| Wo Feb 22 @13:30 - 02:15PM Junior skaak / Junior chess |
| Do Feb 23 @13:30 - 05:00PM Netbal oefening |
| Do Feb 23 @13:30 - 05:00PM Rugby oefening |
| Do Feb 23 @14:00 - 05:00PM Atletiek oefening / Athletics practise |
| Vr Feb 24 @13:00 - 05:00PM Rugby Top 10 Skeidsregtersaamtrek / Referee conference |
Akademie / Academics
Rekenaargesteunde onderrig / Computer-aided education Stimulus Maksima! by Laerskool Bosveld aangebied. Stimulus Maksima! is `n gevorderde leesprogram wat in die rekenaarsentrum van Laerskool Bosveld Primary aangebied word. "Reading Rocket" word aangebied vir Graad 1 tot 7. Dit behels intensiewe leesontwikkeling. Die leerder word getoets en sy leesspoed word bepaal, asook die mate van begrip waarmee die leerder lees. Die leerder se vlak waarop hy gaan werk word deur leesspoed en begripsvlak bepaal. Die Rekenaarsentrum is gerat en die leerders is volstoom aan die gang. "Reading Rocket" fokus op lees met begrip, spelling, hoë frekwensie woorde en taalkunde. Elke leerder kan op sy eie vlak en eie spoed vorder. Daar word twee maal per jaar `n verslag aan ouers gegee wat die leerder se vordering aantoon. Laerskool Bosveld Primary gebruik tegnologie sodat elke leerder sy volle potensiaal kan bereik. Die leerders geniet dit om deur middel van `n rekenaar betr te leer lees. "Reading Rocket" word ook aangewend om leerders met leesprobleme te identifiseer. Hierdie leerders gaan addisionele lesse ontvang sodat hulle beter kan lees. Elke leerder baat by die program omdat hulle leesbegrip in alle leerareas bevorder word en dus behoort elke leerder beter te doen op skool en `n hoër graadgemiddeld kan behaal word. Ouers kan voortbou op `n positiewe leeservaring en saans vir hulle kinders stories lees en ook kinders aanmoedig om vir hulle te lees. Die skool hoop dat elke Bossie die geleentheid ten volle sal benut en elke oomblik sal geniet!  Stimulus Maksima! at Laerskool Bosveld Primary Stimulus Maksima! is an advanced reading programme presented in the Computer Centre at laerskool Bosveld Primary. Reading Rocket is presented from GRade 1 to 7. This programme entails intensive reading development. A test is done to estimate the learner's reading speed as well as the comprehension level when reading. The starting level of the learner is determined by the speed and understanding of each individual. The Computer Centre is functioning full steam without any problems. Reading Rocket focuses on reading with understanding, high frequency words, spelling and language lessons. Each learner works at his or her own pace and level. A report will be given twice a year to measure the learner's progress. Laerskool Bosveld Primary uses technology to develop each learner to his or her full potential. The learners enjoy using a computer to improve their reading skills. Reading Rocket can also assist learners with reading problems. These learners will be assisted to improve their reading skills. Each learner benefits from this programme, because he or she has a better reading understanding in all learning Areas and can thus answer questions better. This programme should improve the grade averages of the school. Parents can help to build a positive reading experience by reading bed time stories to the children and to encourage learners to read for them. The school hopes that every learner will use the opportunity to improve their reading skills and that they will enjoy every moment!  Â
|
- Skoolbywoning / School Attendance
- Huiswerk / Homework
- Oueraande / Parents Evenings
- Leerareas / Subjects
- Sertifikaat Prysuitdeling / Certificate Awards
- Prestige Prysuitdeling / Prestige Awards
- Graad R Akademie / Grade R Academics
- Grondslagfase (Graad 1-3) / Foundation Phase (Grade 1-3)
- Intermedierefase (Graad 4-6) / Intermediate Phase (Grade 4-6)
- Seniorfase (Graad 7) / Senior Phase (Grade 7)
|




