Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Graad 2 / Grade 2

Graad 2’s ondersoek grond en groente

M. Grobler

 

Gr-2

Gedurende die Derde kwartaal het die Graad 2-leerders van Laerskool Bosveld Primary meer geleer oor verskillende tipe diere wat in die grond lewe, asook verskillende groente wat bo en onder die grond groei. Hulle het die verskillende tipes grond wat mens kry, ondersoek. Die leerders het dit baie geniet en het ‘n grond-kunswerk gedoen.

Graad 2's oefen baie hard

M. Grobler

 

Rugby

Die graad 2's van Laerskool Bosveld Primary is hard aan die oefen vir die jaar se konsert.
Hulle geniet hulleself gate uit.
Hulle is baie in hulle skik met hulleself en oefen baie hard om reg te wees! Hou so aan Graad 2's. Ons juffrouens is trots op julle! Bossies Bo!

Graad 2’s eet gesond

Michelle Grobler

 

Gedurende die eerste kwartaal het die Graad 2's van Laerskool Bosveld Primary geleer hoe om gesond te eet en om hulself gesond te hou. Die leerders het sommer baie slim geword en weet ook watter kos is gesond om in te pak skool toe.

 

Op 23 Maart het die graad 2's van Laerskool Bosveld Primary heerlik gesmul aan vrugteslaai wat hulle self moes maak. Geen vingers is raak gesny in die proses nie en die leerders het dit vreeslik geniet om verskeie vrugte te proe.