Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

GHOLF / GOLF

Interlaer wenners!

CJ de Swardt

 

Boogskiet

Laerskool Bosveld Primary se gholfspan het op Vrydag, 12 Oktober 2018 vroeg vertrek na Groblersdal om aan die Interlaer en Limpopo proewe te gaan deelneem.

 

Die Bossies het puik gespeel en ‘n uitstekende eerste plek behaal uit die deelnemende 8 skole. Drie van die Bossie-gholfspelers is ook opgeneem in die Limpopo-laerskole gholfspan naamlik: Ruan Mostert, Ulrich Pepler en Daniel Leahy.

 

Die Bossies is baie opgewonde oor hierdie puik prestasies en sien uit na die res van die gholf-seisoen.

Bossie-gholf kook!

M Pepler

 

Op Dinsdag, 24 Oktober 2017, het Laerskool Bosveld Primary se gholfspan te Groblersdal gholfbaan aangemeld om deel te neem aan die finale rondte proewe vir die Interprovinsiale Laerskole Gholfspan.

 

Ten spyte van die son se beste poging om die dag snikheet te maak, het die seuns met ywer die pragtige baan aangedurf.

 

Twee seuns, Ulrich Pepler en Robbie de Klerk, het uiteindelik gekwalifiseer om hul provinsie te verteenwoordig op die 4de en 5de Desember te Ekhuruleni.

 

Baie geluk aan hierdie twee seuns, julle is Bossie-sterre!

Die Bossies kán Golf speel!

M Pepler

 

Op die 11de Oktober het Laerskool Bosveld Primary deelgeneem aan die jaarlikse Interlaer gholf-kompetisie wat vanjaar op Mogolklub plaasgevind het.

 

Drie van Bosveld se manne het deurgedring na die volgende rondte en die Bossies het `n algehele tweede plek op die dag behaal.

 

Die res van die seisoen gaan nog baie opwinding lewer vir hierdie kranige golfers.

Golf toer vir Bossies

M Pepler

 

Laerskool Bosveld Primary het vanaf 29 September tot 2 Oktober 2017, saam met Laerskool Eugene Marais `n golf toer by Sesambos gholfbaan bygewoon. Die spelers en onderwysers het hulle vakansie opgeoffer om hul golf-tegnieke in te oefen.

 

Die seuns het tydens die toer baie golf gespeel en hulself gate uit geniet! Daar was ook `n trofee op die spel geplaas, waarmee Laerskool Bosveld Primary weggestap het na afloop van die toer. Die spelers is nou knap toegerus vir hulle volgende toernooi.

Laerskool Bosveld Primary lewer `n voorsitter

C Brandt

 

Een van Laerskool Bosveld Primary se student menere, ene meneer Pepler, het vroeër verneem dat hy as Limpopo laerskole Gholf-voorsitter verkies is. `n Algehele vergadering was gehou op Vrydag, 28 Julie 2017, waartydens die agenda en liga vir die jaar bepaal was. Die jong meneer hoop om die liga binne die provinsie te vestig en om veral die jonger dames in die buitelug in te lok.

Interprovinsiale Gholf-toernooi

Pierre Hugo
Gholf

 

Drie seuns; Janco Lötter, Armand de Beer en André-Neil Burger van Laerskool Bosveld Primary het die Limpopo gholfspan verteenwoordig by die jaarlikse Interprovinsiale Gholf-toernooi, wat vanjaar by Koro Creek in Nylstroom op 7 & 8 Desember plaasgevind het.


DDie seuns het hulle goed van hulle taak gekwyt. Janco behaal 31 punte, André-Neil 25 punte en Armand 20 punte. Die toernooi was geskeduleer vir 2 dae met 18 putjies, maar as gevolg van die ongure weer en baie reën is die tweede dag afgestel. Die wenners is bepaal deur dag 1 se telling. Janco was 9 punte agter die voorloper en die Limpopo span het `n algehele 5de plek behaal. Baie geluk seuns!

Limpopo Laerskole Gholfproewe

Pierre Hugo
Gholf

 

Laerskool Bosveld Primary het Vrydag, 20 November 2015 3 seuns, nl. Janco Lötter, Armand de Beer en André-Neil Burger gestuur om aan die jaarlikse Limpopo gholfproewe deel te neem. Die proewe was gehou by die Groblersdal Gholfklub.


Die 3 seuns het hulle staal gewys op die dag, eers in sonskyn en toe in stormsterkte wind en reën. Al drie die seuns het die Limpopo gholfspan gemaak met Armand wat ‘n algehele 3de , Janco 4de en André-Niel 6de plekke verower het. Die Limpopo gholfspan sal aan die jaarlikse interprovinsiale gholftoernooi deelneem op die 7de en 8ste Desember 2015. Die toernooi sal hierdie jaar plaasvind te Koro Creek in Nylstroom. Baie sterkte!

Laerskool Bosveld Primary Gholf

Pierre Hugo
Gholf

 

Die gholfspan van Laerskool Bosveld Primary, naamlik: Janco Lötter (Kaptein), Armand de Beer, André-Neil Burger en WP Vermeulen het op Vrydag, 30 Oktober 2015 aan die jaarlikse Interlaer Gholftoernooi by Koro Creek gholfbaan in Modimolle (Nylstroom) deelgeneem.

Skole wat aan die toernooi deelgeneem het, was onder andere: Laerskool Bosveld Primary, Laerskool Krugerpark, Laerskool Ellisras, Laerskool Eugene Marais, Laerskool Euphorbia, Laerskool Nylstroom en Laerskool Warmbad.

Die Bossie gholfspan het uitmuntend gespeel en het weggestap met die 2de plek. Die Bossies is trots op die seuns wat hulle goed van hulle taak gekwyt het.