Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Bossie Kidz

Bossie-Kidz gee om vir diere

Sarie Pretorius

 

Laerskool Bosveld het die afgelope maand `n kompetisie gehad by die skool. Die klasse moes honde- en katkos insamel vir die DBV. Die klas wat die meeste ingesamel het, ontvang heerlike hamburgers van SPUR.

 

Die leerders was vuur en vlam om die diere van Lephalale te bederf met heerlike kos. Hulle monde het ook gewater vir `n sappige hamburger.

 

Die Bossie-Kidz was ekstaties toe AO Seabati en sy kollega hulle honde skool toe gebring het en `n vertoning gelewer het op Maandag, 21 Mei 2018. Die polisie-honde is baie slim en het allerhande toertjies gedoen om die Bossies te vermaak.

 

Die DBV is baie dankbaar vir al die kos wat die leerders ingesamel het. Daar is altesaam twee bakkie-vragte hondekos ingesamel. Baie geluk aan Mnr Hanru Human se klas 5HA, wat die meeste kos ingesamel het.

 

Baie dankie aan elke Bossie, mamma en pappa wat die DBV se diere-magies gaan volhou. Bossies gee verseker om vir die diere in ons gemeenskap.

Bossie-Kidz het pret!

N Botha

 

Laerskool Bosveld Primary se Bossie Kidz het op Maandag, 12 Maart om 14:30 spanbou aktiwiteite aangepak. Die kinders het geleer hoe om effektief met mekaar te kommunikeer sodat hul takies vinnig kon afhandel en verseker dat hul nie te nat word nie. Die wenspan kon eerste vir hulself heerlike roomys kry na hul flink dink sessie.

Bossie Kidz vier die lente!

Annie Krugel

 

Die begin van lente is in die lug en die leerders van die skool is gereed om al die winterklere weg te pak en hul vrolike somerklere nader te hark. Die senior Bossie Kidz van Laerskool Bosveld Primary het `n groot verrassing gekry op 4 September 2017.

 

Ter viering van lentedag, kon hulle, hulle eie roomys en eetbare versierings kies en opsit. Hulle het behoorlik gesmul aan die heerlike verrassing. Daar is geen beter manier om die lente te groet as om roomys saam met jou maats te geniet nie.

Brandweer besoek Bossie Kidz

Sarie Pretorius en Annie Krugel

 

>

Op Maandag, 21 Augustus het Mnr du Toit die brandweerwa van Eskom, wat by Medupi gebruik word, aan die junior Bossie Kidz kom wys by Laerskool Bosveld Primary.

 

Die Bossies was baie opgewonde om hierdie voorreg te beleef. `n Regte-egte brandweerman het ook sy brandweer uniform, wat vuur bestand is tot op 1200°C, aan die Bossie Kidz kom wys. Hulle was baie beïndruk met die uitrusting.

 

Die leerders het met oorgawe en entoesiasme aan die leersame aktiwiteit deelgeneem. Die hoogtepunt was toe die brandslang oopgedraai is en hulle die kans gehad het om dit vas te hou. Sopnat en tevrede is die Bossie Kidz huis toe, met hope goed om vir ma en pa te vertel.

Bossie Kidz raak kreatief

Annie Krügel

 

Bossie Kidz Bossie Kidz Bossie Kidz Bossie Kidz Bossie Kidz Bossie Kidz

Die Bossie Kidz het hulle verf talent uitgetoets op 27 Februarie 2017, by Laerskool Bosveld Primary se nuwe lapa. Die leerders moes elkeen `n spoelklip bring en dit verf. Die organiseerder het verskeie voorbeelde aan die leerders gegee en elkeen kon sy of haar kreatiwiteit na hartelus uitleef

 

Die leerders het hulself gate uit geniet en hul kunswerk is trots huis toe geneem. Die leerders is bederf met `n ysie na die tyd. Dankie aan elke leerder wat die skool se waardes uitleef by die Bossie Kidz.

Bossie-Kidz

Sarie Pretorius
Bossie-Kidz

 

Op Maandag, 7 Maart het Eksperi-maatjies Laerskool Bosveld Primary besoek. Hulle het vir die Bossie-Kidz baie oulike eksperimente gewys en dit was groot pret. Hierdie aktiwiteit was dan ook die afsluiting vir die kwartaal.

Bossie-Kidz hou boeresport

Sarie Pretorius
Bossie KidsBossie Kids
Bossie KidsBossie Kids Bossie Kids

 

Die kultuurgroep van Laerskool Bosveld Primary, die Bossie-Kidz het `n heerlike boeresport-middag beleef. Die leerders het die sakresies gehardloop, driebeenresies en lepel-en-eierloop. Dit was groot pret om ou tradisionele speletjies van boere-kinders af te stof en uit te probeer.

 

Met `n rekordgetal van 180 leerders is daar heerlike boeresport gehou op Maandag, 22 Februarie. Al het die bosveld son erg gebrand, het die Bossie-Kidz deelgeneem. Die middag is afgesluit met `n swemsessie om af te koel. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Bossie-Kidz vier die liefde!

Corné de Swardt
bossiekids

 

Die doel van die Bossie-Kidz is om goeie norme en waardes vir leerders te stel. Die aktiwiteite is daarop gemik om leerders te leer omgee vir mekaar, hul omgewing en om die gemeenskap te dien. Die Bossie-Kidz fokus op stimulasie van kreatiewe denke en daar is elke kwartaal heerlike aktiwiteite om aan deel te neem!

 

Op Maandag, 8 Februarie het die leerders pragtige Valentyns-kaartjies gemaak vir hulle geliefdes. Die leerders het elke oomblik geniet. Dis `n fees om `n Bossie te wees!

Laerskool Bosveld Primary Bossie-Kidz gereed vir 2016!

Sarie Pretorius
bossiekids

 

Die Bossie-Kidz het vanjaar afgeskop met ʼn see van leerders wat graag deel wil wees van die kultuurgroep. In dié hitte het die Bossie-Kidz besluit om te begin met `n heerlike “ken-mekaar” en almal het omtrent in die swembad baljaar.

 

The Bossie Kidz had a wonderful start for 2016. There were lots of learners and they had lots of fun in the swimming pool. The Bossie Kidz is a special cultural group for all Bossie learners.

Bossie Kidz reik uit na die DBV

Lorize Marx
bossiekidz

Die afgelope Maandag, 11 Augustus, het die DBV Laerskool Bosveld Primary besoek. Tannie Mariaan het vir die kinders gewys hoe dit by die DBV lyk en wat hulle alles daar doen. Die Bossie Kidz van Laerskool Bosveld Primary het die DBV ondersteun deur vir hulle sakke honde- en katkos te skenk. `n Redelike bedrag is ook ingesamel deur die Bossie Kidz en is aan die DBV oorhandig. Dit was maar net `n druppel in die emmer, want die DBV benodig nog heelwat kos vir al die hongerige diere. Ons wil net baie dankie sê vir elke leerder wat ‘n bydra gelewer het ons is baie trots op die Bossie Kidz!

 

 

Laerskool Bosveld Primary Bossie Kidz

 

Die landsdiens en www. Het in 2010 saamgesmelt om die Bossie Kidz te vorm. Die doel van die groep is om goeie norme en waardes vir leerders te stel. Die aktiwiteite is daarop gemik om leerders te leer omgee en ook van hulp te wees vir die gemeenskap en hul omgewing. Ons fokus op stimulasie van kreatiewe denke, omgee vir mekaar, die omgewing en die gemeenskap, en ook gemeenskaps – betrokkenheid. Daar is elke kwartaal heerlike aktiwiteite om aan deel te neem ! Ons kom elke Maandag by die vlagpaal bymekaar om 15:00. Elke leerder betaal R100 om die hele jaar groot prêt te kan hê.

 

The “landsdiens” and www.combined during 2010 and become the Bossie Kidz. The aim of the group is to establish good norms and value. The activities will focus on teaching learners to care about their community and environment. We stimulate creative thinking, caring for each other, the environment and the community as well as community involvement. Every term there are lots of fun activities to participate in! We assemble at the flagpole every second Monday afternoon at 15 :00. Each learner pays R 100 participate in all the fun activities.