê vir ontspanning.
Dit moet duidelik gestel word dat die tuiswerk nutteloos is, indien die ouers die werk vir die kind doen. Doeltreffende hulp en motivering is egter noodsaaklik.
Huiswerk is nie beperk tot skriftelike werk alleen nie – dit is veel meer: dit behels ook studie- en leerwerk.
U as ouer moet gereeld let op die kind se punte en vodering
Ouers moet ook gereeld insae hê in die kind se tuiswerkboek om te verseker dat tuiswerkopdragte aangeteken is en uitgevoer word.
|


