Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Boogskiet / Archery

Boogskiet Inter Provinsiale en Nasionale kompetisie

M Grobler

 

Riekie Boshoff, Jorge Marques, Stephen Shepherd, Mariette Oberholzer, Dane Marnitz, Zandry Coetzer, Divan Gerber, Willie Boshoff, Jandre Putter, Willem van Coller, Henry Marnitz, Chantel Prinsloo, Mischka Prinsloo, Salome Boshoff, Caden Shepherd, Samuel Leahy, Jaco Botes, Franco Oberholzer, Marko Coetzer, Tsholofelo More, Leonell van Coller, Michelle Grobler, Nelia Grobler, Julio Marques, Mackenna Cox, Bokamoso Wessie, Elize Kruger, Lesibana Mogotsi, Anne-Mari Botes, Barend van der Westhuizen, Phillip Loots

 

DLaerskool Bosveld Primary se Boogskuts het gedurende die vakansie 25-27 September aan die Inter Provinsiale en Nasionale kompetisie deelgeneem te Cambridge Academy in Witbank.

Dit was n groot ondervinding vir die leerders en daar het oor die 800 kinders deelgeneem. Al 9 provinsies het deelgeneem.

Dit was n wonderlike geleentheid en elke leerder het dit vreeslik geniet.

Laerskool Bosveld Primary se skuts het baie goed gevaar.

Leonell van Coller het n algehele 3de plek vir Primary meisies gekry vir die Limpopo span.

Anne-Mari Botes het n 1sts plek gekry uit die Graad 4 dogters wat deelgeneem het en Barend van der Westhuizen het n 3de plek behaal uit al die Graad 4 seuns wat deelgeneem het.

Ons is baie trots op elke Bossie skut wat deelgeneem het. Hou so aan. Julle maak ons trots.

Boogskiet 14 September 2019

M Grobler

 

 

Die Bossie Boogskuts het die naweek 14 September 2019 aan hulle laaste boogskiet kompetisie vir die jaar deelgeneem te Potgietersrus.

Die skuts het die kompetisie vreeslik geniet en baie goed gevaar.

Ons het 1 span in geskryf en hulle het n algehele 1ste plek behaal.

Dane Marnitz het n algehele 3de plek behaal vir Junior dogters en Anne-Mari Botes het n 1ste plek behaal.

Willie Boshoff het n algehele 3de plek behaal vir Junior seuns en Jaco Botes n 2de plek behaal.

Elize Kruger het n 2de plek behaal in die Rising star Wit kategorie.

Dit was n suksesvolle dag en die skuts het die Boogskiet vir die jaar op n hoe noot af gesluit.

22 van ons leerders sal die 25ste tot die 27ste September 2019 aan die Boogskiet Nationals deelneem in Witbank. Baie sterkte aan hulle.

Bosveld Boogskiet

M Grobler

 

 

Op die 31ste Augustus was Laerskool Bosveld Primary se Boogskiet dag. Dit was n suksesvolle dag met baie opwinding. Die kinders het elke oomblik geniet.

Ons A span het n 1ste plek behaal en die B span n 2de plek behaal. Leonell van Coller het n 2de plek behaal in die Junior meisies afdeling en Zandry Coetzer het n 3de plek behaal in die Junior seuns afdeling, Franco Oberholzer het n 2de plek behaal en Jaco Botes n eerste plek behaal.

Mooi so Bossie.

Bossie Boogskiet

M Grobler

 

 

Die naweek 24 Augustus 2019 het die Bossie boogskuts deelgeneem te Waterberg Academy in Vaalwater.

Dit was n baie lekker warm dag en die skuts het dit baie geniet en baie goed gevaar.

Ons A span het n 1ste plek behaal en die B span n 2de plek behaal.

Leonell van Coller het n 1ste plek behaal vir Junior dogters. Jaco Botes het n 3de plek behaal vir Junior seuns en Samuel Leahy het n 2de plek behaal.

Dit was n suksesvolle dag. Ons is baie trots op ons Bossie skuts.

Die volgende kompetisie is by Laerskool Bosveld Primary.

Limpopo Provinsiale boogskietkompetisie 2019

 

Salome Boshoff, Mischka Prinsloo, Barend van der Westhuizen, Divan Gerber, Dane Marnitz, Willie Boshoff, Franco Oberholzer, Leonell van Coller, Jaco Botes, Samuel Leahy, Zandry Coetzer
Henri Schoeman, Phillip Loots, Tsholofelo More, Vanya Robbertze, Lesibana Mogotsi, Carli Botha, Elize Kruger

Boogskiet 20 Julie 2019

M Grobler

 

 

Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 20 Julie 2020 te Hoerskool Ellisras deelgeneem. Dit het baie goed gegaan en die Bossie Skuts het puik presteer.

 

Bosveld se A span het n 1ste plek behaal en Bosveld se B span het n 3de plek behaal.

 

Leonell van Coller het n 2de plek behaal in die Juniors dogter afdeling en Salome Boshoff het n 3de plek behaal in die Juniors dogter afdeling.

 

Franco Oberholzer het n 2de plek behaal in die Junior seuns afdeling en Samuel Leahy het n 3de plek behaal in die Junior seuns afdeling.

 

Die leerders het regtig goed presteer en hulle het die dag vreeslik geniet. Dit was vir hulle baie lekker.

Die volgende kompetisie vind plaas by Waterberg Academy in Vaalwater op 3 Augustus 2019.

Boogskiet 13 Julie 2019

M Grobler

 

Bosveld se A span het n eerste plek behaal

 

Die Bossie Boogskuts het die naweek aan n kompetisie deelgeneem te Lephalale Primary in Ellisras. Hulle het teen Waterberg Academy, Hoerskool Ellisras, Potgietersrus en Lephalale Primary deelgeneem. Die Boogskuts het puik presteer.

 

Bosveld se A span het n eerste plek behaal.

 

Samuel Leahy het n algehele tweede plek behaal en Franco Oberholzer het n algehele derde plek behaal in die Junior seuns afdeling.

 

Dane Marnitz het n algehele eerste plek behaal in die Junior dogters afdeling.

 

Dit was n baie suksesvolle dag. Die Bossie skuts skiet weer komende Saterdag 20 Julie 2019 te Hoerskool Ellisras. Ons sien uit vir nog n suksesvolle kompetisie.

Bossie Boogskiet Skitter

M Grobler

 

Franco Oberholzer n 2de plek Samuel Leahy n 3de plek vir algehele junior seuns
Span wat 1ste gekom het:
Julio Marques, Dane Marnitz, Mischka Prinsloo, Caden Shepherd, Willie Boshoff, Leonell van Coller, Salome Boshoff, Franco Oberholzer & Samuel Leahy
Afwesig op foto:
Jaco Botes, Mackenna Cox & Divan Gerber
Span wat 2de gekom het:
JC Nieuwoudt, Vanya Robbertze, Shannon Miller, Henri Schoeman, Zandry Coetzer, Barend van der Westhuizen & Heinrich Theron
Afwesig op foto:
Lianke Snyman, Tsholofelo More, Carli Botha, Connor Anderson & Juan van der Zandt

 

Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 6 April 2019 deelgeneem te Hoërskool Ellisras in Ellisras. Die Bossie boogskuts het skitterend gevaar.

Laerskool Bosveld Primary het drie spanne ingeskryf. Die een span het `n eerste plek verower, die ander span het `n tweede plek behaal en die derde span het `n 5de plek ingepalm.

Samuel Leahy het uitmuntende resultate gelewer en `n algehele 3de plek behaal in die Junior Seuns kategorie en Franco Oberholzer was die bobaas skut en het `n algehele 1ste plek behaal.

Dané Marnitz het nie op haar laat wag nie en `n algehele 3de plek behaal vir die Junior dogters kategorie.

Wat `n puik en suksesvolle dag! Die skool is baie trots op die Bossie skuts. Met sulke puik skuts, sien die skool uit na die volgende kompetisie op die 11de Mei, te Waterberg Academy in Vaalwater.

Boogskiet 2 Maart - Waterberg Academy

M. Grobler

 

Laerskool Bosveld Primary het die naweek aan hulle eerste boogskiet kompetisie deelgeneem te Waterberg Academy in Vaalwater. Dit was n suksesvolle dag. Die opwinding was groot vir ons nuwe skuts by hulle eerste kompetisie en elke skut het dit tenvolle geniet. Ons skuts het baie goed gedoen.

Ons 1 span het 'n eerste plek behaal tydens die Bullseye kompetisie en die ander span het 'n 3de plek behaal.

Franco Oberholzer het tweede plek behaal en Willie Boshoff derde plek behaal tydens die Bullseye kompetisie.

Franco Oberholzer het tweede plek behaal en Willie Boshoff derde plek behaal tydens die 3D kompetisie.

Mischka Prinsloo het 1ste plek behaal tydens die Bullseye kompetisie.

Baie geluk aan die boogskuts. Julle het uitstekend gevaar en is opgewonde vir die res van die boogskiet seisoen.

Boogskuts vaar goed

M. Grobler

 

Boogskiet
Agter: Dane Marnitz, Willie Boshoff, Cobus Nelson, Manu van Seventer, Hanro du Plessis
Voor: Tristan Rautenbach, Salome Boshoff, Samuel Leahy
Afwesig: Franco Oberholzer, Jaco Botes, Henri Barnard, Mackenna Cox, Bokamoso Wessie, Leonell van Coller, Albert du Plessis

Laerskool Bosveld se boogskuts het tydens die Oktober vakansie aan die Nasionale Boogskietbyeenkoms te Rustenburg deelgeneem.

 

Dit was ‘n baie groot kompetisie met ongeveer 800 skuts wat deelgeneem het regoor die land.

 

Die skuts het dit geniet om op nasionale vlak deel te neem en baie goed gevaar. Dit was vir hulle ‘n leersame ondervinding.

Bossie Boogskiet Skitter

M Grobler

 

Boogskiet Boogskiet

Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 18 Augustus 2018 deelgeneem te Waterberg Academy in Vaalwater. Tenspyte van die koue en winderige weer het die boogskuts dit baie geniet en hulle beste gegee.

 

Laerskool Bosveld Primary het twee spanne in geskryf. Die een span het n eerste plek behaal en die ander span het n tweede plek behaal.

 

Samuel Leahy het n algehele 2de plek behaal vir die Junior Seuns kategorie.

 

Wat n puik en suksesvolle dag. Die skool is baie trots op die bossie skuts. Die volgende kompetisie is die 1ste September 2018 by Laerskool Bosveld Primary.

Laerskool Bosveld Primary Archers Have Soaring arrows!

Zoe-Lee Verwey

 

The Laerskool Bosveld Primary Archery team participated in a competition on Saturday the 26th of May 2018. The competition took place at Hoërskool Ellisras and was hosted by Hardekool Akademie. The Bossie team managed to remain victorious and won a first place for the Primary school category.

 

The school is especially proud of Sameul Leahy, who placed second for Primary boys, Willie Boshoff who placed third for Primary boys and Mischka Prinsloo who placed third for Primary girls.

 

Well done Bossie Archers, the school is proud of your achievements.

Skaap loop by Laerskool Bosveld Primary terwyl die pyle vlieg!

Marno Pepler

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 5 Mei 2018 vanjaar weer hul jaarlikse skaaploop-dag aangebied in samewerking met hul boogskietspan. Ander skole uit die streek, o.a. Hoërskool Ellisras, Waterberg Academy, Laerskool Ellisras, Hardekool Akademie en Lephalale Primary het ook ouder-gewoonte die dag ondersteun en uiteindelik bygedra tot die sukses daarvan.

 

Die skapie het sommer vroeg oggend al opgewondenheid veroorsaak deur op `n kaartjie te poef. Die skaap het uit sy hok ontsnap en die leerders het hul bes gedoen om die flinke dier weer te vang. Me A van Vreden was die gelukkige wenner.

 

Sommige brawe ouers en leerders het hul vernuf by die bokdrol-spoeg tafel beproef. Sommige leerders het liewer met rosyntjies gekompeteer. Die rosyn-spoeg wenner was mnr Stefan Hatting van Laerskool Bosveld Primary. Die Bokdrol-spoeg wenner was mnr Marius Mostert.

 

Boonop het die Bossie-skuts A-span ook uitgeblink en het die eerste plek beklink met die 3D teikenskiet, tweede was Waterberg Academy en derde Lephalale Primary.

 

Met die 3D teikenskiet in die hoërskool het Waterberg Academy gewen, Hoërskool Ellisras se A-span was tweede en hul B-span derde.

 

Die kolskoot afdeling is gewen deur die Bossies se A-span en Lephalale Primary was tweede. Bosveld se B-span was derde. Ellisras Hoërskool was eerste en Waterberg Academy was tweede met die kolskoot.

 

Laerskool Bosveld se skuts, Mischka Prinsloo en Sameul Leahy het beide die derde plek ingepalm as junior dogter en seun.

Bossie Boogskuts oorwin

M. Grobler

 

Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 14 April 2018 deelgeneem te Hoërskool Ellisras in Lephalale. Dit was ‘n puik, suksesvolle dag. Die skuts het dit vreeslik geniet.

 

Die Bossies het 'n algehele 1ste plek behaal, met ‘n uitmuntende totale punt van 2794. Salomé Boshoff het 2de gekom vir Junior meisies en Eduan Engelbrecht het 3de gekom vir Junior seuns.

 

Die skool is trots op die Bossie boogskuts. Hou so aan! Die volgende kompetisie sal die 5de Mei 2018 plaasvind te Laerskool Bosveld Primary.

Bossies ryg medaljes in

Branden Perrier

 

Laerskool Bosveld Primary se skuts het Saterdag, 16 September, by Hoërskool Ellisras deelgeneem aan `n boogskiet kompetisie en het behoorlik die medaljes ingeryg en die span het `n algehele 3de plek verower.

 

Ilis-Mari Venter wen die titel as algehele junior dogter van die dag met `n telling van 275 en Tristan Rautenbach is algeheel 2de van die junior seuns met `n telling van 273. Branden Perrier wen die titel as algehele junior seun van die dag, sowel as die brons medalje vir 3de hoogste telling van die dag met `n telling van 278.

 

Die kwartaal het met `n hoogtepunt afgesluit en ons hou duim vas vir die skuts wat aan die Nasionale kampioenskappe deelneem in die Oktober vakansie.

Bosveld skiet kolskote

M Pepler

 

Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 19 September weer stof in hul opponente se oë geskop toe hulle te Waterberg Academy aan `n boogskiet kompetisie deelgeneem het. Soos gewoonlik het die Bossie meisies hul pyle laat vlieg en eerste sowel as tweede plekke ingeneem te danke aan Ilis-Mari Venter en Claudine Johnson. Die Bossies het rede vir opwinding wanneer dit by boogskiet kom.

Bossie Boogskuts uitmuntend

M Grové

 

Divan Gerber in aksie

Laerskool Bosveld Primary se skuts het aan 'n Interskole kompetisie deelgeneem te Lephalale Primary. Die skuts was knap met hul boë en Ilis-Mari Venter behaal 'n 1ste plek onder junior dogters, Tristan Rautenbach 'n 2de plek onder junior seuns en Willie Boshoff 'n 3de plek onder juniors seuns. Baie geluk Bossies!

Die Bossies doen dit weer!

Meraai Grové

 

Boogskiet

Die Bossies doen dit weer!! Laerskool Bosveld Primary is baie trots op Ilis-Mari Venter en Tristan Rautenbach wat gekies is tot die Senior Limpopo span wat in Oktober in die Kaap gaan deel neem vir boogskiet.

Bossie-boogskuts tops!

M Grové

 

Archery

Laerskool Bosveld Primary se skuts het die afgelope naweek aan die jaarlikse Provinsiale kompetisie deelgeneem by Lephalale Primary.

 

Die skuts was slaggereed met pyl en boog en het hul beste gegee op die baan. Tristan Rautenbach wen 1ste plek onder junior seuns en verbeter die Limpopo rekord. Willie Boshoff wen 'n 3de plek onder junior seuns.

 

Ilis-Mari Venter wen die 1ste plek onder junior dogters en verbeter die Limpopo rekord. Sy is ook die algehele wenner van die dag uit al die junior en senior spanne met `n puntetelling van 291 uit 300.

 

Welgedaan Bossie Boogskiet!

Bobaas boogskuts

Marno Pepler

 

Archery

Laerskool Bosveld Primary se boogskiet-span het weereens skoonskip gemaak onder hul opponente te Hoërskool Ellisras, op 13 Mei 2017.

 

Ilis-Mari Venter was oudergewoonte die voorbok en het met die junior-meisies titel weggestap. Tristan Rautenbach, die Bosveld se opkomende Robin Hood het ook sy merk gemaak en weggestap met die junior-seuns se goue medalje.

 

Laerskool Bosveld Primary het hul dankbaarheid te kenne gemaak vir die goeie aanbieding van die kompetisie deur Hoërskool Ellisras.

Bossie-boogskuts se kokers kook!

Marno Pepler

 

Archery

Op Saterdag, 6 Mei 2017 het Laerskool Bosveld Primary `n Skaaploop boogskiet-kompetisie aangebied. Daar was `n Koedoe en Rooibok as prys beskikbaar, biltong geskenkbewys en ook `n spa-behandeling. Die deelnemers kon pyle skiet en die persoon met die meeste punte in die eindrondte het gewen. Koedoe drol-spoeg is aangepak deur `n paar brawe manne en kinders. Die Koedoe drol-spoeg is gewen deur Derrick en Bart Grove.

Die Bossies het gewys waartoe hul in staat is op hul tuis grond en het die opponente laat bontstaan. Ilis-Mari Venter het skoonskip gemaak met haar nuwe persoonlike beste sowel as `n nuwe rekord vir Limpopo junior meisies.

Die wenner van die Skaaploop kompetisie is ook reeds bekend gemaak en Wayne Mundirwa was die gelukkige wenner van `n skaapkarkas. Die koedoe en rooibok is gewen deur Ilis-Mari Venter, die geskenkbewys van Connie’s plants is gewen deur Cobus Nelson.

Volgende jaar doen die skool dit nog beter!

Bossie boogskuts

Michelle Grobler

 

BoogskietBoogskiet
BoogskietBoogskiet

Die Boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 22 April 2017 deelgeneem te Waterberg Akademie in Vaalwater. Dit was ‘n suksesvolle dag vir die Bossies.

Die Bossies het ‘n algehele 3de plek bekom. Tristan Rautenbach het 3de geëindig in die “Rising Star” Goud Kategorie en Ilis-Mari Venter het ‘n 2de plek gekry in die “Rising Star” Rooi Kategorie.

Ilis-Mari Venter het ook ‘n 1ste plek behaal vir die Junior Meisies en Tristan Rautenbach het ook ‘n 1ste plek verkry vir Junior Seuns, Brandon Perrier verkry 2de plek vir Junior Seuns.

Tristan Rautenbach verkry ‘n globale 3de plek vir die kompetisie. Dit was ‘n uitmuntende geleentheid vir die boogskuts om hulle Bossie-staal te wys. Die volgende kompetisie is die 6de Mei 2017 by Laerskool Bosveld Primary.

Interskole Boogskiet

Annie Krugel

 

Boogskiet

Laerskool Bosveld Primary is verteenwoordig deur twee formidabele boogskuts te Rustenburg op 11 Maart 2017, wat hul goed van hulle taak gekwyt het by die Interskole byeenkoms. Tristan Rautenbach het sy bes probeer en Ilis-Mari Venter het `n tweede plek onder die junior dogters behaal. Haar totaal was 276.

Gauteng boogskiet kompetisie

 

Boogskiet

Ilis-Mari Venter van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek in Gauteng te Riebeeckstad skool deelgeneem aan `n boogskiet kompetisie. Sy het weereens as wenner van die junior dogters uitgetree. Jy is voorwaar `n Bossie om op trots te wees!

Boogskiet groei

Meraai Grové

 

Boogskiet

Op die foto is Casandra Gameiro wat aan haar eerste kompetisie deelgeneem het.

LDie boogskiet by Laerskool Bosveld Primary groei elke jaar van krag tot krag en 2017 is geen uitsondering nie.

 

Die Bossies het Saterdag, 11 Februarie 2017, aan die eerste Interskole kompetisie vir die jaar deelgeneem by Hoërskool Ellisras.

 

Soos gewoonlik het die Bossie leerders hulle staal gewys en `n derde plek losgeslaan uit die vyf skole wat deelgeneem, het Ilis-Mari Venter is aangewys as die beste junior dogter van die dag. Tristan Rautenbach is aangewys as die beste junior seun van die dag.

 

Hou so aan Bossies, julle maak ons trots.

Bossie skuts gaan Nasionals toe

Michelle Grobler
ArcheryArchery
ArcheryArchery

Laerskool Bosveld Primary se 14 boogskuts het Vrydag die 14de Oktober 2016 en Saterdag die 15de Oktober 2016 aan die Nasionals kompitisie by die Equi-dome in Johannesburg deelgeneem teen verskeie spanne van Gauteng, Noord-Wes, Wes- Kaap, Mpumalanga, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal.

 

Die boogskuts wat deelgeneem het was JP van der Westhuizen, Elné Terblanche, Ilis- Mari Venter, Kabelo Ntwampe, Yoosuf Rossier, Kiara Verwey, Lynnette Sakala, Derik van Niekerk, Tsakane Nkuna, Mischka Witbooi, Eduan Engelbrecht, Waldo Maritz, Tristan Rautenbach en Willie Boshoff. Dit was ‘n baie suksesvolle naweek met baie opwinding. Die boogskuts het dit baie geniet en dit was vir hulle ‘n groot ondervinding. Hule het baie geleer en goed presteer. Hulle kan trots wees op hulle self. Wel gedaan Bossies. Ons is baie trots op julle.

Bossie Boogskiet

Michelle Grobler
ArcheryArchery
ArcheryArchery

Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag, 17 September aan ‘n boogskiet kompetisie in Vaalwater deelgeneem teen Waterberg Academy, Hoërskool Ellisras en ‘n paar boogskuts vanaf Koster.

 

Tristan Rautenbach het ‘n tweede plek behaal in Junior seuns en Waldo Maritz ‘n derde plek behaal. Lynette Sakala het ‘n tweede plek in Junior meisies behaal. Laerskool Bosveld Primary het tydens die kompetisie ‘n algehele derde plek behaal uit vier spanne wat deelgeneem het. Ons volgende kompetisie is Nasionaal en dit word in Gauteng aangebied. Die Bossie-skuts gaan teen die spanne van Gauteng, Noord-Wes, Vrystaat, Kaap en Mpumalanga te staan kom. Baie sterkte aan die dapper skuts – die skool hou duim vas vir goeie resultate.

Provinsiale Boogskiet saam die Bossies

M Pepler
Boogskiet

Laerskool Bosveld Primary was bevoorreg om op 3 September, Limpopo se provinsiale boogskietkompetisie aan te bied. Die eerste plek is beklee deur Waterburg Academy se hoërskoolspan terwyl tweede en derde plek onderskeidelik deur Hoërskool Ellisras en Laerskool Bosveld Primary ingeneem is. Die gewone ster-skuts het oudergewoonte die voortou geneem.

 

Tristan Rautenbach het die goue medalje oor sy kop getrek vir die Junior seuns en so ook Ilis-Mari Venter vir die Junior dogters. Lephalale Primary, Lephalale se opkomende boogskuts, het ook die aangeleentheid bygewoon en met entoesiasme deelgeneem.

Boogskiet Bossies kraai koning

Marno Pepler
Boogskiet

Die Bossies boer al lank op die boogskiet bane en op Saterdag, 13 Augustus het Bosveld hulself weereens gevestig as bobaas skuts.

 

Die kompetisie het plaasgevind te Waterberg Academy, Vaalwater. `n Aantal van vier spanne het deelgeneem. Dit is: Laerskool Bosveld Primary, Waterberg Academy se laerskool en hoërskool spanne sowel as Hoërskool Ellisras. Al die spanne het meegeding ten spyte van ouderdomsverskille.

 

Die ouderdomsverskil het egter nie die Bossies ontmoedig nie. Hul het op `n algehele 2de plek hulself neergepen vir die boeke. Onder die ster Bossies was Ilis-Mari Venter wat almal getroef het en die algehele eerste prys saam huis toe gevat het.

Boogskiet

Meraai Grové
Boogskiet

 

Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek deelgeneem aan die boogskiet kompetisie by Hoërskool Ellisras. Die Bossies het hulle goed van hulle taak gekwyt. Mischka Witbooi, Yoosuf Rossier, Eduan Engelbrecht, Lynette Sakala en Ilis-mari Venter behaal as span `n 3de plek.

 

Yoosuf behaal `n 1ste plek en Eduan Engelbrecht `n 2de plek onder die kategorie Junior Seuns.

 

Ilis-mari venter behaal `n 1ste plek en Mischka Witbooi `n 2de plek onder die kategorie Junior Dogters.

 

Baie geluk Bossie-skuts die skool is trots op julle!

Skaaploop by Laerskool Bosveld Primary aangebied

Marno Pepler
Boogskiet

 

Op Saterdag, 7 Mei 2016, was die terrein van Laerskool Bosveld Primary oudergewoonte bedrywig. Die jaarlikse skaaploop, wat ten bate van die boogskiet op `n jaarlikse basis aangebied word, was `n groot sukses.

 

Behalwe vir die skaaploop was daar ook geleentheid vir toeskouers om 3D boogskiet en bokdrol-spoeg op die proef te stel.

 

In terme van die boogskiet kompetisie het Laerskool Bosveld Primary ‘n algehele derde plek behaal. Laerskool Bosveld Primary se formidabele skut, Ilis-Mari Venter, het ‘n algehele individuele 3de plek behaal asook die 1ste plek onder die junior dames.

 

Lynette Sakala het uitmuntend gevaar en het ‘n derde plek onder die junior dames behaal. Laerskool Bosveld Primary word bedank vir die suksesvolle aanbieding van dié dag.

Boogskuts behaal sukses!

Meraai Grové
BoogskietBoogskiet

 

Baie geluk aan die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary wat die afgelope naweek deelgeneem het aan die boogskiet byeenkoms te Waterberg Academy en medaljes verower het.

`n Algehele eerste plek is behaal deur Ilis-Mari Venter – voorwaar iets om oor te spog! Die volgende boogskuts het die volgende prestasies behaal:
Brandon Perrier – derde plek – junior seuns,
Nikhita Ehlers – derde plek – junior dogters.

Hierdie boogskuts werk baie hard tydens oefensessies en daarom het hulle sukses behaal – wel gedaan Bossies!

Boogskiet

Meraai Grové
Boogskiet

 

Baie geluk aan die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary wat medaljes gewen het. Die boogskuts het te Lephalale Primary deelgeneem op Saterdag, 15 Maart. Die kompetisie was straf, maar die Bossies het hulle knap van hulle taak gekwyt. Wel gedaan boogskuts Laerskool Bosveld Primary is trots op julle prestasies.

Boogskuts mik hoog

Marno Pepler
Boogskiet

 

Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het met ʼn hernude huppel in hulle stap, op 20 Februarie 2016, met Waterberg Akademie kragte gemeet.

 

Vaalwater se son het op die deelnemers neergebak, maar dit het nie die Bossies van stryk gebring nie! `n Derde plek is deur die Bossies ingepalm. Hierdie skool moet fyn dopgehou word, want die Bossie boogskuts is reg vir boogskiet-aksie!

Bossies mik vir sukses

L. du Plessis
Boogskiet

 

Die afgelope naweek, op Saterdag, 24 September, het die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary vir oulaas die hitte en son trotseer by die laaste kompetisie van die jaar.
Die snare is by Hoërskool Ellisras gespan, en daar is gekorrel saam met Laerskool Vaalwater, Waterberg Academy en Hoërskool Ellisras. Boogskiet is ‘n sport wat goeie dissipline en hoë konsentrasie vereis, en die Bossies het teiken voor oë gehou en baie goed presteer. So word die pylkokers gebêre na ‘n suksesvolle en bedrywige boogskietseisoen.
Die volgende Bossies het die gegewe plekke behaal in die junior kategorie vir seuns en dogters:
Ilis-Mari Venter – eerste plek.
Bianca Bierman en Tsaki Nkuna – tweede plek.
Mischka Witbooi en M J Langeveld – derde plek.

Boogskuts blink uit!

D Odendaal
Boogskiet

 

Op Vrydag, 16 Oktober het die Bossie-boogskuts van Laerskool Bosveld Primary die lang pad na Parys aangepak vir die NASP Nasionale Kampioenskappe wat op Saterdag, 17 Oktober by die Afridome plaasgevind het.

Daar was 636 entoesiastiese skuts, 47 teikens en skole regoor Suid-Afrika het aan die kompetisie deelgeneem. Die Bossies het glad nie teruggestaan nie en Ilis-Mari Venter het `n algehele tweede plek vir Graad 5 meisies behaal. Die boogskuts het baie hard gewerk deur die jaar en die afrigters is baie trots op elkeen wat deelgeneem het.

Boogskiet

D Odendaal
Boogskiet

 

Saterdag, 12 September het Laerskool Bosveld Primary se boogskuts aan `n kompetisie in Pretoria deelgeneem waar hulle op 2D en 3D eland-, sebra-, rooibok-, vlakvark-, bosvark-, beer- en hiënateikens geskiet het.


Lynetta Sakala het `n tweede plek vir junior en senior meisies verower. Die A-span het `n eerste plek vir juniorspanne losgeskiet en die skool het ook as wenners vir juniorskole uitgetree. Dit is lekker om `n Bossie boogskutter te wees!

Laerskool Bosveld Primary se boogskietspan woeker met hulle talent

D Odendaal
Boogskiet

 

Saterdag, 15 Augustus, het Laerskool Bosveld Primary se boogskietspan aan ‘n NASP Inteskole Kompetisie by Lephalale Primary deelgeneem. Die son was warm en die wind onplesierig, maar die skuts het seker gemaak dat niks in hul pad staan nie en hul het weereens sukses behaal.


Tydens die kompetisie is daar ook besluit dat Laerskool Bosveld Primary die NASP Provinsiale Kampioenskappe in 2016 sal aanbied. Ons sien uit daarna en voel bevoorreg om hierdie geleentheid te kan aanbied. Persevera!


Ilis-Marie Venter (links) en Dillen Buys (middel) het ‘n algehele eerste plek vir junior meisies en -seuns behaal, terwyl Derik van Niekerk(regs) ‘n derde plek vir junior seuns losgeskiet het.

Bossies presteer puik!

D Odendaal
Boogskiet

 

Laerskool Bosveld Primary se boogskietspan het hul langnaweek opgeoffer om Saterdag, 8 Augustus aan die NASP Limpopo Provinsiale Kompetisie, wat by Waterberg Academy in Vaalwater gehou is, te gaan deelneem. Dit was ‘n suksesvolle dag en die span het as oorwinnaars oor die juniorspanne uitgetree. Ilis-Mari Venter, ‘n Graad 4 leerder van Laerskool Bosveld Primary, het ‘n tweede plek vir junior meisies behaal. Dit is ‘n puik prestasie aangesien die kompetisie sterk was met skole van Gauteng en Noordwes wat ook deelgeneem het. Baie geluk Bossie-boogskuts! Ons is trots op julle!

Boogskiet boksport

Danele Odendaal
Boogskiet

 

Op Saterdag, 6 Junie het Laerskool Bosveld Primary se boogskietspan gesorg vir ‘n dag vol pret! Die skool het hul jaarlikse “skaaploop” en NASP Interskole Kompetisie gehad. Daar was groot pryse te wen soos ‘n skaapkarkas, twee rooibokjagte, een vlakvarkjag, boogskietpyle en kontantpryse. Dit was weereens ‘n suksesvolle fondsinsamelingsprojek en die skool wil elke borg, ouer en onderwyser bedank wat bygedra het om van dié prettige dag ‘n sukses te kon maak.

Interskole-kompetisie by Waterberg Academy

D Odendaal
Boogskiet

 

22 van Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag, 9 Mei aan 'n Interskole-kompetisie by Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem. Die boogskuts het weereens puik prestasies behaal. Lynette Sakala het 'n tweede plek vir junior meisies, Dillen Buys 'n tweede plek en James Roodt 'n derde plek vir junior seuns verower. Die skool het ook 'n algehele derde plek behaal. Baie geluk Bossies!

Provinsiale-boogskietkampioenskappe

D Odendaal
Boogskiet

 

Saterdag 11 April het 4 Bossies aan die Provinsiale-boogskietkampioenskappe in Magaliesburg deelgeneem. Die Limpopo-span waarvan Lynette Sakala en Martin La Grange deel is, het n derde plek verower, net kort agter Gauteng se hakke. Die ontwikkelingspan waarvan Yoosuf Rossier en Tsaki Nkuna deel is, het n eerste plek verower.

Bossie-boogskiet nuus

D Odendaal
Boogskiet

 

Laerskool Bosveld Primary se 25 toegewyde boogskutters het Saterdag aan die eerste NASP-interskole kompetisie by Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem. Dit was ‘n lang, maar baie suksesvolle dag aangesien een van die Bossie boogskutters, Lynette Sakala ’n derde plek, en die A-span ‘n algehele tweede plek in die kompetisie behaal het. Twee van ons onderwysers en een ouer het ook die Basic Archery Instructor kursus voltooi terwyl nog ‘n ouer die Basic Archery Instructor Trainer kursus voltooi het. Baie geluk Bossie-boogskutters, onderwysers en ouers! Julle maak ons baie trots!

 

Bossies skop die boogskietseisoen goed af.

D Odendaal
BoogskietBoogskiet
Boogskiet

Saterdag, 7 Februarie het 12 van Laerskool Bosveld Primary se boogskutters aan ‘n NASP 3D kompetisie by Magnum Archery in Pretoria, deelgeneem. Die Bossies het vir niks teruggestaan nie en het dié kompetisie ook baie geniet aangesien hulle op 2D- sowel as 3D-teikens geskiet het.. Baie geluk Bossies!

 

NASP interskole boogskiet aangebied by Laerskool Bosveld Primary

D Odendaal
interskole

Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 9 Augustus geskiedenis gemaak deur die heel eerste NASP Interskole Kompetisie wat in Lephalale gehou is, aan te bied. Vier skole naamlik Laerskool Bosveld Primary, Lephalale Primary, Waterberg Academy en Bergsig het aan dié kompetisie deelgeneem. Die dag was ‘n groot sukses en die Bossies het weereens puik presteer. In die afdeling vir junior dogters het Lynette Sakala ‘n eerste, en Kiara Verwey ‘n derde plek behaal. In die afdeling vir junior seuns het FA Kemp ‘n tweede, en Steven Verwey ‘n derde plek behaal. Laerskool Bosveld Primary se boogskietorganiseerder wil vir elke onderwyser, ouer en leerder bedank vir hul harde werk asook vir elke borg om van dié dag’n sukses te kon maak.

 

Bossie-Boogskuts in die kol

Mercia Joubert
boogskuts

Die boogskietspan van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 24 Mei tydens die NASP (National Archery in the Schools Programme) kompetisie te Krugersdorp weereens gewys dat hulle `n gedugte span is waarmee rekening gehou moet word. Alhoewel die sportsoort nog in sy babaskoene by Laerskool Bosveld Primary staan, het 16 leerders die afgelope naweek diep spore by die Rhino Lion Park getrap en die 2D- en 3D-kompetisie gewen.

 

Tydens die 2D-kompetisie skiet FA Kemp 263 en Diehann Pretorius en Levi Pienaar 244 uit `n total van 300 en verower daarmee die eerste drie plekke in die seuns juniorafdeling. FA Kemp behaal ook `n algehele derde plek tussen die junior en seniors. Die dogters het nie `n tree teruggestaan nie en Lynette Sakala en Chloë Sunjich behaal onderskeidelik `n eerste en derde plek in die dogters juniorafdeling.

 

Die hoogtepunt van die dag was toe Levi Pienaar, Diehann Pretorius, Lynette Sakala, Safdar Williams en FA Kemp as `n span die 3D ‘bulls eye’ kompetisie verower het – almal boogskuts van formaat!

 

2014 NASP All Star Africa Championship

D Odendaal
NASP

Vier leerders van Laerskool Bosveld Primary is gekies vir die 2014 National Archery in the Schools Program se Suid-Afrikaanse ontwikkelingspan. Die leerders is Levi Pienaar, Lynette Sakala, Safdar Williams en Nkazi Nkosi. Hierdie leerders gaan die naweek van 10 en 11 Oktober 2014 aan die 2014 NASP All Star Africa Championship by Shikwaru Lodge in Limpopo deelneem. Dit sal ook die eerste All Star Africa Championship wees wat in Suid-Afrika gehou word. Lande wat aktief deelneem aan NASP is Amerika, Kanada, Australiё, New-Zeeland, Suid-Afrika, Namibiё, Zimbabwe, Botswana, Mongoliё en Engeland. Ons vertrou dat dié leerders ons provinsie se naam hoog sal hou by hierdie geleentheid.

 

Limpopo Boogskiet maak geskiedenis

D Odendaal
Boogskiet

Die NASP Limpopo- en ontwikkelingspan het Saterdag die 12de April geskiedenis gemaak deur aan die heel eerste NASP- interprovinsiale kampioenskappe te Rustenburg deel te neem. Die Limpopospan, wat uit 16 skuts bestaan, is saamgestel uit leerders van Laerskool Bosveld Primary en Waterberg Academy, terwyl die 16 skuts van die ontwikkelingspan saamgestel is uit leerders van Lephalale Primary en Laerskool Bosveld Primary. Uit die 5 provinsies wat aan die kampioenskappe deelgeneem het, het Limpopo ‘n algehele 3de plek behaal. Dit is merkwaardig aangesien dié sport eers vanaf die begin van 2014 in Lephalale aangebied word. Die afrigters bedank elke leerder vir sy/haar harde werk en toewyding. Ons is trots op julle!