Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Graad 1 / Grade 1

Graad 1 uitstappie 22 Oktober

L. Erasmus

 

 

Die graad 1 leerders van Laerskool Bosveld Primary het op 22 Oktober n instappie gehad. Oom Fanie het die leerders verskillende soorte slange kom wys en die leerders baie geleer oor slange, hoe hulle lyk, hoe giftig hulle is en sonmer ook baie ander interessante dinge. Hulle het tot die geleentheid gehad om te voel aan 'n luisslang. Almal het dit baie geniet en baie aandagtig geluister.

Gr 1's maak instrumente

 

Zaydon Milner, Dwayne Deysel, Phiané Pretorius en Minke Erasmus

 

Die graad 1 leerders maak instrumente van afval materiaal.

Hulle was baie innoverend en kon manjifieke instrumente bou uit herwinde materiaal.

Sommige van die instrumente het asemrowende klanke opgetower en ander was pragtig versier.

Graad 1 uitstappie

D. Gouws

 

 

Die Graad 1 leerders van Laerskool Bosveld Primary het op 23 Augustus 2019 op ' n uitstappie gegaan na Manketti Lodge. Die leerders het geleer hoe verskillende diere se skedels lyk en wat diere eet. Hulle het ook geleer waarvoor sekere plante gebruik kan word. Hulle het lekker in die veld gestap en is daarna bederf met middagete en 'n geskenkpakkie. Almal het dit vreeslik geniet. Dit was ook die eerste keer dat baie van die leerders bus gery het. Dit was voorwaar 'n dag gevul met opwinding. Volgende jaar maak ons weer so!

Graad 1's leer oor kos en plante. Hulle het die saad self laat ontkiem en groei.

 

|
Zaydon Milner, Lu-anne steyn en Foster van Zyl

Graad-1’s gaan bos toe

Nikita Botha

 

Die Graad-1 leerders van Laerskool Bosveld Primary was op Vrydag, 31 Augustus op ‘n uitstappie te Manketti Lodge. Dit was ‘n leersame en prettige dag vir die leerders.

Die leerders het geleer hoe die voedsel-ketting in die bos werk en het lekker gaan stap om diere te sien en verskillende blaar spesies uit te ken en te versamel.

Na die lekker stapsessie het die leerders rustig onder die koeltebome ontspan en middagete geniet, terwyl hul die verskillende soorte blare vergelyk.

Dankie aan Manketti Lodge vir die lekker dag!

Tweelinge in die skool

 

Kyle en Caylim Kriel, 'n Graad 1-tweeling van Laerskool Bosveld Primary is al lankal tuis hier by Bossieland! Die Bossies het by hulle gaan aan-klop om te hoor wat hulle van die skool dink - en hulle is baie opgewonde om 'n Bossie te wees! Hulle wil graag hard werk om hulle juffrou trots te maak! Die Bossies spog met 'n hele paar tweelinge vanjaar, maar hoe oulik is twee graad eentjie-parabeentjies dan nie?

Gr 1’s van Laerskool Bosveld se groot avontuur

Linda Erasmus

 

Laerskool Bosveld Primary se Graad een leerders het op 25 Augustus 2017,`n heerlike uitstappie na Eventiera, wat naby Vaalwater geleë is, geneem. Die klompie was so opgewonde en kon nie wag om bus te ry en hulle padkos te verorber nie. Die kwetterende groepie was gefassineerd deur die verskeidenheid diere en die interessante inligting oor elkeen.

 

Die leerders was nie vir een oomblik stil nie en kon nie genoeg gesels oor al die snaakse diere wat hulle raakgeloop het nie. Hulle sal hierdie avontuur nie maklik vergeet nie en hulle was baie dapper om sonder hulle ouers op die uitstappie te gaan – hulle word nou vinnig groot!

Graad 1’s besoek Eventeria

Linda Erasmus
Gr 1

Op 26 Augustus 2016, was dit weer tyd vir Laerskool Bosveld Primary se graad 1-leerders se jaarlikse uitstappie na Eventeria. Die busse het om 7 uur die oggend vertrek en die atmosfeer was gevul met opgewondenheid.

 

Soos altyd was dit ‘n heerlike, opwindende en opvoedkundige dag. Al die leerders het dit baie geniet en sommer baie geleer. Selfs op pad terug was daar nie een stil oomblik op die bus nie. Die mammas en pappas gaan nog lank hoor van die tiere, leeus en al die ander diere wat hulle gesien het.

 

Dit was voorwaar vir almal ‘n belewenis!

Brandweer besoek Laerskool Bosveld Primary

Colette du Plessis
Gr. R - Brandweer

 

Met groot opgewondenheid het die Gr. R en Gr. 1-leerders van Laerskool Bosveld Primary Vrydag, 31 Augustus uitgesien na die brandweer se besoek.


Die groot rooi brandweerwa het die leerders se verbeelding aangegryp. Elke Gr. R leerder het ook die geleentheid gekry om met die brandslang te spuit. Na afloop van die besoek was dit duidelik dat menige seuntjies eendag brandweermanne wil word.