Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

geskiedenis / history

Bossie 30 Jaar

Die skool is gebou deur mnr J Odendaal en die argitek was mnr A de Villiers. Laerskool Bosveld is 28 jaar gelede in 1986 gestig met slegs `n paar klasse in die Grondslagfase. Die opening van die skool het plaasgevind op 15 April 1986 met 22 personeellede, 2 administratiewe dames nl. mee Daisy Esterhuizen en Rina Olivier en 564 leerders.

 

Die eerste beheerliggaam is verkies op 24 April 1986, 24 persone was genomineer en die volgende persone is verkies: ds JGC Scheepers, ds JP Robb, mnre D du Plessis, JP Richter, DJ de Bruin, MW von Wielligh, MS Mulder en me HJ Esterhuizen. Op 30 April word besluit dat die naam van die skool voortaan Laerskool Bosveld sal wees en op 8 Julie 1986 word die skooldrag van die skool vasgestel.

 

Met die bou van die Matimba-kragstasie en die uitbreiding van die Grootgelukmyn, het die klasse al meer geword. Op 7 Januarie 1987 styg die leerdertal tot 1029. Teen Januarie 1987 het die Engelse Departement oorgesuif vanaf Laerskool Ellisras. Die Grondslagfase het 6 klasse vir elke graadgroep gehad. Al was dit harde werk om `n nuwe skool op die been te bring, is daar met die hulp van toegewyde personeel en betrokke ouers gou sukses behaal.

 

Die eerste Massasport-byeenkoms vind plaas op 23 Januarie 1987. Op 25 Januarie 1987 word die skoolwapen in gebruik geneem. Die amptelike opening word op 6 Maart 1987 deur PH Bredenkamp, Direkteur van Onderwys, waargeneem. Werk aan die tennisbane begin op 25 Junie 1987.

Die skoollied word geskryf deur me Gizella de Villiers in Desember 1987. Op 21 Maart 1988 word die skoollied vir die eerste keer gesing.

 

Op 25 Augustus 1989 neem die koor en slagorkes vir die eerste keer deel aan die jaarlikse kunstefees. Die Revue-groep word uitgenooi na die Stadskouburg op 28 Mei 1990.

 

Die eerste swemgala vind plaas op 27 Augustus 1990. Op 10 Mei 1991 vier die skool sy vyfde verjaarsdag met `n Kermis by die Mogolklub.

Die skool begin amptelik as `n Model-C skool op 3 Augustus 1992. Skoolgelde beloop R33,33 per kind per maand. Die 0/11 en 2de span wen die krieket liga op 22 Augustus 1993. Ellaine Rogers, `n Bossie-leerder wen die slagspreukkompetisie van die dorp op 6 Mei 1994 nl. "Ellisras - Hartklop van die Bosveld", wat gebruik word as deel van die dorp se bemarking.

 

Die skool se hoofde was as volg:

Mnr TL Marais: 1986-1992

Mnr JSF Botha: 1993-1999

Mnr CA Campbell: 2005-2009

Mnr JL Pretorius: 2009 - huidiglik

 

Our school's success is based on thorough planning combined with a dedicated teacher's corps. Educators know that they should try something beyond what they have already mastered, ensuring growth and a bright tomorrow for our extraordinary school.

 

When the Matimba power station neared completion, people moved away and learner numbers decreased. The school had to start combined classes. In 1994 Laerskool Bosveld Primary became a multicultural school and the number of learners started to rise again. The name of Laerskool Bosveld changed to Laerskool Bosveld Primary.

 

The school's dedicated educators made a success of the Outcome Based Education as prescribed by the Department of Education. Since then, the CAPS method of education were implemented with success. Educators are well qualified and they are passionate about education.

 

In 2005 is daar met `n GR R-klas by die skool begin, eers as `n privaat onderneming en later as deel van Laerskool Bosveld Primary. Ons skool spog huidiglik met 3 Gr R-klasse. Hulle word gereeld op uitstappies geneem, word rekenaarvaardig en leer speel-speel die nodige vaardighede vir GR 1 aan.

 

Leerders wat Laerskool Bosveld Primary verlaat is verseker van uitstekende akademiese resultate en pragtige sportprestasies. Elke leerder het die geleentheid om hulself op sportgebied uit te leef. Ons bied 15 sportsoorte by die skool aan. Sport aktiwiteite wat huidiglik by die skool aangebied word is: Rugby, Bulletjierugby, Netbal, Mini-netbal, Hokkie, Mini-hokkie, Tennis, Swem, Boogskiet, Krieket, Mini-krieket, Sokker, Gholf, Atletiek, Landloop en Skaak.

 

Op kulturele gebied het die skool al baie talentvolle sangers, toneelspelers en redenaars opgelewer. Kulturele aktiwiteite wat aangebied word by die skool is: Redenaars, Debat, Revue, Toneel, Talentfees, Idols, Afrikaanse tweede taalmiddag, Konsert, Kunstefees, Bossie Kidz, Olimpiades, Bossie koerant.

 

Schalk Erasmus het in 2011 as Limpopo wenner uitgetree in die Wêreldkennis-Olimpiade. Francois Shaw was in die tweede plek. Albei hierdie leerders was in GR 7. Ons Graad-6 Limpopo wenner was Andrea van Rooyen. Bossies kan hulself lokaal, provinsiaal en ook nasionaal uitleef om hulle volle potensiaal te ontwikkel.

 

Learners are given the opportunity to develop to the best of their ability. Remember: Dream what you want to dream; go where you want to go, because you only have one life and one chance to become the person God intended you to be.