Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Graad R / Grade R

Tande feetjie besoek Bossies se Gr. R klasse

Colette du Plessis

 

DMet groot opgewondenheid het Laerskool Bosveld Primary se Gr. R leerders uitgesien na die besoek van die Tande feetjie op Donderdag, 8 Maart om hul meer te leer oor tandesorg.

 

Sy het met behulp van eksperimente aan hul verduidelik hoe skadelik suiker en suur vir ons tande is en dat ons tweemaal per dag moet tande borsel. Die leerders is bederf met heerlike appels en inkleurprentjies oor tandesorg. Van nou af is daar geen slegte tandjies vir ons Bossies nie!

Bossies se eie “master chef” en kokkedoortjies

Colette du Plessis

Grade RGrade RGrade R

 

Groot opwinding het geheers tydens Laerskool Bosveld Primary se Gr. R. klas besoeke. Die hoof, Mnr Pretorius het net so lekker saam met die leerders gebak -en- brou. Die week se tema was: Smaak en reuk en almal het gesmul aan hul heerlike, self versierde kolwyntjies. Die leerders kon dit selfs regkry om Mnr Pretorius te oorreed om 'n Bloubul voorskoot te dra (en hy is 'n groot Leeu ondersteuner). Welgedaan Bossie Gr. R’e! So leer ons speel-speel.

Bossie-Gr. R leer speel-speel

Colette du Plessis
Gr RReading Rocket

 

Maandae is nooit blou vir die Gr. R leerders van Laerskool Bosveld Primary nie. Hul kan gewoonlik nie wag om rekenaarklas toe te gaan nie. Op 'n speelse manier leer hul nie net hoe 'n rekenaar werk nie, maar doen ook voorbereidingsoefeninge vir lees om hul gereed te maak vir Gr.1. Dit sou darem lekker gewees het as elke dag 'n Maandag was. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Bossies leer oor slange

Corné de Swardt
Grade R

 

Reptile Rescue het Vrydag, 18 September die Gr. R-leerders van Laerskool Bosveld Primary besoek. Hierdie praatjie was baie interessant en die leerders het interessante goed geleer oor gevaarlike slange en hoe hul lyk.
Hulle is gewaarsku om nooit aan slange te raak nie en altyd 'n volwassene te roep indien hul 'n slang opmerk. Daar is ook aan die leerders verduidelik waarom slange nie dood gemaak moet word nie, maar eerder gevang moet word om gemelk te word, vir teengif wat weer lewens kan red.


Brandweer besoek Laerskool Bosveld Primary

Colette du Plessis
Gr. R - Brandweer

 

Met groot opgewondenheid het die Gr. R en Gr. 1-leerders van Laerskool Bosveld Primary Vrydag, 31 Augustus uitgesien na die brandweer se besoek.


Die groot rooi brandweerwa het die leerders se verbeelding aangegryp. Elke Gr. R leerder het ook die geleentheid gekry om met die brandslang te spuit. Na afloop van die besoek was dit duidelik dat menige seuntjies eendag brandweermanne wil word.

Die Graad R klasse het vir Mnr Pretoruis gaan kuier in sy kantoor!

Die Graad R klasse het vir Mnr Pretoruis gaan kuier in sy kantoor!

Grade RGrade R