Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Bulletjierugby

Kom leer maar by die Bossies

D. Gouws

 

 

Op Saterdag, 4 Mei 2019 het Laerskool Bosveld Primary hul jaarlikse Bulletjie-rugby en mini-netbaldag gehou. So op Mnr. Louwtjie Pretorius, die Bossie-hoof, se verjaardag! Wat ‘n groot geskenk was dit nie. Dit was ‘n puik dag waarby 9 skole betrokke was! Die rede vir so ‘n groot dag met soveel opgewonde seuntjies en dogtertjies, is om die liefde en passie vir netbal en rugby te kweek - en die Bossies het dit verseker reg gekry!

100de kindertjies het met breë glimlagte ‘n bal geskop of gegooi, ‘n drie gedruk en ‘n doel gegooi!

Dit was ‘n fees om die naweek naby die Bossie terrein te wees!

Bulletjierugby Ls Thabazimbi

 

Laerskool Bosveld bulletjies het Saterdag 26 Mei 2018 deelgeneem teen Laerskool Koedoeskop, Laerskool Thabazimbi , Laerskool Warmbad en Laerskool Ellisras op Laerskool Thabazimbi . Die afrigters was 7 uur ontvang. Die ontbyt was baie aangenaam. Die eerste wedstryd het om 8uur begin.

 

Daar was baie ondersteuning en vrywing tussen die spanne se ouers maar tog goeie sportmanskap.

 

Al drie ouderdomme van Bosveld het goed presteer 0/6 , 0/7 en 0/8. Die laaste wedstryde was 14:05 en het geindig op hoogtepunte.

 

Laerskool Bosveld kana aand die einde van die seisoen steeds spog met die beste dag wat vir die jaar aangebied is.

Bulletjierugby Ls Ellisras

 

Laerskool Bosveld bulletjies het Saterdag, 19 Mei 2018 deelgeneem teen Laerskool Koedoeskop, Laerskool Vaalwater Laerskool Unitas en Laerskool Ellisras op Laerskool Ellisras.

 

Die afrigters was 7 uur ontvang. Die eerste wedstryd het om 8uur begin.

 

Daar was baie ondersteuning en vrywing tussen die spanne se ouers maar tog goeie sportmanskap. Al drie ouderdomme het goed presteer 0/6 , 0/7 en 0/8. Die laaste wedstryde was 14:05 en het geindig op hoogtepunte.

Bulletjierugby Koedoeskop

 

Laerskool Bosveld bulletjies het Saterdag 12 Mei 2018 deelgeneem teen Laerskool Koedoeskop, Laerskool Thabazimbi, Laerskool Warmbad, Laerskool Platina en Laerskool Ellisras op Koedoeskop. Die dag het om 8uur afgeskop.

 

Daar was baie ondersteuning en vrywing tussen die spanne se ouers.

 

Al drie ouderdomme het goed presteer 0/6 , 0/7 en 0/8. Die laaste wedstryde was 14:05 en het geindig op hoogtepunte.

Bulletjierugby Swartwater

 

Laerskool Bosveld bulletjies het Saterdag 5 Mei 2018 deelgeneem teen Laerskool Unitas en Laerskool Ellisras op Swartwater. Die dag het om 8uur afgeskop.

 

Daar was baie ondersteuning en vrywing veral tussen die 0/8 ouers tydens die wedstryde.

 

Al drie ouderdomme het goed presteer 0/6 , 0/7 en 0/8. Die laaste wedstryd het 11 : 10 geëindig op `n hoogte punt met die 0/8 wat baie balbesit gehad het teen Laerskool Unitas.

Skitterende byeenkoms vir ontluikende rugby- en netbalspelers.

Mercia Joubert

 

Vir Laerskool Bosveld Primary was dit Saterdag, 21 April 2018 `n groot voorreg om as gas-Laerskool vir ses skole tydens die Bulletjierugby- en Mini-netbaldag op te tree.

 

Nie net is die hoofde, afrigters en beamptes op glansryke wyser ontvang en trakteer nie, maar die besoekers was dit eens dat die skool se terrein `n lushof is, met uitstaande fasiliteite.

 

Ongeveer 310 netbalspelers en 258 rugbyspelertjies het mekaar die stryd aangesê; onder aansporing van hulle ouers, grootouers en talle ander ondersteuners – wat `n plesier om die pappas en mammas langs die veld dop te hou! Om so `n skitterende dag aan te bied sal egter onmoontlik wees sonder die oop hand van die skool se borge.

 

Dankie vir die reuse aandeel – om te kon sien hoe elke deelnemer met `n groot glimlag `n medalje ontvang en die dag ten volle kon geniet, maak die personeel van Laerskool Bosveld Primary dankie-bly.

Bossies wys hoe!

M Pepler

 

MiniNetballRugby

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 27 Mei 2017, `n aangename mini-netbal en –rugby dag aangebied. Ouers het vroeg opgestaan en uit elke uithoek van Limpopo gekom om vir boetie of sussie te ondersteun. Die dag was gevul met heerlike somer weer, kinder-laggies en opgewonde ouer stemme wat hul kinders aanmoedig langs die baan. Die OOV se Bossie-mammas het heerlike kos gemaak en sodoende verseker dat almal se mae vol bly.

 

Laerskool Bosveld Primary se kinders en ouers sien reeds uit na volgende jaar se seisoen, en bedank hul almal wat `n bydrae gemaak het om vanjaar so `n groot sukses te maak.

Bulletjies het pret

Marno Pepler
Bulletjie Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary se bulletjie-rugbydag, wat op 28 Mei 2016, plaasgevind het, kan slegs as `n sukses beskryf word. Benewens die uitmuntende toestand van die terrein, was die algehele ervaring van die seuns positief.

 

Besoekers het van heinde en verre gereis om die dag by te woon, en ieder en elk sou bevestig dat dit die moeite werd was. Baie geluk aan Laerskool Bosveld Primary met `n suksesvolle dag.

Bulletjie rugby

Marno Pepler
Bulletjie rugby

 

Op 21 Mei 2016, het Laerskool Bosveld Primary se Bulletjie-rugbyspelers op Laerskool Ellisras se velde toegesak. Die kranige Bulletjies was slaggereed op `n goed voorbereide baan. Die genot was sigbaar op die jong spelers se gesigte deur die loop van die dag. Dit was `n goed georganiseerde dag en die spelers het elke oomblik waardeer en geniet.

Bulletjie rugby

Marno Pepler
Bulletjie Rugby

 

Saterdag, 14 Mei 2016, sal onthou word as `n onortodokse dag. Die bulletjie rugbyspanne van Laerskool Bosveld Primary het by Laerskool Thabazimbi aangekom in weer wat een sou toeskryf aan die Kaap van storms. Reënweer en mis het die spelers soos `n dekmantel omvou.

 

Ten spyte van die onweer het die verrigtinge aangegaan asof niks skort nie. Elke Bossie het sy en haar hart uitgespeel op elkeen se onderskeie gebied. Laerskool Bosveld Primary het beslis rede vir opgewondenheid wanneer een die jong sterre aanskou.

Laerskool Bosveld Primary Bulletjiedag te Unitas

Pierre Hugo
Bulletjie RugbyBulletjie Rugby

 

Die O/7 en O/8 bulletjie rugby-spanne van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 23 April 2016 aan die jaarlikse Unitas Bulletjie rugby-dag in Swartwater deelgeneem.

Dit was ‘n dag gevul met sonskyn en pret. Verskeie skole het deelgeneem. Die bulletjies het ‘n suksesvolle dag beleef. Laerskool Bosveld Primary se jong rugby talent lyk belowend vir die toekoms.

Bulletjies wys rugby is pret

Marno Pepler
Bulletjie RugbyBulletjie Rugby

 

Op Saterdag, 9 April het die jong Bossie manne van Laerskool Bosveld Primary `n onvergeetlike dag beleef. Die jaarlikse Bulletjie-rugby byeenkoms te Laerskool Nylstroom, het weereens gesorg vir opwinding en seer kele.

Alhoewel die manne uitgeput was teen die einde van die byeenkoms het hulle ten minste 4 wedstryde elk gespeel en hulle bereidwilligheid was opvallend.

Die o/6, o/7 en o/8 rugbyspanne het almal deel gehad aan die pret. Die Bossies bedank Laerskool Nylstroom vir hul gasvryheid en hoop om in die toekoms weer deel te neem.

Bulletjies vat vas!

Pierre Hugo
Mini-Netball

 

Op Saterdag, 30 Mei 2015, het Laerskool Bosveld Primary, hulle jaarlikse Bulletjie-rugbydag met groot sukses aangebied. Skole wat deelgeneem het aan die dag was: Laerskool Thabazimbi, Laerskool Koedoeskop, Laerskool Vaalwater, Laerskool Unitas en Laerskool Ellisras. Dit was 'n dag vol opwinding en pret, al die deelnemende skole het die dag ten volle geniet en al die wedstryde was in die regte gees gespeel. Dit was 'n uitstaande afsluiting van 'n besige Bulletjie-rugby seisoen.

Bossies neem deel by Bulletjie rugby

Marno Pepler
Bulletjie Rugby

 

Tydens `n goed beplande dag van Bulletjie rugby by Laerskool Ellisras het die Bossie Bulletjies hulself weereens uitstekend van hul taak gekwyt en Laerskool Bosveld Primary se naam hoog gehou. By die geleentheid was daar opponente om van te kies en te keur en sodoende was die rugbyprogram stampvol gestop tot almal teenwoordig se genot. Laerskole Vaalwater en Unitas was onder meer ook teenwoordig by die dag om te deel in die pret.

Gillende mammas, boerewors, pannekoek, voortreflike musiek in die agtergrond en snollende gesiggies gemik op die doellyn is verseker die hoofbestanddele vir sukses.

Goed begin is half gewin!

Pierre Hugo
Bulletjie Rugby Bulletjie Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary se Bulletjie-rugbyspanne (O/6, O/7, O/8) het op Saterdag, 16 Mei deelgeneem aan Laerskool Thabazimbi se Bulletjie-rugbydag. Ons het daar onderskeidelik teen skole soos: Laerskool Vaalwater, Laerskool Thabazimbi , Laerskool Koedoeskop, Laerskool Platina, Laerskool Dwaalboom gespeel. Dit was ‘n dag vol opwinding en pret, die seuns het dit baie geniet en het hulself soos ware Bossies gedra. Dit gaan nie oor wen of verloor by Bulletjie-rugby nie maar ons het nogsteeds baie goeie uitslae gehad.

Bulletjies haal uit en wys op Koedoeskop

Bulletjie Rugby

 

Laerskool Bosveld Primary se Bulletjie-Rugbyspanne het op Saterdag, 9 Mei op Koedoeskop gaan deelneem aan hul jaarlikse Bulletjiedag. Die kompetisie was straf, maar Bosveld se Bulletjies het soos gewoonlik met eer uit die stryd getree. Hoewel die wenfaktor nie belangrik is nie, het die meeste van hul wedstryde baie gelykop verloop en daar is nie teruggestaan vir spanne soos Warmbad, Thabazimbi, Vastrap en Koedoeskop nie. Die seuns het hul beste gegee en was goeie ambassadeurs vir hul skool gewees.


Die Mini-Netbaldogters het aan dieselfde dag deelgeneem en het ook baie goed gedoen. Laerskool Bosveld is trots op die jongklomp se ywerige deelname aan Bulletjie Rugby en Mini-Netbal, wat baie belofte toon vir sport in die algemeen by Laerskool Bosveld Primary.

Bosveld hou Bulletjiedag

Jimmy du Plessis
bulletjierugby

Op Saterdag, 31 Mei het Laerskool Bosveld Primary sy jaarlikse Bulletjie- en Mini-netbaldag aangebied. Die skole wat die dag bygewoon het is Laerskool Ellisras, Koedoeskop, Thabazimbi en Unitas. Elke seun en dogter het ‘n medalje gekry vir hul deelname, want dit is inderdaad waaroor sulke dae gaan.

 

Die seuns en dogters het alles gegee om hul ouers, afrigters en onderwysers te beïndruk. Die onderwysers van Laerskool Bosveld het genoeg talent raakgesien wat in die toekoms ingespan kan word om die skool se rugby- en netbalspanne te versterk. Seuns en dogters van al die deelnemende skole kon Saterdagmiddag tevrede huis toe gaan na ‘n wonderlike dag propvol geleenthede om hul sporttalente uit te stal.