Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Graad 6 / Grade 6

Teamwork… less me and more we!

Sonja v Deventer

 

Gr6-Tour Gr6-Tour

Laerskool Bosveld Primary se graad 6-groep het Jubaweni vanaf 28 - 31 Augustus besoek. Die geleentheid: die Jaarlikse OOS-kamp.

Spanwerk het die aktiwiteite meer pret gemaak en die “Paint Ball” was die hoogtepunt, net jammer die seuns het die menere ore aangesit!

The main idea was to identify leaders for 2019 and the boys and girls had a lot of fun.

Jubaweni, jou doring!

Duné Gouws

 

>

Letterlik, was daar geen voet of hand wat van die graad 6 Oos-Kamp afgekom het sonder ‘n doring nie. Wat ‘n fees was dit nie! Laerskool Bosveld Primary se Graad 6’e het hulself gate uit geniet op die jaarlikse Oos-Kamp wat bygewoon is te Jubaweni vanaf 22-25 Augustus 2017.

 

Die leerders het verskeie aktiwiteite in groepe gedoen, wat die onderwysers sommer vinnig gewys het watter leerder kan in ‘n groep leiding neem. Laerskool Bosveld Primary bedank die ouers, wat hul kinders die geleentheid gebied het om op die kamp te gaan, asook die personeel wat die leerders vergesel het. Tot volgende jaar…

Bossies gaan Bos toe...

Charlie Brandt
Gr 6

JUBAWENI - Die gr.6 leerders van Laerskool Bosveld Primary het die week van 23 - 26 Augustus hul jaarlikse Oos-kamp bygewoon. Die leerders het aan die volgende aktiwiteite deelgeneem, literia-baan, hindernisbaan, nagmars, lantern bekruip en nog vele meer. Natuurlik is daar ook besoek afgelê aan Kosie se grot wat leerders behoorlik laat hoendervleis kry het. Daar is ook lekker gelag en kampkonsert opgevoer. Die doel van die kamp was om spanwerk en spanbou onder die leerders te bevorder. Dit was 'n wonderlike en onvergeetlike avontuur vir almal.

Gr 6-leerders besoek Jubaweni

H Smith
Gr 6 LeerdersGr 6 Leerders

 

Dit was weer Oos-kamp tyd in Augustus en die Gr 6-leerders het soos gewoonlik die pragtige Jubaweni veldskool kampterrein oorgeneem.


Daar was hope energie die oggend toe daar van die skool af vertrek is, die busse was vol saggies praat en planne maak stories, maar Vrydag, na `n baie suksesvolle kamp is 102, baie flou leerders weer veilig aan hulle ouers terugbesorg.


Daar was nie baie geslaap nie en die leerders het in die veld oornag en ook `n nagmars ervaar. Vanjaar se Oos-kamp sal bekendstaan as die week van baie stap, daar is op een dag meer as 12km gestap in die veld en dik sand.


New friendships were formed between all the learners because of how they were divided in groups. There was ‘klei-lat’ fight at the muddy dam and also a lot of swimming after every long, sunny afternoon activity.