Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Graad 7 / Grade 7

Student Council Camp 2017

Deoné Barnard
LeierskampLeierskampLeierskamp

Laerskool Bosveld Primary’s student council went on their annual camp from 20-21 January 2017 at Sebe Sebe Lodge. Team building was the main purpose and they also had lots of fun.

 

Met die aankoms was dit tyd vir `n verkwikkende swem-sessie, nadat elkeen hul kamer gevind het. ’n Bosveld-vuur het `n aangename atmosfeer geskep vir `n heerlike saamkuier en ken-mekaar geleentheid.

 

Saterdag was ‘n dag propvol verskeie speletjies en spanbou aktiwiteite wat deur almal benut was om mekaar beter te leer ken en dit was hope pret.

 

The Student council members would like to thank the staff from Sebe Sebe Lodge and our student council guardians for this wonderful experience. We’re looking forward to serve in 2017!

LEIERSAFSLUITING 2016

Derik van Niekerk
Leiersadsluiting

Die jaar het gevlieg. Verlede jaar hierdie tyd was ons vars verkies as leiers vir 2016 en Vrydagaand 28 Oktober het ons ons afsluitingsfunksie gehou.

 

Spoggerig geklee het ons opgedaag by Olden Rose Gastehuis en ons is behoorlik bederf. Vandat ons gearriveer het totdat ons vertrek het. Heerlike gekookte kos is voorgesit en vir nagereg het ons gesmul aan wafels en roomys. Ons het baie waardering vir die moeite wat gedoen is! Daar is baie lekker saamgekuier en baie gelag!

 

‘n Groot dankie aan ons voogde wat ons deur die jaar bygestaan het: Juf Meraai, Mnr Charlie, Juf Sonja en Mnr Zirkie, julle is 4 uit ‘n biljoen!

 

Graag bedank ons ook Mnr Pretorius en Juf Karen vir hul ondersteuning en ook Ds Bernard vir u leiding.

 

Baie sterkte vir die eksamen en leef ons Bossies se waardes uit waar jul ook volgende jaar mag wees!

 

Persevera!

Senior Bossies verf Pretoria rooi

Gr 7

Met 98 siele aan boord het twee busse op 23 Augustus, vanaf Laerskool Bosveld Primary vertrek. Hul eindpunt was die stad se liggies om sodoende die jaarlikse Graad7-Toer te onderneem. Mnre. Du Plessis en Pepler, sowel as Me Joubert en Me De Swardt, het die kinders begelei op hul avontuur.

 

Menigte aktiwiteite, onder meer ysskaats, `n besoek aan Gold Reef City om die bloeddruk op te jag en die Dieretuin het op hulle gewag. Die graad 7-leerders van Laerskool Bosveld Primary blyk die ondervinding baie te geniet het, veral omdat dit vir `n groot getal van die leerders `n eerste ervaring was.

Laerskool Bosveld Primary leerlingraad-kamp te Sebe Sebe Lodge

Henry Smith
Gholf

 

Die leiers van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek `n leierontwikkelingskamp bygewoon. Die kamp was by Sebe Sebe Lodge - diep in die bos op die Botswana grens, langs ‘n droë Limpopo rivier, maar die leerders se gesprekke en energie was alles behalwe droog! Daar is belangrike besprekingspunte in oënskou geneem, nl. hoe om te kommunikeer, ‘n voorbeeld vir ander leerders te wees en om altyd die regte ding te doen.


Laerskool Bosveld Primary is baie trots op ons leiers, wat na ‘n lang dag op die atletiekbaan, nog op ‘n bus geklim het om die kamp by te woon.


Daar was gelag en geswem en ‘n hofsaak is gehou. ‘n Goue toutjie is gespan tussen die leerders met een van die kommunikasie praatjies om `n konneksie te illustreer. As een leier nie sy werk doen nie, dan kan die hele groep daaronder lei, daarom is spanwerk so belangrik en hulle doelwit vir 2016 goeie kommunikasie.


Leerders het Vrydag-aand self gebraai en om daai vleisie net reg te braai volgens smaak, was ‘n ander storie!


Die Bossies bedank Dominee Bernard van die Hervormde gemeente van Onverwacht vir sy konstruktiewe werksessies met die leiers. Groot dank aan Sebe Sebe Lodge vir hulle gasvryheid en vriendelike diens. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Graad 7 Afsluiting

Simoné Viljoen
Graad 7

 

Uit die oog van `n graad-7 leerder:


Na die jaar se harde werk, was dit vir ons baie lekker om uiteindelik te hoor die jaar is verby! Daar is tog `n bietjie van `n tranerigheid om te dink dat dit ons laaste week in die Laerskool is...


Die graad 7-afsluiting wat op 18 November by Panarottis plaasgevind het, was soos `n finale afsnypunt, die besef dat die jaar nou verby is.


Nietemin, was die afsluiting ongelooflik lekker. Ons het `n keuse gehad tussen ham, spek of hoender pizza, elkeen het `n groot glas koeldrank gekry en dan was daar nog heerlike roomys na die tyd! Met `n afsluiting was die jaar `n definitiewe sukses. Persevera!


After this year’s hard work, we were excited to hear that 2015 was finally finished, although there is a bit of a sad atmosphere, due to the realization that it’s our last week in Primary school…


Never the less, the function was awesome! We had a choice of which pizza we wanted to eat, and we all had a huge soft drink. Ice cream was the perfect way to finish off.


The Grade 7’s just want to thank the teachers who organized everything and for all their hard work and support. Panarottis made this day special. Persevera!

Bossies verf Pretoria rooi!

M Pepler
Gr7

 

Op die 25ste Augustus toe die meerderheid Bossies nog onder Klaasvakie se towerspreuk was, het die Gr 7`s van Laerskool Bosveld Primary die lang pad na die stad se liggies aangepak. Daar gekom was die eerste prioriteit sommer onmiddellik vet pret, en `n uitstappie na Pretoria dieretuin het daarvoor gesorg.


Ander uitstappies sluit onder andere `n fliek aand, die Voortrekker Monument en natuurlik ook die ysskaatsbaan in waar dié Limpopoane heel in hul noppies gelyk het. Al die blou kolle en stukkende plekke is stille getuienis van `n onvergeetlike aand waar daar heerlik gelag is, maar ook baie hard geval is.


`n Besoek aan die Brandweer het vinnig opwindend geraak toe `n noodtoestand skielik ontstaan het en selfs die brandweerwa reg voor die graad 7`s opgekommandeer is. So ook was hul Kgosi Mampuru gevangenis toe om touwys te raak oor die “binnekant”.


Gold Reef City het verseker geen teleurstelling veroorsaak nie al was menige se bloeddruk gevaarlik hoog. Die “Tower of Terror” en “Anakonda” het veral opslae gemaak onder die brawes.


Regdeur die toer het `n Bossie-gees geheers, dit was byna onmoontlik om nie elke oomblik te geniet nie. Dankie aan die personeel, mee. C de Swardt en M. Joubert, asook mnre. Jimmy du Plessis en M. Pepler wat die toer saam met die graad 7`s meegemaak het. Dit verg min slaap en baie toewyding om 103-leerders te versorg en met deernis te behandel vir seerplekke en “hartsplekke”. Welgedaan, Bossie personeel en baie geluk aan die graad 7-leerders met pragtige , verantwoordelike gedrag.