Like us on Facebook Email UsCall us on: 014 763 2860
Logo

Atletiek / Athletics

Bossie-atletiek spog met spoedvrate!

Duné Gouws

 

Op 8 Februarie 2019 het Laerskool Bosveld Primary die voorreg gehad om die jaarlikse area-byeenkoms aan te bied te Mogol-sportgronde! Die dag het soveel sukses vir dié Bossie-span opgelewer met 18 goue, 32 silwer en 17 brons-medaljes verower.

Die distrik-byeenkoms vind Vrydag, 15 Februarie plaas te Laerskool Krugerpark. Die Bossie-ondersteuners en atlete kan nie wag om te sien wie in die Provinsiale-span opgeneem gaan word nie.

Kring-atletiekbyeenkoms te L/S Ellisras

Dune Gouws

 

Die Bossies spog vanjaar met nie minder nie as 60 atlete wat deurdring na die Area-atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 8 Februarie te Mogol plaasvind. Op Vrydag, 1 Februarie het Laerskool Bosveld Primary 9 goue, 12 silwer en 5 brons medaljes verower. Die Bossies is baie trots op die atlete wat so mooi presteer! Julle word beslis dopgehou!

Provinsiale Atletiekbyeenkoms - Bossies atlete doen goed

Erika Swanepoel

 

Op Saterdag, 3 Maart 2018 neem 6 van Laerskool Bosveld Primary se atlete deel aan die Limpopo Atletiekbyeenkoms.

Zoey Elenis behaal n derde plek in die HS vir DO/11 met n hoogte van 1,40m. Sy word as deel van die Limpopo-span opgeneem. Ons is baie trots op Zoey met hierdie puik toekenning.

Albert van Ronge behaal n 4de plek in die SW S O/12. Die res van die atlete doen ook goed. Baie geluk aan die atlete wat deelgeneem het, julle is Bossies wat kan!

Bossie atletiek kook

Erika Swanepoel

 

Die Bossie Atletiekspan het op Vrydag, 9 Februarie aan die Area atletiekbyeenkoms te Laerskool Ellisras deelgeneem. Die atlete het almal puik prestasies gelewer.

Daar was 18 1ste plekke, 17 2de plekke en 22 3de plekke verower.

Daar dring 28 Bossie-atlete deur na die Streek byeenkoms te Laerskool Warmbad op die 16ste Februarie. Sterkte aan al die atlete, ons is trots op julle!

Vriendskaplike byeenkoms reuse sukses.

Michelle de Nysschen

 

Laerskool Bosveld Primary het op Dinsdag, 30 Januarie 2018 `n vriendskaplike atletiekbyeenkoms te Mogol Klub aangebied waar daar teen Laerskool Ellisras, Unitas en Thabazimbi deelgeneem is.

Die byeenkoms het groot opspraak verwek en goeie sportmangees was aan die orde van die dag. Die atlete het hul bes gedoen en elke oomblik geniet. Baie dankie aan almal wat betrokke was en gehelp het om van die atletiekseisoen ‘n sukses te maak.

Bossie atlete laat wiel!

Michelle de Nysschen

 

Laerskool Bosveld Primary het op Vrydag, 26 Januarie 2018, die Kring atletiekbyeenkoms te Mogol Klub aangebied. Verskeie skole van die Ellisras-kring het deelgeneem aan die opwindende dag

 

Die Bossies het nie lyf weggesteek nie en spog met 63 atlete wat deur is na die volgende ronde. Baie dankie aan al ons ondersteuners en sterkte aan elke Bossie, ons is trots op julle!

Bossie Atlete blink uit

Erika Swanepoel

 

Atletiek

Agt van Laerskool Bosveld Primary se atlete het aan die Limpopo Atletiekbyeenkoms deelgeneem op 11 Maart 2017. Die Bossie atlete het hulle goed van hulle taak gekwyt en die volgende atlete het deurgedring na die SA’s:

 

Charlize du Plessis wen die 200m hekkies – dogters o/13 .

Tebogo M’Khomazi kom tweede in die 200m hekkies – seuns 0/13.

Wikus van Schalkwyk kom tweede in die hoogspring – seuns 0/10.

 

Hierdie drie atlete kwalifiseer ook om aan die SA’s deel te neem wat in Potchefstroom plaasvind op 25 Maart 2017. Baie sterkte, die skool is trots op julle!

Spogbyeenkoms by `n Spogskool

Mercia Joubert

 

SportbyeenkomsSportbyeenkoms

Vir Laerskool Bosveld Primary was dit Saterdag, 4 Maart 2017 `n eer en `n voorreg om as gasheer- skool vir 11 skole tydens streek 1 se Rugby- en Netbaldag op te tree. Nie net is die hoofde, afrigters en beamptes op glansryke wyse ontvang nie, maar die besoekende skole was dit eens dat die skool se terrein `n lushof is, met uitmuntende fasiliteite.

 

Laerskool Bosveld Primary se sportspanne het ook uitstekende welslae behaal. Die rugbyspanne het 6 van hulle 7 wedstryde gewen en die netbal behaal 17 oorwinnings uit 26 wedstryde en speel in twee wedstryde gelykop.

 

Om so `n skitterende dag aan te bied sal egter onmoontlik wees sonder die oop hand van die borge, u reuse aandeel en positiewe gesindheid word opreg waardeer – kinders kan net floreer in sport, as daar positiewe ondersteuning van ouers, afrigters en die gemeenskap is. Die skool bedank elkeen wat hard gewerk het om `n sukses te maak van die heuglike dag.

Bossies presteer by Streek Atletiekbyeenkoms

Erika Swanepoel

 

Atletiek

Laerskool Bosveld Primary se Atletiekspan neem Vrydag, 3 Februarie 2017 deel aan die Streek Atletiekbyeenkoms deel te Ellisras Laerskool.

 

Die Bossies behaal agt eerste plekke, agt tweede plekke en vier derde plekke. Nege atlete kwalifiseer om aan die Limpopo Atletiek Kampioenskappe op 10 Maart 2017 te Polokwane, deel te neem. Die skool se ster is Tebogo M’khomazi, wat as atleet van die dag aangewys is.

 

Baie geluk aan die atlete en sterkte met die voorbereiding vir die byeenkoms. Laerskool Bosveld Primary is baie trots op al die atlete wat deelgeneem het.

Bossie atletiek

Charlie Brandt

 

Atletiek

Vrydag, 3 Maart 2017 was `n heerlike dag vir die jaarlikse Area Atletiekbyeenkoms te Mogolklub. Atlete van die Palala area het deelgeneem aan die byeenkoms.

 

Die Atletiekbyeenkoms is aangebied deur Laerskool Bosveld Primary en Juffrou Erika Swanpoel se bestuursvernuf het weereens gesorg vir `n uitstekende byeenkoms. Laerskool Bosveld Primary se atlete het 19 eerste plekke, 13 tweede plekke en 15 derde plekke behaal. Daar het 25 atlete deurgedring na die Streeksbyeenkoms wat op Vrydag, 10 Maart by Ellisras Laerskool gaan plaasvind.

 

Baie sterkte aan die Bossies – die skool is trots op julle!

Bossie atletiek kook

Erika Swanepoel
Boogskiet

 

Drie van Laerskool Bosveld Primary se atlete is ingesluit in die Limpopo Atletiekspan. Die atlete gaan aan die SA Atletiekkampioenskappe deelneem. Dit vind plaas op 10-11 Maart in Port Elizabeth. Baie geluk aan die volgende atlete: Anemicke Pretorius, Tebogo ‘Mkomazi en Magan Nkwanyana, die skool is trots op julle - baie sterkte. Dis `n fees om `n Bossie te wees!

Bossie atletiek gaan groot

Erika Swanepoel
atletiek

 

Laerskool Bosveld Primary se atlete het aan die Streek Atletiekbyeenkoms deelgeneem op Vrydag, 12 Februarie 2016.

 

Dertien atlete kwalifiseer om aan die Limpopo Atletiek Kampioenskappe op 4 Maart 2016 te Polokwane deel te neem. Baie sterkte aan die atlete – Laerskool Bosveld Primary hou styf duim vas vir puik prestasies.

 

Die volgende plekke is tydens die byeenkoms behaal.

1ste plekke
Barnabas Nyamakupe S 0/8 80m
Patunia Makgae D 0/11 Hoogspring
Megan Nkwanyana D 0/12 Verspring
Lerato Maheso D 0/12 100m
Tebogo M'khomazi S 0/12 150m H
Tebogo M'khomazi S 0/12 100m en 200m
Daney Potgieter D 0/13 Gewigstoot
Johan Kleinhans S 0/13 Gewigstoot en Spiesgooi
Links Mashabela S 0/13 80m H
2de plekke
Refilwe Moatshe D 0/9 60m
Charlize du Plessis D 0/12 150m
Roelf Uijs S 0/12 Spiesgooi
Tebogo M'khomazi S 0/12 Verspring
Reinette Alberts D 0/13 Hoogspring
Tebogo M'khomazi S 0/12 Verspring
3de plekke
Barnabas Nyamakupe S 0/8 60m
Abie Moya S 0/11 Verspring
Ruan Mosterd S 0/11 Gewigstoot
Roelf Uijs S 0/12 Gewigstoot

Bosveld Atletiek gaan van krag tot krag

Erika Swanepoel
atletiek

 

Die atletiekspan van Laerskool Bosveld Primary het aan die goed georganiseerde Area Atletiekbyeenkms te Laerskool Ellisras deelgeneem op Vrydag, 5 Februarie 2016.

 

Die atlete het puik presteer. Die Bossies verower 30 1ste plekke, 22 2de plekke en 22 3de plekke.

 

Nege-en-dertig atlete is gekies uit 65 items, om opgeneem te word in die Palala Area Atletiekspan. Die Palalaspan gaan aan die Streek Atletiek- kampioenskappe te Laerskool Krugerpark in Mokopane deelneem op Vrydag, 12 Februarie 2016.

 

Laerskool Bosveld Primary is baie trots op die atlete wat gekies is. Baie sterkte aan almal. Dis `n fees om `n Bossie te wees!

Ellisras Kring Atletiek byeenkoms

atletiekatletiek
atletiek

 

Op Vrydag, 29 Januarie 2016 het die jaarlikse Kring Atletiekbyeenkoms plaasgevind te Mogolklub. 'n Uiters geslaagde byeenkoms is deur Laerskool Bosveld Primary aangebied. Puik prestasies is deur die atlete van die verskillende skole gelewer.


Die skole het soos volg gepresteer.

 

Skool 1ste plekke 2de plekke 3de plekke
Bosveld 34 31 36
Ellisras 28 26 22
Nelsonskop 9 9 9
Diteku 4 6 6
Lepalale Primary 2 6 6
Skuinskloof 2 4 36
Lerekhureng 3 2 2

 

'n Verteenwoordigende Ellisras span is gekies om Vrydag, 5 Februarie 2016 aan die Area Atletiek byeenkoms te Laerskool Ellisras deel te neem. Baie sterkte aan al die atlete. Hou Ellisras se naam hoog.

Bosveld atletiek kook

Erika Swanepoel
hoogspringshot put
Barnabas-NyamakhupeRefilwe-Mogoashe
Renette Tebogo-M'khomazi
hekkies

 

Laerskool Bosveld Primary se Interhuis atletiekbyeenkoms het plaasgevind op Vrydag, 22 Januarie 2016 by Mogolklub. In uiters warm weer het die atlete gewys waar hulle staal lê. Puik prestasies is gelewer en hul sien uit na die seisoen wat voorlê. Die volgende atlete is gekroon as die top atlete van die dag:


1. Kampioen van Kampioene – dogter : Refilwe Moatshe
2. Kampioen van Kampioene – seun : Joshua Young
3. Junior atleet van die dag – dogter : Refilwe Moatshe
4. Junior atleet van die dag – seun : Barnabas Nyamakhupe
5. Senior baan atleet van die dag –dogter : Tamia Oakes
6. Senior baan atleet van die dag – seun : Tebogo M’khomazi
7. Senior veld atleet van die dag – dogter : Reinette Alberts
8. Senior veld atleet van die dag –seun : Kaiwa Monyeki
9. Junior dogter Victrix Ludorum : Refilwe Moatshe
10. Junior seun Victor Ludorum : Barnabas Nyamakhupe
11. Senior dogter Victrix Ludorum : Reinette Alberts
12. Senior seun Victor Ludorum : Tebogo M’khomazi

Die dag is afgesluit op `n hoë noot met die Valke wat nie net die sangbeker wen nie, maar ook aangewys is as die beste span. Baie geluk aan elke Bossie wat net sy bes gedoen het. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Laerskool Bosveld Primary leerlingraad-kamp te Sebe Sebe Lodge

Henry Smith
Gholf

 

Die leiers van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek `n leierontwikkelingskamp bygewoon. Die kamp was by Sebe Sebe Lodge - diep in die bos op die Botswana grens, langs ‘n droë Limpopo rivier, maar die leerders se gesprekke en energie was alles behalwe droog! Daar is belangrike besprekingspunte in oënskou geneem, nl. hoe om te kommunikeer, ‘n voorbeeld vir ander leerders te wees en om altyd die regte ding te doen.


Laerskool Bosveld Primary is baie trots op ons leiers, wat na ‘n lang dag op die atletiekbaan, nog op ‘n bus geklim het om die kamp by te woon.


Daar was gelag en geswem en ‘n hofsaak is gehou. ‘n Goue toutjie is gespan tussen die leerders met een van die kommunikasie praatjies om `n konneksie te illustreer. As een leier nie sy werk doen nie, dan kan die hele groep daaronder lei, daarom is spanwerk so belangrik en hulle doelwit vir 2016 goeie kommunikasie.


Leerders het Vrydag-aand self gebraai en om daai vleisie net reg te braai volgens smaak, was ‘n ander storie!


Die Bossies bedank Dominee Bernard van die Hervormde gemeente van Onverwacht vir sy konstruktiewe werksessies met die leiers. Groot dank aan Sebe Sebe Lodge vir hulle gasvryheid en vriendelike diens. Dit is `n fees om `n Bossie te wees!

Bossie-atlete skitter by Limpopo Kampioenskappe

Mnr. Jimmy du Plessis
Atlete

 

Bossie-atlete skitter by Limpopo Kampioenskappe Laerskool Bosveld Primary se 16 atlete het op Vrydag, 6 Maart met hoë verwagtinge by Peter Mokaba Stadion in Polokwane aangekom. Hulle het beslis nie teleurgestel nie en elke atleet wat deelgeneem het, het sy of haar deel bygedra om Bosveld trots te maak. Met drie 1 ste plekke, 3 tweede plekke en 2 derde plekke kan hulle vandag breëbors rondloop as gevolg van hierdie uitsonderlike prestasies.


Links Mashabela (75 m Hekkies vir Seuns O/12) en Amogelang Kennedy (75 m Hekkies vir Dogters O/13) het gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe met goeie tye toe hulle eerste oor die wenstreep gehardloop het. Amogelang het ook die provinsiale rekord gebreek. Dit sal vandeesweek bevestig word of Links en Amogelang albei in die Limpopo-span opgeneem is wat op 21-22 Maart in Gauteng aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem. Megan Nkwanyana het eerste gekom in die verspring vir Dogters O/11, maar het ongelukkig nie gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe nie. Megan kan egter nogtans daarmee spog dat sy die O/11 verspringkampioen van Limpopo is. Verskeie ander atlete het hul persoonlike beste prestasie in hul items behaal.


Me. Erika Swanepoel, Laerskool Bosveld Primary se atletiekorganiseerder, is baie in haar skik met die bogenoemde prestasies. Sy bedank alle afrigters, ouers, borge en ondersteuners wat ‘n bydrae gelewer het om Atletiek by Bosveld so ‘n groot sukses te maak.

 

Bossies lewer puik prestasies op die atletiekbaan

Mnr. J. du Plessis
Atletiek

Laerskool Bosveld Primary se atlete het baie verbeter op hul prestasies van verlede jaar tydens die Streeksbyeenkoms wat op Vrydag, 13 Februarie by Lord Milner Primary op Settlers aangebied is. Die Bossies het 16 atlete opgelewer wat vir die Limpopo Kampioenskappe gekwalifiseer het. Bosveld het 15 eerste plekke, 7 tweede plekke en 7 derde plekke behaal. Dit is aansienlik beter as in 2014, en Me. Erika Swanepoel, die Atletiekorganiseerder, is baie in haar noppies met hierdie puik prestasie.

 

Bossies lewer puik prestasies op die atletiekbaan

Mnr. J. du Plessis
Atletiek
Renette Alberts wys haar slag in die hekkies vir dogters O/12.
Atletiek
Amogelang Kennedy en Bianca Nel het presteer vir die Bossies in die hekkies vir dogters O/13

 

Laerskool Bosveld Primary se atlete het weer baie goed presteer by die Areabyeenkoms wat plaasgevind het by Mogol se atletiekbaan op Vrydag, 6 Februarie. Die Bossies het 28 eerste plekke, 23 tweede plekke en 16 derde plekke behaal. Altesaam 36 atlete het hiermee deurgedring na die Streekskampioenskappe. Hierdie atlete neem eerskomende Vrydag deel aan die Streeksbyeenkoms by Lord Milner Primary op Settlers. Laerskool Bosveld Primary se personeel en afrigters wens al sy atlete sterkte toe en hoop dat hulle kan deurdring na die Provinsiale Kampioenskappe wat oor twee weke in Pietersburg plaasvind.

 

Area Athletics Meeting 6 February 2015

Download Program 27 January 2015

Bossies lewer puik prestasies op die atletiekbaan

Mnr. J. du Plessis
Atletiek
Atletiek

Laerskool Bosveld Primary se atlete het weer baie goed presteer by die Kringbyeenkoms. Dit het plaasgevind by Laerskool Ellisras op Vrydag, 30 Januarie. Bosveld het 36 eerste plekke, 27 tweede plekke en 35 derde plekke behaal. Hierdie atlete neem eerskomende Vrydag deel aan die Areabyeenkoms by Mogol. Laerskool Bosveld Primary wens al sy atlete sterkte toe en hoop dat meeste van hulle ook sal deurdring na die Streekkampioenskappe ‘n week later.

 

Bossies lewer puik prestasies op die atletiekbaan

Mnr. J. du Plessis
Atletiek
Atletiek

Laerskool Bosveld Primary se atlete het skitterend presteer in die vriendskaplike byeenkoms teen Thabazimbi, Ellisras en Unitas. Bosveld het 34 goue medaljes verower teenoor die 24 van Thabazimbi, 17 van Ellisras en 7 van Unitas. Ook wat silwer medaljes betref, was die Bossies losvoor met 34 silwer teenoor Ellisras se 22, Thabazimbi se 20 en Unitas se 6. Laerskool Bosveld Primary is baie trots op sy atlete wat met trots en deursettingsvermoë hul skool se leuse gestand doen: “Persevera”!

 

Daar word nou met afwagting uitgesien na die volgende byeenkomste:
Kringbyeenkoms op Vrydag, 30 Januarie te Ellisras.
Areabyeenkoms op Vrydag, 6 Februarie te Mogol.

Vriendskaplike Atletiekbyeenkoms 27 Januarie 2015

Download Program 27 January 2015

Bossies wys hul staal by Interhuisbyeenkoms - 23 Januarie 2015

 

Athletics
Athletics

Laerskool Bosveld Primary het op Vrydag, 23 Januarie hul jaarlikse Interhuis Atletiekbyeenkoms by Mogol aangebied. Dit was ‘n lang dag in die son, maar uiteindelik het die Valke eerste op die telbord geëindig, terwyl die Loeries met die sanbeker weggestap het

.
Die Individuele prestasie was as volg:


• Senior seun Victor Lodorum: Fanie Swanepoel
• Senior dogter Victrix Lodorum: Reinette Alberts
• Junior seun Victor Lodorum: Barnabas Nyamakupe
• Junior dogter Victrix Lodorum: Refilwe Moatshe
• Senior baan atleet van die dag – seun: Links Mashabela
• Senior baan atleet van die dag – dogter: Reinette Alberts
• Senior veld atleet van die dag – seun: Fanie Swanepoel
• Senior veld atleet van die dag – dogter:Reinette Alberts
• Kampioen van kampioene – seun: Barnabas Nyamakupe
• Kampioen van kampioene – dogter: Tia Oakes