Stemming/Polls
Hou u van ons Webtuiste?
 
Dates / Datums
Last month May 2012 Next month
M T W T F S S
week 18 1 2 3 4 5 6
week 19 7 8 9 10 11 12 13
week 20 14 15 16 17 18 19 20
week 21 21 22 23 24 25 26 27
week 22 28 29 30 31
Gebeure / Events
Ma Mei 21 @08:00 - 05:00PM
Chess practise / Skaak oefening
Ma Mei 21 @13:30 - 03:00PM
Ekstra leesklasse / Extra reading classes
Ma Mei 21 @14:30 - 03:30PM
Bossie Kidz
Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM
Netbal oefening
Di Mei 22 @13:30 - 05:00PM
Rugby oefening
Borge / Sponsors
  • Laerskool Bosveld Primary verwelkom al ons nuwe leerders!

    Laerskool Bosveld Primary welcomes all of our new learners!

  • Interlaer Gholfdag 2010 Mogol GholfKlub

    Skool

    Span

    Laerskool Bosveld

    Laerskool Thabazimbi

    (Wenners)

    Laerskool Julian Muller
    Laerskool Marble Hall
    Laerskool Platina
    Laerskool Ellisras
    Laerskool Eugene N Marais
    Laerskool Krugerpark
    Laerskool Nylstroom
  • Gr. R. leerders gee om



    Met groot opgewondenheid en bewapen met honed- en katkos besoek die leerders van Laerskool Bosveld Primary die D.B.V. Woensdag 18 Augustus. Die uitstappie is baie geniet en daar is baie geleer oor die versorging en omgee vir diere. Daarna is ook besoek afgelĂȘ by die perdekamp waar tannie Nicolette die leerders alles oor perde vertel het. Al die Gr. R leerders he took ‘n geleentheid gekry om die perde te voer. Uitgeput, maar tevrede is daar terug gekeer skool toe. Volgende jaar maak die Gr. R-Bossies weer so!
    Colette du Plessis

  • DEKADE VAN DIERETUINBESOEKE!

    Maandagoggend, 16 Augustus, was Laerskool Bosveld Primary se graad 1- en graad 2-klasse douvoordag al in rep en roer – dit is tyd vir die tradisionele besoek aan die dieretuin in Pretoria.
    209 leerders en 12 onderwysers het met vier busse om halfvyf die oggend na Pretoria vertrek. Dit was hierdie jaar die tiende jaar dat Laerskool Bosveld Primary se leerders die dieretuin besoek het. Die leerdertjies het hulle vergaap aan die olifante, ape en die seekoeie; ongelukkig wou die leeu nie vir die leerders brul nie.
    Daar is ook aan die honger magies van die leerders gedink en hulle het  om 12 uur `n heerlike ete by die dieretuin se restaurant ontvang. Op pad terug huis toe  het die busse by die Kolonnade gestop om by die KFC daar `n heerlike draairoomys en `n smullekker “Kiddies Meal” te geniet – ook vir  die tiende keer.
    `n Klomp moeë leerders en uitgeputte onderwysers het laataand tuisgekom, dankbaar dis vir hierdie jaar verby, maar 2011 maak ons weer so!

  • EMMERS VOL GELD BY BOSVELD!

    In baie huise van  die leerders van Laerskool Bosveld Primary is daar nie `n 5c of `n 10c te kry nie! Die skool het `n fondsinsameling geloods en die leerders het met entoesiasme die geld skool toe gebring – in plastieksakkies, botterbakkies en selfs roomysbakke!
    Me Ansie Booysen het die reuse taak gehad om die geld te sorteer en in emmers  te gooi.
    Nedbank het goedgunstelik ingewillig om die geld te  kom tel. Dinsdag. 3 Augustus, het twee dames van Nedbank, Soufie van Aarde en Jackie Prinsloo, al sewe uur die oggend by die skool aangemeld, gelukkig met hulle geldskaaltjie byderhand. In `n japtrap is die geld geweeg,  in sakkies toegebind en getel. Laerskool Bosveld Primary wil Nedbank dan ook bedank vir hulle positiewe gesindheid jeens ons skool.
    Die geld wat ingesamel is, gaan gebruik word om veral die sportgronde van die skool te verbeter.

  • Skaak

    Behalwe dat skaak goeie konsentrasie bevorder, is dit ook ‘n interessante tydverdryf saam met jou maats.
    Die Bossies lewer jaarliks briljante skaakspelers op wat beloon word by die Prestige Prysuitdeling!
    Hierdie sportsoort is nie seisoengebonde nie en word beoefen vanaf Februarie tot September.
    Daar is sowat 70 spelers wat deelneem en die Juniors word touwys gemaak deur Me. A Krugel en Ina Powell. Die Seniors word deur Mee. C du Plessis en W. van Greunen afgerig. Oom Ludi deel ook graag sy kennis met die spelers.
    In 2010 is daar reeds deelgeneem aan twee skaaktoernooie by Laerskool Koedoeskop en Laerskool Platina. Die Bossies beplan om in 2011 self ‘n toernooi aan te bied en verskeie skole uit te nooi!

  • Game
Set
Match

    Laerskool Bosveld Primary kan spog met die feit dat hul die enigste laerskool in Lephalale en omgewing is wat nog tennis as ‘n sportsoort aanbied!
    Aangesien die skool se bane verlede jaar opgeknap is, vind al die oefeninge en die interne kampioenskappe by die skool plaas.
    Onder die bekwame leiding van Mee. Arnelia Botha, Sarina de Meyer en Wannie viviers is daar sowat 50 spelers wat elke Dinsdag en Donderdag leer hoe om tennis te speel, asook om te oefen vir die kampioenskappe wat tydens die vierde kwartaal plaasvind. Wie weet
..miskien lewer die Bossies eendag ‘n Nadal of Federer op!

  •  

    LAERSKOOL BOSVELD PRIMARY VERWELKOM DIE NUWE HOOF AMPTELIK.
    Me Elsabe van der Merwe

    Since July 2009, after Mr Colin Campbell has left Laerskool Bosveld Primary, Mr Louwtjie Pretorius acted as principal of our ourstanding multi-cultural school. After the vacancy had occured the post was advertised and quite a number of candidates applied for this popular post. Interviews were held and the long wait started. At last the announcement was made: the person to fill the post from 1 March 2010 was Mr Louwtjie Pretorius.

    Soos dit goeie Bosies betaam, moes ons ons nuut aangestelde hoof laat welkom voel, al was hy al amper twee jaar ons Adjunkhoof. Fees moes daar gevier word! Om `n geskikte datum te kry, was nogal `n kuns – die skool het `n baie vol program.

    The function was held on the 7 May 2010 at Ashante. The hosts for the evening were Rev Erik Oosthuizen, chairperson of the SGB, and his wife Ansie.

    Die formaliteite is met `n kort program afgehandel. Ds Erik Oosthuizen het `n woord van welkom gespreek namens die ouers, Me Sonja van Deventer het namens die skool die Hoof verwelkom en mnr Louis Campbell namens die HoĂ«rskool en gemeenskap.  Met `n kort toesprakie het mnr Pretorius almal bedank en ook `n geskenk in ontvangs geneem en daarna is daar fees gevier soos net die Bossie-personeel kan!

    Wat `n aangename manier om ons hoof te verwelkom!  Mnr Pretorius, ons hoop en vertrou dat u nog baie lank die hoof hier by die Bossies sal wees en dat u en u gesin baie gelukkig sal wees by u spogskool.

  •  

    ONDERHOUD MET ME. OHNA STEELE

     

    Wanneer is Juffrou gebore?
    6 Mei

    Waar is Juffrou gebore?
    In Braamfontein in Johannesburg.

    Waar het Juffrou gematrikuleer?
    Ek was in Laerskool Willem Cruywagen en toe in Hoërskool Dinamika.

    Hoekom het Juffrou onderwys gekies?
    Onderwysers het baie vakansies!!

    Hoekom het u Ellisras toe gekom?
    My man is na Medupi verplaas.

    Wie is die belangrikste mense in u lewe?
    My huisgesin en my familie; en natuurlik bo alles my Hemelse Vader.

    Hoekom is Juffrou se familie so belangrik?
    Hulle  ondersteun my in alles wat ek doen en ek kan myself by hulle wees.

    Hoe lank is Juffrou getroud?
    Al 6 jaar.

    Wat is Juffrou se dogtertjie se naam?
    Jemma.

    Watter karaktertrekke pas volgens Juffrou by die perfekte man ?
    `n Sin vir humor. Dieselfde belangstellings as ek. Hy moet skottelgoed was! Mooi oë, sexy bo-arms en `n six pack!!

    Het Juffrou al so `n perfekte man ontmoet?
    Ja! My man!  Ons moet net `n bietjie werk aan die sixpack. . .

    Sal Juffrou u man vir iets anders verruil?
    Nee, wie gaan dan my skottelgoed was en vir my tee in die bed bring?

    Wat is Juffrou se gunsteling lekkerny?
    Donker sjokolade.

    Wie is Juffrou se beste vriendin?
    Marisca – ek het haar in Dubai ontmoet. En Lize – ons ken mekaar al van Graad 1 af!

    Wie is Juffrou se rolmodel?
    My ouers. Alles wat ek vandag is, is te danke aan hulle. Ek hoop om my kind op dieselfde manier groot te maak.

    Wat is die onnoselste ding wat Juffrou al ooit aangevang het?
    Ek het in Amerika au pair en toe in iemand se splinternuwe CLK vasgery met my ou Ford Taurus.

    Wat maak Juffrou kwaad?
    Mense wat jou vals beskuldig. `n Deurmekaar Tupperware kas. Ongeskikte mense – vriendelikheid kos niks!

    Wat sou Juffrou verander aan Juffrou se lewe?
    Niks. Ek is dankbaar en tevrede met die koers van my lewe.

  •  

    INTERVIEW WITH MS JENNIFER KEKANA.
    Nico J v Rensburg

    I visited Ms Kekana at her home on Friday, 26 March 2010 to do this interview. I hope that when you have read this, you will know her better and see her in another light, because I found that she is a very special person.

    How long have you been teaching?
    I started in 1986, this year I will have 24 years of service.

    Why did you become a teacher?
    I always wanted to be a nurse, but my grandmother wanted me to be a teacher. I think she saw that I had a passion for children.

    Was there someone or something that inspired you to become a teacher?
    Yes, my grandmother was my biggest inspiration. She chose this career for me. I think she received a message from God.

    Do you enjoy teaching a new class every year?
    Oh yes. I love teaching and I enjoy being in front of a group of children. They are so precious.


    How long have you been teaching at Laerskool Bosveld Primary?
    I started in 2006. This is my 4th year at this school.

    What makes you angry?
    Disobedience

    What is your favourite food?
    Pap and beef, with potatoes.

    Which sport activities do you like the most?
    Athletics.

    Which colour is your favourite?
    Black.

    Where is your home, and tell us more about your children.
    I stay at Potgietersrus. I have five children and thank God every day for them, because I see them as gifts from God.

    Do you have a special message for the learners of Laerskool Bosveld Primary?
    They must work very hard to achieve their goals. Education is the way to success.

  •  

    LEERLINGRAAD

    Die leerlingraad van 2010 van Laerskool Bosveld Primary is baie besig met take en al die baie aktiwiteite wat hulle moet doen. Die leerlingraad help oral waar hulle kan en is altyd op hulle pos.
    Om al die onderwysers te help en by te staan, is nogal `n kuns en vra baie geduld van die leerlingraad, want elke onderwyser wil alles dadelik gedoen hĂȘ. Om alles te kroon, moet die leerlingraad nog by elke funksie ook teenwoordig wees en diens doen.
    Alles is darem nie net harde werk nie -  aan die begin van die jaar is `n heerlike leerlingraadkamp gehou. Hier het die leerders baie geleer van leierskap en hoe om te werk aan jou selfbeeld.
    Ons hoofseun en hoofmeisie, Cornis Swanepoel en Jealise Diedericks, loop voor deur vir almal `n voorbeeld te stel van harde werk en pligsgetrouheid.

    Ons wens die leerlingraad `n Bossie –sterkte toe vir die res van die jaar.

  •  

    SENIOR AKADEMIE / SENIOR ACADEMICS
    Nicola Engelbrecht

    Despite all Bosveld Primary’s activities, academics are still on top. The learners got out of their learning blocks and gave us fantastic results!
    Ten spyte van al Laerskool Bosveld se baie aktiwiteite, bly die akademie steeds heel bo. Leerders het hulle boeke uitgehaal, moue opgerol en vir ons hierdie fantastiese resultate gelewer:

        TOP TIEN PRESTEERDERS

    Graad 4                                 Graad 5     
    1.Jana Breedt 96,4%     1. Nicola Engelbrecht 96,9%
    2.Eliz-Mari Sullivan        2. Vinolan Moodley
    3.Anri Spammer            3. Monique Raath
    4.Robert Wallis             4. SenĂ© Geldenhuys
    5.Cherise Mans             5. Alexia Pienaar
    6.Marilda Jordaan          6. Portia Matabologa
    7.Logan Almeida           7. Lerato Ditsela
    8.Hannah Leahy           8. Sandra Ohst
    9.Nour Daramy             9. Regardt van Eeden
    10.Blessed Mjingwana    10. Victoria Moreba


    Graad 6                                        Graad 7
    1.Francois Shaw  95,9%          1. Patricia Malapile 92,1%
    2.Schalk Erasmus                   2. Mariet Jordaan 92,1%
    3.Adriaan Brand                     3. Emely Baloyi
    4.Emelda Tselana                   4. Allize Hoepfner
    5.Gomolemo Molebaloa             5. JohandrĂ© Brand
    6.Elsje Taljaard                      6. Alicia Slykhuis
    7.Roemy Janse van Rensburg    7. Mmaphuti Modiba
    8.Catharina van Jaarsveld        8. Angelique Botha
    9.Hengert de Villiers                9. SonĂ© Human
    10.Ernesto Hattinngh              10. Masai Buthane

    Baie geluk aan elke Bossie wat sy bes gedoen het; hou aan om die skool se naam hoog te hou!
    Congratulations to every Bossie who did their best. Keep up the good work!

  •  

    JUNIOR ACADEMICS
    Emily Baloyi

    With all the cultural and sport activities the junior learners still have to fit their spelling and multiplication tables in their young brains. They are learning how to count, read, write and spell. They may be small but they know that their schoolwork comes first. Their teachers are very impressed with their excellent school work.
     
    At the end of the year, there will be one book prize for the best achiever in each class  - so Juniors, remember to do your utmost every day!

  •  

    ATHLETICS
    Mmaphuti Modiba

    We all know how tiring sport can be, but three athletes from our school just kept going. Bianca Botha, JohanĂš Pistorius and Schalk Erasmus went right to the top. They participated in the S.A. Championships in East London and came back with excellent results. We are very proud of you!

  •  

    MINI-NETBAL EN BULLETJIERUGBY: Naboomspruit

    Saterdag 8 Mei het al ons klein-mensies net voor vyfuur die oggend met die groot bus na Naboomspruit vertrek om daar te gaan netbal en rugby speel. Hulle was baie opgewonde en van slaap op die bus was daar geen sprake nie – daar is gesing, gesels en natuurlik geĂ«et!
    Die o/6; o/7 en o/8 rugbyspanne is die Bulletjiespanne en die o/7; o/8 en o/9 netbalspanne neem aan die Mini-netbal deel. Die spanne het altesaam 30 wedstryde gespeel waarvan ons 20 gewen en 1 gelykop gespeel het. Elke deelnemertjie het `n pragtige sertifikaat ontvang wat gedurende `n byeenkoms in die skoolsaal oorhandig sal word.  Baie geluk!

  •  

    BOSSIES KOOK OP DIE SKAAKBORD!

    `n Groot groep leerders neem hierdie jaar aan skaak deel. Maandagmiddae oefen die Seniors (Gr 4 – 7)  en Woensdagmiddag die Juniors (Gr 1 – 3). Die Juniors is ingedeel in twee groepe, naamlik die wat reeds kan speel en die beginners.
    Op Dinsdag 23 Maart 2010 het Laerskool Bosveld Primary se Senior A- en B-spanne en `n Juniorspan aan `n vriendskaplike toernooi op Platina deelgeneem. Die gereelde oefening het beslis vrugte  afgewerp! Baie geluk aan elke skaakspeler wat deelgeneem het en onthou maar:  wen of verloor, julle bly ware Bossies!!

  •  

    BULLS IN WORDING ?!
    Nico Janse van Rensburg

    Gedurende die April-skoolvakansie het drie van Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne op toer vertrek na Naboomspruit. Die seuns en die afrigters het die toer baie geniet  en goeie uitslae is met die wedstryde behaal. Die o/11 en die Eerste Span het albei hulle wedstryde teen Laerskool Platina en Laerskool Eugene Marais gewen. Die Tweede Span het baie goed gespeel en hulle wedstryd teen Eugene Marais gewen. Mooi so, ouens!
    By die Super 6-kompetisie by Laerskool Pietersburg-Noord oor die naweek van 16 en 17 April 2010 het Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne `n vyfde plek behaal, maar danksy ons netbaldogters se blink vertoning, het ons skool algeheel derde geëindig in die kompetisie. Baie geluk aan elke speler en afrigter. Dankie aan elke toeskouer en ondersteuner!

  •  

    NETBAL: SUPER 6

    Hierdie jaar het Laerskool Bosveld Primary vir die eerste keer aan die Super 6-byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms is gehou te Polokwane. Ses skole het deelgeneem en al die spanne het 5 wedstryde oor twee dae gespeel.
    Netbalspeelsters is ook vroegopstaners, want die bus het alreeds sesuur die oggend van 16 April vertrek. Die dogters was baie opgewonde, maar ook baie benoud. Met hulle aankoms by die koshuis in Polokwane, moes hulle vinnig spring om klaar te wees vir die eerste wedstryd teen Lydenburg.
    Die netbalpoppies het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en negentien wedstryde oor die twee dae gewen. Met hierdie puik prestasie het hulle gesorg dat Laerskool Bosveld Primary algeheel derde geëindig het - nadat die rugby-uitslae ook in berekening gebring is.
    Na die strawwe kompetisie was almal moeg en met die terugreis was dit doodstil  in die bus terwyl daar verlore slaap ingehaal is. Die bus stop agtuur die Saterdagaand by die skool - `n onvergeetlike naweek is verby.

    Baie geluk aan die Netbalspeelsters en hulle afrigters – ons kan nie wag vir volgende jaar nie!!

  •  

    `n OGGEND SAAM MET LIZZ MEIRING.
    Hester Human

    Wat `n belewenis om met so `n veelsydige kunstenaar, van aangesig tot aangesig kennis te maak!
    Op 15 Mei 2010 het 17 gasvroue met 270 gaste aangesit om pragtige gedekte tee-tafels, vir `n afspraak met `n baie spesiale mens. “Praat” is Lizz se lewe, tot berading gebeur sommer spontaan terwyl sy met jou praat ...
    Humor word fyn verweef in alles wat sy voorlees of vertel. Ons het elke oomblik terdeĂ« geniet, van die “siekbriewe” wat haastige ma’s moet skryf – vol lagwekkende foute, `n sprokie wat “herskryf” is om tog  o, so korrek  en sonder geweld te wees tot `n dierevergadering waar die diere deur Kammelperd aangespreek word!

    Hierdie oggend is verseker een van die lewenslange onthou gebeure!

  •  

    IDOLS 2010
    Alize Hoepfner

    Die Idols was weereens hierdie jaar `n groot sukses – die beoordelaars se voete is onder hulle uitgeslaan deur die puik optrede van die leerders.

    Hier is die wenners – baie geluk met julle pragtige prestasie!
    1.Alicia Slykhuis
    2.Nicola Engelbrecht
    3.Alize Hoepfner

    Die leerders bedank hulle ouers wat hulle toelaat om deel te neem aan die skool se aktiwiteite en so baie moet rondry; Me L Stander wat die aand moontlik gemaak het asook die beoordelaars wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het.

  •  

    TALENTFEES 2010
    Me H Human

    Die jaarlikse Talentfees vir Voordrag en Instrumentaal was weer `n pragtige geleentheid, waar ons leerders met talle spesiale talente geblom het.

    Dian Besseling (Gr 2) het die hele Kalaharie Alfabet voorgedra, terwyl Bianca Nel die Eensame Wasgoedpennetjie se storie vir ons voorgedra het.
    Kaylene Möller het haar ouma se eie digkuns gebruik en Eliz-Mari Sullivan het ons in Afrikaans en Engels vermaak met lewendige voordrag.
    Nicola Engelbrecht en Clarise du Plessis se Monoloë was voedsel vir die siel en Alicia Slykhuis het met die humoristiese prosa-stuk van Mollige Madel ons heerlik laat lag.
    Die twee niggies, Johané Pistorius en Hella Oosthuizen was op hul gemak agter die klavier en wat `n plesier om na Floris Thirion met sy kitaar en Alexia Pienaar met haar viool te luister !
    Ander deelnemers was : Anri Engelbrecht, Jnicke Willemse, Lucinda Pietersen, Danielle van Schalkwyk, Nathalie Perrier, Marlene en Chené Botha en Nico J van Rensburg.

  •  

    SUID-AFRIKA HET DIE WĂȘRELDBEKER, EN BOSSIES HET DIE OLIMPIADES!
    Jade Leahy

    Bossies, julle is uniek! Op 22 April het die Graad 7-leerders die Absa WĂȘreldkennnis Olimpiade met `n glimlag en `n positiewe gesindheid geskryf. Ons  hoop die glimlagte bly as die uitslae kom!  Die vraestel was binne `n uur afgehandel en twee derdes van die vrae het oor die FIFA WĂȘreldbeker en sokker gehandel. Prof Nico du Plessis van Bloemfontein het die vrae opgestel en skole landwyd het deelgeneem. Baie dankie aan Me M Joubert vir haar motivering en al die reĂ«lings.
    Vir die res van die jaar kan ons nog uitsien na die Bybelkennis, Wiskunde, Spelling (Gr 6 & 7) en die Afrikaanse (Gr 7) Olimpiades. Alle reĂ«lings sal betyds aan leerders bekend gemaak word.  – hou die nuusbrief dop.
    Dankie aan al die onderwysers wat by die Olimpiades betrokke is en dit vir die leerders moontlik maak om deel te neem.

  •  

    CHOIR
    Emelda Tselana

    Wow! The school choir is really working hard, and the Grade 6 and 7’s are enjoying themselves – from the high notes, low notes, the harmony to the bass. Practising after school on Mondays gives them an enjoyable start to the week. Mss Seloba, Viviers and Molefe are helping the learners bringing out their full potential and reaching their goals. Well done on bringing such an enjoyable activity to our school.

  •  

    ENGLISH EVENING.
    Emely Baloyi

    We had a very successful English Evening on Wednesday 21 April. The Grade 4, 5, 6 and Grade 7 orators participated.
    The speeches were of a very high standard. All the orators received very good comments from the five judges.

    The winners are:
    Hannah Leahy  Grade 4
    Debbie Kekana   Grade 5
    Elsje Taljard  Grade 6
    Alicia Slykhuis  Grade 7

    We would like to thank our English Department Educators who made this lovely evening possible.

  •  

    BOSSIE-KIDZ
    Ruani KrĂŒgel

    Hierdie jaar het die Landsdiens- en wwwdotverenigings saamgesmelt en die Bossie-Kidz gevorm. Die hoofdoel is om meer van Jesus te leer asook om die gemeenskap te dien.
    Gedurende die eerste en tweede kwartale het die leerders baie pret gehad. Daar word elke tweede Maandagmiddag om 14:15 vergader, wanneer verskillende aktiwiteite uitgevoer word. Daar is oor wilde diere gepraat, sjokolade is as pryse uitgedeel en die Polisiestasie is besoek. Oom Karel Botha het die leerders bietjie meer van musiek kom vertel en die Bossie –Kidz het kaartjies gemaak wat by die hospitale aan die pasiĂ«nte uitgedeel gaan word.Vir die res van die jaar is daar nog sommer baie aktiwiteite wat beplan word – die leerders kan nie wag nie!

  •  

    AFRIKAANSE REDENAARS
    Angelique Botha

    Hierdie jaar het ons `n fantastiese Afrikaanse Redenaarsaand gehad. Leerders van Graad 1 tot Graad 7 het deelgeneem en hulle sĂȘ oor vele onderwerpe gesĂȘ. Die entoesiasme van die leerders vir hulle taal was aansteeklik.
    Die leerders wat die eerste rondte suksesvol afgelĂȘ het, het by Laerskool Warmbad aan `n vriendskaplike redenaarskompetisie deelgeneem ter voorbereiding vir die ATKV-Redenaarskompetisie. Hierdie kompetisie het op  die vyfde Mei te Waterberg Akademie in Vaalwater plaasgevind.  Die volgende leerders het deelgeneem aan die ATKV – kompetisie:

    Graad 1: Hope
    Graad 2: Anri Engelbrecht
    Graad 4: Eliz-Mari Sullivan
    Graad 5: Nicola Engelbrecht
    Graad 6: Marisca Jonker
    Graad 7: Mariet Jordaan en Alicia Slykhuis.

    Nicola Engelbrecht het deurgedring tot die volgende rondte.

    Baie dankie aan al die onderwysers wat die redenaars gehelp het en wat seker gemaak het al die leerders ken hulle toesprake van begin tot einde seepglad!

  •  

    DJ OSSEWA AND BOSSIES IN CONCERT
    Alize Hoepfner

    The Bossies are gearing up for yet another fabulous concert. DJ Ossewa is paying Ellisras a visit on 16 September. All the Bossie-learners will have the opportunity to share the stage with this amazing group. The whole school is buzzing with excitement, as a matter of fact the first practise sessions took place on 19 April. All the learners who wish to take part have to pay R130. This pays for their entrance as wall as a T-shirt. The show will take place in the Mogol Sports Hall. Booked seats are available at R100. All other places can be purchased at R70. This is a performance not to be missed. Remember the early bird catches the worm. Don’t delay, buy your ticket today!

     

  •  

    DAAR KOM DIE WA – DJ OSSEWA!

    Hierdie jaar se Bossie-konsert beloof om weer `n treffer te wees. DJ Ossewa kom op 16 September Ellisras toe en Laerskool Bosveld Primary kry die geleentheid om saam met die groep op te tree in die Mogol Sportsaal.
    Die hele skool is al in rep en roer, want  daar moet hard geoefen word aan elke liedjie vir die vertoning – om die waarheid te sĂȘ, die eerste oefening het al op 19 April plaasgevind!
    Elke leerder wat deelneem, kry `n T-hempie wat met die optrede gedra mag word.
    Bespreekte kaartjies is verkrygbaar teen R100 en alle ander kaartjies kos R70. Hierdie gaan `n puik konsert wees – kry betyds kaartjies.

  •  

    BOSVELD REVUE SKITTER!
    Antoinette

    Die Revue-groep van 2010  beplan `n groot en besige jaar met vele optredes.
    Vroeg in die jaar is die groep gekies en is daar weggespring met oefeninge elke Woensdagmiddag. Die entoesiastiese groep leerders  is ook bereid om sommige Vrydagmiddae tot vyfuur te oefen om te verseker dat hulle net hulle beste gee by optredes.
    Hierdie jaar is daar besondere moeite gedoen met hulle uitrustings – die klere en kleure is vrolik en pas by die leerders se geesdrif.  Die groep gaan ook nie elke keer met dieselfde klere optree nie, sodat daar elke keer iets nuuts sal wees.om na uit te sien.
    Die afrigters en motiveerders van die groep is mee Corrie van der Merwe, Ilse Diedericks en Maraai Mackenzie. Die dames sit net so baie energie in die oefeninge as die leerders -  veral as hulle die bewegings moet demonstreer!.
    Met sulke entoesiastiese leerders en Juffrouens wat die groep “cool” bewegings leer, sien ons met verwagting uit na die optredes.

  •  

    Dokter, Dokter......

    Dr. Johan doen 'n baie belangrike diagnose by Bosveld Privaat Hospitaal. Hy sit met 'n klas vol mediese studente wat aan sy lippe hang. By Laerskool Bosveld Primary "leer" ons Gr. R leerders speel-speel!

  •  

    Kriekettoer na Camp Discovery 2010

    Laerskool Bosveld Primary het vanaf 18-21 Junie ‘n kriekettoer gehad te Camp Discovery ter voorbereiding van die ligawedstryde wat volg in die derde kwartaal. Die eerste span het een uit vier wedstryde gewen en die o/11-span een uit drie wedstryde.

    Individuele hoogtepunte : Cornis Swanepoel het 5 paaltjies geneem in hul wedstryd teen Amersfoort vir die o/13-span, terwyl Schalk Erasmus 59 lopies teen Nelspruit aangeteken het. Gerhard Pepler van die o/11-spannetjie het 39 lopies aangeteken teen die sterk span van Milton Primary.

    Afrigtingsessies by Camp Discovery:

    Uitslae was egter nie die enigste doelwit nie, maar liewer die waardevolle wedstrydoefening en die vaardighede wat aangeleer is by die afrigtingsessies aangebied deur Arno van Wyk en sy hulpafrigters.
    Elke seun het iets geleer tydens die afrigtingsessies en die program was ook buigbaar vir spesiale versoeke van skole.

    Mnr. Jimmy du Plessis
    Krieketorganiseerder

  •  

    Wat ‘n lus om te luister na LIZZ!

    O.l.v.  Lizette Stander en die OOV van Laersool Bosveld Primary het 17 Gasvroue en 270 gaste om FeĂ«tjie-mooi-gedekte tafels vergader vir ‘n oggend saam met Lizz Meiring.
    Weg is al die “vreemde eienskappe” van diĂ© kunstenaar wat ons dikwels in TV-programme sien en ons het die voorreg geniet, om te skaterlag oor humoristiese voorlesings en vertellings, deur ‘n baie talent- en stylvolle dame, in ‘n program wat sy spesiaal vir ons saamgestel het.
    Met die optrede van ons skool se Revue-groep en die 3 Idols – Nicola, Alize en Alicia, ‘n heerlike koppie tee en ‘n eetdingetjie, beleef ons ‘n leweslange-onthou-oggend!

  •  

    Wie het gesĂȘ 2010 is net ‘n sokker jaar?

    By Laerskool Bosveld Primary sien die leerders en personeel baie uit na hierdie jaar se Bosveldfees. Die personeel is slaggereed om die hekke in samewerking met Laerskool Ellisras te beman. Ons verseker vriendelike en flinke diens!

  •  

    Laerskool Bosveld kook teen Thabazimbi
.

    Laerskool Bosveld Primary het in 2010 al groot welslae behaal
.Eerstens groot sukses in die Super 6 rugby en netbal kompetisie. Tweedens het Bosveld skitterend vertoon teen Laerskool Thabazimbi wat altyd ‘n moeilike neut is om te kraak. Die o/9 tot o/13 netbal spanne het al hulle wedstryde gewen, wat ‘n skitterende prestasie is. Mooi so dogters, julle maak ons trots. Die rugby he took goed gevaar met die o/9; 2de en 1ste span wat vir die derde agtereenvolgende jaar as oorwinnaars uit die stryd tree. Ons wil vir die seuns en dogters baie geluk sĂȘ met die puik prestasies! Ons is voorwaar trots op julle. Sterkte vir die volgende wedstryde wat voorlĂȘ!

  •  

    Juffrou Magriet groet
.

    Om na 12 jaar ‘n gemeenskap te groet, vat ‘n leeftyd – want “nooit” kan ek julle vergeet nie! Aan elkeen van u wat my lewenspad gekruis het – sĂȘ ek baie dankie, ek gaan skatryk van Ellisras af weg, want die liefde van 1000de leerders en hul ouers met wie ek kon saamleef in Laerskool Bosveld Primary en elke personeellid, het ‘n onuitwisbare spoor in my hart getrap. Ellisrad ek groet julle en onthou: As ‘n mens in God glo en Hom ken, vra jy nie langer: “Wat is die sin van die lewe nie?” Jy lewe die sin van jou lewe!

  •  

    Golden Rock Spur en Laerskool Bosveld Primary sluit ‘n opvoedkundige vennootskap.

    Laerskool Bosveld Primary se Grondslagfase-leerders word weekliks besoek, as deel van die Spur se projek om die gemeenskap te dien. Me. Ria Erasmus en haar span leer die Gr1- tot 3-leerders elke Woensdag meer oor die restaurant- en kosbedryf. Die inligting word op ‘n praktiese wyse aangebied en speel-speel word lewensvaardighede oorgedra. Leerders kry ook die geleentheid om aan inkleurkompetisies deel te neem.
    Laerskool Bosveld Primary bedank graag die Spur vir die inisiatief geneem om ingeligte landsburgers te kweek!

    Elsabé van der Merwe

  •  

     

    Giant, giant on the wall, who’s the STRONGEST of them all?

    Wat ‘n titaniese stryd? Die jaarlikse kragmeting tussen Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Ellisras het plaasgevind met die nodige naelbyt episodes.
    Laerskool Bosveld Primary se netbalspanne het “gekook” en slegs die o/9B – spannetjie het nie hul wedstryd gewen nie. Die res van die o/9 tot o/13 A en B spanne het almal baie oortuigend gewen!
    Die rugby-spanne het ook gesorg vir baie opwinding, veral die gelykopstryd tussen die 2 eerste-spanne. Volgens die Limpopo – ligareĂ«ls is ekstra tyd toegelaat, daarna het Laerskool Bosveld Primary se losskakel, Schalk Erasmus en Laerskool Ellisras se skrumskakel, Johan Pitout die stryd verder gevoer met die skopvoet. Helaas het die Bossies as oorwinnaars uit die stryd getree! Slegs 1 van die 5 spanne het hul wedstryd verloor.
    Baie geluk aan hierdie seuns en dogters wat tydens die seisoen hul beste gelewer het! Die uitspeelwedstryde vind plaas binne die volgende 2 weke. Hou die Bossies dop vir nog wen-uitslae!

Adverteerders/Advertisers